Trump gesels oor Rusland, Oekraïne en Tomahawks - October 15, 2025
President Volodymyr Zelensky besoek die VSA Vrydag en sal samesprekings met president Donald Trump voer. Daar word verwag dat Tomahawk-missiele onder die loep sal kom. Die Oekraïne wil graag van die missiele bekom omdat hulle langafstand is en diep binne Rusland kan bereik. Trump het met die media oor die kwessie gepraat en sê president […]
Gesondheid se personeel kos hom N$113 000 - October 15, 2025
Wangedrag deur die lynministerie se personeel by die Oshakati-staatshospitaal op 28 Maart 2021, het hom duur te staan gekom. Lucia Bauleth het die ministerie hof toe gesleep na haar bejaarde ma by die hospitaal fisies en mondelings aangerand is. Die voorval is op video vasgelê. Die ministerie het geskik vir ‘n betaling van 50 000 […]
Google bou KI-sentrum in Indië - October 15, 2025
Google het aangekondig hy gaan oor die volgende vyf jaar meer as 260-miljard Namibiese dollar in Indië belê en ‘n reuse-datasentrum en kunsmatige intelligensie-basis in die land bou. Dit sal die grootste KI-kern buite die VSA wees. Die vraag na KI-hulpmiddels en -oplossings het skerp toegeneem onder ondernemings en individue in Indië, wat na verwagting […]
Navo vergader vandag in Brussel - October 15, 2025
Navo vergader vandag in Brussel en daar word verwag dat nog hulp aan die Oekraïne bewillig sal word. By ‘n beraad vroeër vanjaar het lede opgestaan en 2 miljard Amerikaanse dollar in wapenaankope by die VSA vir die Oekraïne bewillig. Navo se sekretaris-generaal Mark Rutte het die VSA bedank vir die stap wat lede gedwing […]
Broos het net lof vir sy spelers - October 15, 2025
Suid-Afrika kwalifiseer vir die 2026 FIFA-wêreldbeker in Amerika, Mexiko en Kanada ná ʼn oortuigende oorwinning van 3-0 teen Rwanda by die Mbombela-stadion in Mpumalanga. Doele deur Thalente Mbatha, die speler van die wedstryd Oswin Appollis, en Evidence Makgopa het aan Bafana Bafana die eerste plek in Groep C en ʼn outomatiese kwalifisering vir die gesogte […]
Lynminister sê oor boere wat sukkel met marktoegang - October 15, 2025
Martin Lukato Lukato van die NDP het in die parlement ‘n dringende vraag aan die landbouminister gerig. Volgens hom sukkel boere regoor die land om hulle koring verkoop te kry. Landbouminister Inge Zaamwani sê sy is bewus van die probleem in sekere areas, maar sal ondersoek instel.
Cyril gesels oor korrupsie bekamping - October 15, 2025
President Cyril Ramaphosa sê die stryd teen korrupsie moet die oppergesag van die reg erken en ‘n behoorlike proses volg. Hy het tydens vraetyd in die Nasionale Raad van Provinsies die vordering uitgelig wat die Spesiale Ondersoekeenheid, die Valke en die Ondersoekdirektoraat teen korrupsie gemaak het met inhegtenisnemings, vervolging en die herwinning van gesteelde bates. […]
Oorskot van nog vier gyselaars deur Hamas oorhandig - October 15, 2025
Hamas het laat Maandag nog vier liggame van gyselaars teruggegee. Agt van die 28 oorlede gyselaars se liggame is sedert Maandag uit Gaza teruggestuur. Die gewapende Palestynse groep het Maandag 20 lewende gyselaars en die liggame van vier vrygelaat. Hamas sê die taak word bemoeilik omdat nie al die grafte geïdentifiseer is nie. Die oorskot […]
Venezuela sluit sy Oslo-ambassade - October 15, 2025
Venezuela het aangekondig dat hy sy ambassade in Noorweë gaan sluit nadat opposisieleier María Corina Machado die Nobelprys vir Vrede ontvang het. Die Nobelkomitee in Oslo gee haar erkenning vir haar bevordering van demokrasie in Venezuela terwyl president Nicolás Maduro die 58-jarige as ‘n demoniese heks beskryf. Die Noorse Ministerie van Buitelandse Sake het Venezuela […]
NBC is boos vir IPC-LP John-Louw Mouton - October 15, 2025
Die NBC het ‘n verklaring uitgereik na aantygings deur die IPC-parlementslid John-Louw Mouton oor agterstallige belasting en korrupsie by die uitsaaier. Hy sê sy huidige belasting saldo staan op 3 miljoen Namibiese dollar, die aftrekkings vir die maand en is betaalbaar teen 20 Oktober. Hy sê hy is in goeie aansien by NamRA en het […]