SAPD vind (dalk) konstabels so Polo-onderdele - May 1, 2025
Die polisie het bevestig dat die soek- en reddingspanne stukke van ‘n voertuig – insluitend ‘n voor- en agterbuffer – by die Hennopsrivier in Centurion gevind het. ‘n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê kenners probeer vasstel of dit met die Volkswagen Polo verbind kan word waarmee die polisiekonstabels Cebekhulu Linda, Keamogetswe Buys en Boipelo Senoge van […]
Subsea 7 sal olie bruikbaar maak, Namcor teken ooreenkoms - May 1, 2025
Namcor het ‘n ooreenkoms met Subsea 7 onderteken. Die maatskappy maak die oorskakeling van aflandige energie moontlik wat die uitbreiding van hernubare energie en opkomende energie vergemaklik. Dit sluit in ondersese produksiefasiliteite wat met oppervlakstelsels verbind is en meer. Utaara Hoveka, kommunikasiepraktisyn by Namcor, het meer.
Enoch sê net Cyril kan hom afdank - May 1, 2025
Minister van Finansies, Enoch Godongwana sê net president Cyril Ramaphosa het die gesag om hom uit sy amp te verwyder. Dit kom te midde van negatiewe openbare en politieke reaksie oor die voorgestelde BTW-verhoging. Godongwana het aan die media gesê dat die regering, totdat die nuwe begroting goedgekeur is, onder tussentydse reëls sal funksioneer wat […]
Indië voer eerste kaste-sensus ooit, uit - May 1, 2025
Indië gaan sy eerste amptelike kaste-sensus sedert onafhanklikheid uitvoer. Die stap sal waarskynlik verreikende gevolge vir sy politiek en omstrede regstellende aksiebeleid inhou. Kaste bly ’n bepalende faktor van ‘n persoon se status in Indië, met hoër kastes wat voordeel trek uit diepgewortelde kulturele voorregte, terwyl laer kastes aan gevestigde diskriminasie onderworpe is en daar […]
Djokovic se skok-onttrekking uit Rome is kommerwekkend - May 1, 2025
Die voormalige Roland Garros-wenner Jim Courier sê Novak Djokovic se skok-onttrekking van volgende week se Italiaanse Ope behoort ‘n groot bekommernis vir sy aanhangers te wees. Dit beteken die 24-malige Grand Slam-kampioen gaan Roland Garros aanpak sonder enige oorwinnings hierdie seisoen op klei. Die Serwiër was hierdie maand glad nie op sy beste nie en […]
Derde SAL-vlug vanaf Johannesburg verwelkom - May 1, 2025
Toerisme sal ‘n hupstoot kry met ‘n derde daaglikse SAL-vlug tussen Johannesburg en Windhoek wat vandag begin. Die redery sê dit is in reaksie op die groeiende vraag na lugverbindings tussen die twee stede. Vlug SA076, sal om drie-uur vanmiddag vanaf die OR Tambo Internasionale Lughawe vertrek en sal terugkeer om kwart voor ses. Die […]
Cosatu vra vir meer beskerming vir werkers - May 1, 2025
Cosatu in Mpumalanga bied vandag die nasionale Werkersdag-saamtrek by die Kees Taljaard-stadion in Middelburg aan. Die geleentheid beklemtoon dringende bekommernisse van werkers, insluitend werkverliese, gebrek aan ordentlike werk, besparingmaatreëls en toenemende armoede. Die vakverbond spreek ook sy kommer uit oor geslagsgeweld, vrouemoord, en kindermishandeling. Cosatu vra ook vir sterker beskerming van Suid-Afrikaanse werkers.
VSA en Oekraïne onderteken ooreenkoms - May 1, 2025
Oekraïne en die VSA het ‘n ooreenkoms onderteken wat die Verenigde State voorkeurtoegang tot nuwe Oekraïense mineraalooreenkomste en beleggings in die heropbou van Oekraïne sal gee. Die Amerikaanse finansminister Scott Bessent… Dit word gesien as ‘n duidelike boodskap aan Russiese president Vladimir Putin en ‘n oorwinning vir die Oekraïne omdat hy geen bystand aan hom […]
Londen-toring sal 30 000 rooi papawers ten toon stel op 8 Mei - May 1, 2025
Brittanje se ikoniese Londen-toring sal bedek word met ’n tuimelende installasie van 30 000 rooi keramiekpapawers om 80 jaar sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog te herdenk. Die huldeblyk, getiteld “The Tower Remembers”, sal op 8 Mei, op Oorwinningsdag in Europa, aan die publiek onthul word. Die grag van die 900 jaar oue Londen-Toring, […]
Gesondheid weerlê berigte oor narkose medikasie - May 1, 2025
Die gesondheidsministerie sê berigte dat daar ‘n nasionale tekort aan narkose medikasie is, is misleidend. In ‘n verklaring sê hy dat daar wel tekorte is by Rundu maar, dat dit die gevolg is van swak koördinasie met bestellings. Hy sê ‘n strategie is daargestel om aflewerings te bespoedig. Die verklaring kom ten spyte daarvan dat […]