Sinner berei voor vir Rome na skorsing - May 1, 2025
Wêreld nommer een, Jannik Sinner, dring daarop aan dat hy geen voorkeurbehandeling van die owerhede teen verbode middels ontvang het nie. Hy berei voor om volgende week sy terugkeer by die Italiaanse Ope in Rome te maak. Dit volg op ’n drie-maande skorsing wat woede ontlok het onder lede van die mans-tennistoer. Beide die Internasionale […]
Namibië gasheer vir eerste Statebond-beraad oor handel - April 30, 2025
Namibië gaan vanaf 16 tot 20 Junie gasheer speel vir die eerste Statebond Sake- en Handelsberaad. Handelsminister Selma Ashipala-Musavyi het die aankondiging gemaak en sê die beraad is belangrik vir handel en bilaterale verhoudings binne die Statebond. Dit sal handelsministers van lidlande bymekaar bring.
Cosatu ontsteld oor DA-hofgeding oor kwotas - April 30, 2025
Cosatu sê hy is is ontsteld oor die DA se vals aanval op Gelyke Indiensneming. Die DA het ‘n hofaansoek ingedien wat die kwotas vir gelyke indiensneming in die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming betwis, wat volgens hulle bloot rasse-uitsluiting onder ‘n nuwe naam is. Die wet bepaal aanstellingskwotas vir ekonomiese sektore, insluitend mynbou en vervoer, […]
Pakistan sê Indië beplan militêre aanval - April 30, 2025
Pakistan sê hy het “betroubare inligting” ontvang dat Indië ’n militêre aanval beplan, en het belowe om terug te slaan. Dit terwyl kommer oor eskalerende konflik toeneem ná ’n dodelike aanval in Kasjmir. Verhoudings tussen die bure, wat albei kernwapens het, het verder verswak nadat Nieu-Delhi vir Pakistan beskuldig het van laasweek se aanval op […]
Junior Springbokke lus vir Argentinië by onder-20 Rugbykampioenskap - April 30, 2025
Rugby: Die kaptein van die Junior Springbokke, Riley Norton, sê sy span sien uit na die fisieke uitdaging wanneer hulle môre teen Argentinië in die eerste ronde van die onder-20 Rugbykampioenskap in die Nelson Mandelabaai-stadion te staan kom. Die 2025 toernooi is die tweede weergawe nadat dit vir die eerste keer verlede jaar in Australië […]
Lynminister lig arbeidsomgewing uit in NV - April 30, 2025
Die Nasionale Vergadering bespreek tans die verkrygingswetsontwerp in die komiteefase. Parlementslede sal later die geleentheid kry om oor begrotingstoewysings te debatteer en vrae te stel. Justisieminister Fillemon Wise Emmanuel het tydens ‘n uiteensetting die land se arbeidsomgewing beklemtoon.
Motorwerkersvakbond prys Creecy oor minder padsterftes - April 30, 2025
Die Motorbedryfspersoneelvereniging sê vervoerminister Barbara Creecy, se streng maar regverdige benadering bring broodnodige dissipline na die paaie. Die vakbond het die 46-persent-daling in padsterftes, die laagste in drie jaar, en ’n 33-persent-afname in ongelukke oor die Paasnaweek verwelkom. Die vereniging se woordvoerder, Sonja Carstens, het Creecy se besliste optrede geprys, insluitend sigbare wetstoepassing en meer […]
VSA lug ‘kommer’ oor VN-agentskap by Internasionale Geregshof - April 30, 2025
‘n Amerikaanse amptenaar het aan die Internasionale Geregshof gesê daar is “ernstige kommer” oor die onpartydigheid van die VN-agentskap vir Palestynse vlugtelinge. Geregshof-regters hou ‘n week van verhore om te help met die formulering van ‘n raadgewende mening oor Israel se verpligtinge teenoor VN-agentskappe wat hulp verleen aan Palestyne in Gaza. Ongeveer 40 nasies, insluitend […]
Pieter-Steph du Toit terug in Japan na skoueroperasie - April 30, 2025
Rugby: Die goeie nuus vir Springbok-ondersteuners is dat Pieter-Steph du Toit, een van die Wêreldbekerhelde, ná ‘n skoueroperasie terug in Japan is. Dit is egter nog nie duidelik wanneer hy weer sal speel nie. Hy het laas in November gespeel, en sy span, Verblitz, staar relegasie in die gesig met slegs twee ligawedstryde om te […]
Ohangwena-streek trek steeds swaar weens efundja - April 30, 2025
\Met skole wat gesluit is en meer as 7 200 leerders wat geraak word, sowel as agt hervestigingskampe vir 233 huishoudings, gaan dinge moeilik in die Ohangwena-streek. Efundja maak amok. Owerhede ervaar tekorte aan matrasse, kos, toilette en meer. Kosmos 94.1 Nuus het met die streeksgoewerneur Sebastian Ndeitunga gesels.