Drama toe wakker bestuurder transitorowers fnuik - April 30, 2025
‘n Transitorooftog in Umlazi, suid van Durban is dramaties gefnuik, nadat ‘n bestuurder die gewapende rowers ontduik het deur by die Mega City-winkelsentrum in te ry. Die voertuig is op die N2-snelweg in ‘n lokval gelei. ‘n Woordvoerder van A-L-S Paramedici, Garrith Jamieson, sê die bestuurder het vinnig gereageer en by die winkelsentrum se parkeerarea […]
Ruimtevaarders keer terug na 6 maande op Tiangong-ruimtestasie - April 30, 2025
Drie Chinese ruimtevaarders het vandag na ses maande op die land se Tiangong-ruimtestasie na die Aarde teruggekeer, terwyl Beijing vorder met sy doelwit om ‘n groot ruimtemoondheid te word. China het die afgelope paar jaar miljarde rande in sy ruimteprogram belê in ‘n poging om te verwesenlik wat president Xi Jinping as die land se […]
Real Madrid se Rudiger vir ses wedstryde geskors - April 30, 2025
Sokker: Real Madrid se verdediger, Antonio Rudiger, is vir ses wedstryde geskors omdat hy ʼn voorwerp na die skeidsregter gegooi het toe sy span die Copa del Rey-eindstryd teen Barcelona verloor het. Rudiger en sy spanmaat, Lucas Vazquez, het rooikaarte gekry vir hul reaksie toe Kylian Mbappé kort voor die eindfluitjie geblaas het, vir vuilspel […]
Droogte kos regering N$1,4 miljard - April 30, 2025
Die Namibiese regering het net minder as 1,4 miljard Namibiese dollar in die vorige boekjaar op droogtehulp bestee. Volgens die Kantoor van die Eerste Minister het die Nasionale Droogteprogram verskeie ingrypings geïmplementeer, insluitend die voorsiening van voedselhulp ten bedrae van 1,044 miljard dollar. Verder is die ontwikkeling van ondersteuning vir vee ter waarde van 86,6 […]
DA sleep Meth hof toe oor raskwotas - April 30, 2025
Die DA sê hy gaan die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, hof toe vat oor die nuut-ingestelde rasgebaseerde kwotas in die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming. Die party voer aan dit skend grondwetlike regte en gee Meth te veel onbeheerde mag. Die saak sal volgende week in die Hooggeregshof in Pretoria aangehoor word. Michael […]
Guterres waarsku oor ineenstorting van tweestaat oplossing - April 30, 2025
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku dat die belofte van ‘n tweestaat-oplossing vir Israel en Palestina naby ineenstorting is. Gevegte duur voort in Gaza, met Israel wat sy grond- en lugoperasies oor die enklawe verskerp het in ‘n poging om Hamas uit te roei. Byna 2 000 Palestyne is dood sedert die skietstaking […]
Yamal fokus op spel, nie vergelykings met Messi nie - April 30, 2025
Barcelona-ster Lamine Yamal sê hy fokus op homself en nie op vergelykings met Lionel Messi nie. Voor die Kampioeneliga-halfeindstryd teen Inter Milan vandag, het die 17-jarige ’n sleutelfiguur op die regterkant van die veld geword, waar Barca se top-doelskieter van alle tye, Messi vir baie jare gespeel het. Albei spelers het deur die jeugakademie van […]
Moedertaalonderrig in die soeklig - April 30, 2025
Die aktivis Shaun Gariseb en gemeenskapslede het ‘n veldtog van stapel gestuur om moedertaalonderwys te bevorder, beginnende met Khoekhoegowab-sprekende gemeenskappe voor die skoolregistrasies in Mei tot Junie. Hulle het in Groot Aub afgeskop en sal hul pogings saam met taalkundiges en onderwysers uitbrei. Navorsing toon dat Khoekhoegowab Namibië se tweede mees gesproke taal is, teen […]
Efundja raak meer as 7 200 leerlinge, 8 kampe gevestig - April 30, 2025
Efundja saai amok in die Ohangwena-streek. Die Kantoor van die Eerste Minister sê 29 skole is deur die oorstromings geraak met nege skole wat steeds gesluit is, ses wat laer grade huis toe gestuur het, een skool wat ‘n kampterrein benut en ses skole wat ook so ‘n terrein beplan indien die situasie nie verbeter […]
Is verdediging nou ‘n werkskepper? - April 30, 2025
Die verdedigingsministerie se begroting vir die huidige boekjaar is op met meer as 600 miljoen Namibiese dollar. Die ministerie het verlede jaar 6,8 miljard dollar ontvang en vanjaar net meer as 7,4 miljard dollar. Lynminister Frans Kapofi sê verlede jaar is 62 persent van die begroting op salarisse bestee en vanjaar word 701 miljoen dollar […]