Krieket Namibië se HUB vertel van borgskap - April 30, 2025
Krieket Namibië se uitvoerende hoof Johan Muller het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die borgskap van FNB Namibia aan die nasionale mansspan wat voortaan bekend sal staan as die FNB Eagles. Die aankondiging is vanoggend gemaak. Muller sê dit duur tot 2028.
Handel en internasionale betrekkinge-ministerie se begroting in NV - April 30, 2025
Die Nasionale Vergadering is nog steeds besig met die bewilligingswetsontwerp wat in die komiteefase is, waar parlementslede die verskillende begrotingstoewysings debatteer en vrae kan stel. Die toewysings aan arbeidsverhoudinge, verdediging, finansies, en veterane-aangeleenthede is voorgelê, terwyl daar tot die van die Verkiesingskommissie en die Teenkorrupsie-kommissie ingestem is. Stemmery oor die toewysing aan die Nasionale Vergadering […]
NamPol ondersoek gerugte van kinderontvoerings - April 30, 2025
Die Namibiese polisiemag het kennis geneem van gerugte wat op sosiale media versprei word oor verdagtes in ‘n sewesitplek-voertuig wat glo kinders ontvoer het. Die polisie sê in ‘n verklaring dat hulle dit ondersoek. Die publiek word aangemoedig om nie te spekuleer oor ongeverifieerde inligting nie, of dit te skep en versprei nie, want dit […]
ReconAfrica juig oor positiewe data-ontleding van PEL 73 - April 30, 2025
ReconAfrica het in ‘n korporatiewe opdatering sy Prospect 1-eksplorasieput beskryf as die maatskappy se beste vooruitsig sover in die Damara-vougordel. President en uitvoerende hoof Brian Reinsborough sê ‘n opgedateerde derdeparty-ontleding van data wys op 12,8 miljard vate van onontdekte oorspronklike olie in plek in PEL 73, asook ‘n 2,6 miljard vate voornemende ligte of medium […]
LPM takel beweerde Roads Contractor Company-korrupsie - April 30, 2025
Die Landless Peoples’ Movement het ‘n perskonferensie aangebied oor die beweerde voortgesette korrupsie by die Roads Contractor Company. Nadat die vorige uitvoerende hoof, Kelly Nghixulifwa, verlede jaar aan korrupsie skuldig bevind is word waarnemende uitvoerende hoof, Dasius Nelumbu, ook na bewering ondersoek deur die Teenkorrupsie-kommissie. Utaara Mootu, LP van die party sê dat hulle baie […]
Bipa verduidelik kopieregheffing op digitale toestelle - April 30, 2025
Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, beplan om ‘n kopieregheffing in te stel op ingevoerde digitale toestelle wat musiek of flieks kan speel. Waarnemende uitvoerende hoof, Aina Kaundu, sê die heffing sal kreatiewe mense ondersteun en tantieme verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met Bipa se waarnemende uitvoerende beampte vir intellektuele eiendom, Onesmus Joseph, gepraat.
Dali Mpofu op rooitapyt oor ‘wangedrag’ - April 30, 2025
Advokaat Dali Mpofu verskyn vandag voor die Regspraktykraad in ʼn tugverhoor oor vermeende wangedrag. Die MK-partylid staar aanklagte in die gesig wat by die raad ingedien is. Dit hou verband met beweerde neerhalende en seksistiese opmerkings tydens verhore, en die manier waarop hy getuies se kruisondervraging hanteer. Vier van die aanklagte het betrekking op Mpofu […]
VSA, Iran se kernkrag-onderhandelinge gaan Saterdag voort - April 30, 2025
Iran en die Verenigde State sal Saterdag in Rome ’n vierde rondte van gesprekke voer oor die Islamitiese Republiek se kernprogram. Die aartsvyande het reeds drie rondtes gesprekke gevoer om ’n ooreenkoms oor die kernprogram te bereik. Die Weste glo dit is gemik op die ontwikkeling van kernwapens, ’n bewering wat Teheran ontken. Die gesprekke, […]
Les Kiss is Wallabies se volgende hoofafrigter - April 30, 2025
Rugby: Ierland se voormalige hulpafrigter, Les Kiss, is aangewys as Australië se volgende hoofafrigter om Joe Schmidt in 2026 te vervang. Die 60-jarige Kiss wat van 2013 tot 2015 Schmidt se assistent by Ierland was, het ʼn tweejaarkontrak geteken. Schmidt bly aan in sy rol vir die komende toetsreeks teen die Britse en Ierse Leeus […]
Venaani het sy mes in vir August 26 - April 30, 2025
Reaksie word ontvang op die begroting van die verdedigingsministerie. Lynminister Frans Kapofi het meer geld vanjaar ontvang, op van net meer as 6,8 miljard Namibiese dollar verlede jaar tot meer as 7,4 miljard dollar vanjaar. PDM-leier McHenry Venaani, wat reeds ‘n geruime tyd eis dat August 26 se ouditverslae bekend gemaak word, sal vanmiddag die […]