Kommoditeitspryse sal skerp daal – Wêreldbank - May 1, 2025
Die Wêreldbank waarsku dit word verwag dat globale kommoditeitspryse teen 2026 na hul laagste vlak sedert 2020 kan daal. Die afname, wat gedryf word deur ’n hoë olie-aanbod en swakker groei, mag inflasie verlig, maar dit bedreig twee-derdes van ontwikkelende ekonomieë. Die bank dui aan dat energiepryse, insluitend Brent ru-olie en steenkool, verwag word om […]
Kommer oor dalende Afrikaanse produksies op SABC - May 1, 2025
Kultuurgroepe en -organisasies AfriForum en die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge het kommer uitgespreek oor die afname in Afrikaanse programme. Dit volg terwyl die SABC finansiële probleme in die gesig staar. Die gewilde program Voetspore kan moontlik geskrap word, en Afrikaanse nuusbulletins is onlangs ontwrig. AfriForum en die FAK waarsku dit bedreig die toekoms van die […]
Bangladesj wen om reeks teen Zim gelykop te beklink - May 1, 2025
Bangladesj het die tweede en laaste toets teen Zimbabwe in Chattogram met ‘n kolfbeurt en 106 lopies in minder as drie dae gewen om die reeks gelykop te laat eindig. Zimbabwe het die lood gewen en 227 in hul eerste beurt aangeteken, met Bangladesj wat met ‘n indrukwekkende 444 lopies geantwoord het. Die besoekers het […]
Namibië herdenk Werkersdag te midde van groot uitdagings - May 1, 2025
Te midde van Werkersdag wat wêreldwyd vandag herdenk word, word die gaping tussen die rykes en die armes al groter en is ‘n dringende kwessie in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die veteraan vakbondleier Job Muniaro, sekretaris-generaal van die Nasionale Vakbond van Namibiese Werkers. Hy brei uit oor salariskwessies. Alle werkers word uitgenooi […]
SA-gevangenes het reg tot persoonlike rekenaars as hulle studeer - May 1, 2025
Die Konstitusionele Hof het die Departement van Korrektiewe Dienste se beleid wat gevangenes verbied om persoonlike rekenaars in hul selle te gebruik om te studeer, as ongrondwetlik en ongeldig verklaar. Die hof het gesê dat die uitspraak gevangenes se reg op verdere onderrig handhaaf, en verklaar dat die beperking ongeregverdig en teenproduktief is. Die hof […]
Emirate blokkeer wapenbesending na Soedan - May 1, 2025
Die Verenigde Arabiese Emirate sê hulle het ’n besending wapens wat bestem was vir die Soedanese weermag, geblok. Die verklaring het nie die name van die gearresteerde verdagtes bekend gemaak nie, maar het aangedui dat lede van die sel onder andere die voormalige Soedanese intelligensiehoof, Salah Gosh, asook verskeie Soedanese sakelui insluit. Die Soedanese weermag […]
Geregshof hoor van kommer oor UNRWA se onpartydigheid - May 1, 2025
‘n Amerikaanse amptenaar het aan die Internasionale Geregshof gesê daar is “ernstige kommer” oor die onpartydigheid van die VN-agentskap vir Palestynse vlugtelinge. Geregshof-regters hou ‘n week van verhore om te help met die formulering van ‘n raadgewende mening oor Israel se verpligtinge teenoor VN-agentskappe wat hulp verleen aan Palestyne in Gaza. Ongeveer 40 nasies, insluitend […]
Chaos duur voort by Daure Daman op Uis - May 1, 2025
Erongo-polisiebeamptes het ‘n hofbevel by die kantore van die Daure Daman Tradisionele Owerheid in Uis afgedwing en slotte van die hekke verwyder en gemeenskapslede wat daar vergader het, beveel om die perseel te verlaat. Dit het ‘n herrie laat ontstaan met aantygings van polisie brutaliteit en meer. Elf mense waaronder vier pensioenarisse en woordvoerder Jimmy […]
Politieke samewerking lei tot BTW-ooreenkoms – ANC - May 1, 2025
Die ANC het die onttrekking van die voorgestelde BTW-verhoging en die hersiening van die 2025 fiskale raamwerk verwelkom, en dit ‘n politieke oorwinning, gebaseer op demokratiese konsultasie, genoem. Die party sê die besluit het gevolg op gesprekke met tien ander partye in die Parlement, insluitend die IVP, ActionSA, Rise Mzansi en Build One South Africa. […]
AU hef sanksies teen Gaboen op - May 1, 2025
Die Afrika-unie het sanksies teen Gaboen opgehef, nadat die Sentraal-Afrika land in Augustus 2023 weens ’n staatsgreep uit die organisasie geskors is. ’n Vergadering van die Vrede- en Veiligheidsraad oor Gaboen se politieke oorgang het “die prosesse hersien en dit oor die algemeen suksesvol bevind”. Die verklaring sê Gaboen sal “welkom wees om onmiddellik sy […]