Mac Hengari se skandale sal ministerie knou - April 30, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah se verkose landbouminister, Mac Hengari, is ontslaan na verkragting-bewerings aan die lig gekom het. Hy staar 11 kriminele klagte in die gesig. Hy is ook gearresteer na hy betrap is toe hy sy beweerde slagoffer blykbaar probeer omkoop het met 230 000 Namibiese dollar. Hy is tans agter tralies. Kosmos 94.1 Nuus […]
Meredith Grey kry ook ‘n ster - April 30, 2025
Ellen Pompeo het haar status as een van die voorste televisie-akteurs van die 21ste eeu verstewig deur ‘n ster op die Hollywood Walk of Fame te ontvang. Die bekroonde aktrise en vervaardiger is veral bekend vir haar rol as Meredith Grey in die treffer-ABC-reeks Grey’s Anatomy. Die 55-jarige dien ook as ‘n uitvoerende vervaardiger vir […]
Nekundi sê nuwe B1-brug sal ‘n dubbelbaanbrug wees - April 30, 2025
Die verbypad by die brug net suid van Windhoek op die B1 wat op 20 Maart ingegee het tydens oorstromings, is Dinsdag deur vervoerminister Veikko Nekundi amptelik geopen. PDM-leier McHenry Venaani het in die parlement Nekundi gevra oor die veiligheid van die verbypad, asook vir ‘n opdatering van werk aan die brug. Nekundi het so […]
KI, tegnologie kan Afrika se ontwikkeling versnel - April 30, 2025
Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrika wil werkskepping, die bevordering van geslagsbeleid, en billike toegang tot geleenthede die middelpunt van die G20-dialoog maak. Mashatile sê Afrika moet die voortslepende uitdagings van ekonomiese ontwikkeling, politieke onbestendigheid en swak regering aanspreek. Hy sê Afrika kan ontwikkeling versnel deur digitalisering, kunsmatige intelligensie en nuwe tegnologieë:
Minder as 10% van plastiek van herwinde materiaal bekom - April 30, 2025
ʼn Nuwe studie toon slegs 9,5-persent van die 400-miljoen ton plastiek wêreldwyd het in 2022 van herwinde materiaal gekom. Die res is byna uitsluitend van fossielbrandstowwe soos steenkool en olie vervaardig. Herwinning bly laag met net 27,9-persent plastiekafval wat herwin word terwyl 40-persent op stortingsterreine beland. China is die grootste vervaardiger en verbruiker van plastiek, […]
Met nuwe borg word die Eagles die FNB Eagles - April 30, 2025
In ‘n mylpaal vir Namibiese sport het FNB Namibia sy naamborgskap van die nasionale manskrieketspan, nou amptelik bekend as die FNB Eagles, aangekondig. Volgens Nangula Kauluma, uitvoerende hoof van FNB Kleinhandel kom die vennotskap op ‘n deurslaggewende tyd vir Krieket Namibië, aangesien die span sy visier op sleutel internasionale doelwitte stel. Kauluma sê dit is […]
Massas water in SA na Benede-Oranje vrygestel - April 30, 2025
Watervlakke in die belangrikste damme in Suid-Afrika is tans hoog. Die Namibiese Hidrologiese Diens sê die Vaaldam is tans op 119,2 persent, met 10 sluise oop en ‘n uitvloei van 1,771 m³/s. Bloemhofdam is op 117,2 persent met ‘n hoër vrystelling van ongeveer 3,601 m³/s. Beide die Gariep- en VanderKloofdamme loop oor, met ooreenstemmende uitvloei […]
Joslin-saak is eerste van sy soort in SA - April 30, 2025
Staatsaanklaer Zelda Swanepoel het die Joslin Smith-verhoor as die eerste van sy soort in Suid-Afrika beskryf. In haar slotbetoë het sy aan die Wes-Kaapse hoërhof gesê dat Joslin se verdwyning die saak bemoeilik. Joslin se ma en twee ander staan tereg op aanklagte van mensehandel. Swanepoel beweer die kind is vir muthi verkoop, en dat […]
Withuis vaar uit teen Amazon wat koste van tariewe wil plaas - April 30, 2025
Die Withuis het Amazon se plan om die koste van president Donald Trump se tariewe op produkte te plaas wat die e-handelsreus verkoop, gekritiseer. Trump het ʼn tarief van 145-persent gehef op ingevoerde produkte uit China, waar baie produkte op Amazon.com vandaan kom. Amazon ontken betrokkenheid by die berig en sê die idee is oorweeg, […]
Djokovic onttrek uit Italiaanse Ope, gee geen rede nie - April 30, 2025
Die 24-malige Grand Slam-kampioen, Novak Djokovic het sonder rede uit die Italiaanse Ope onttrek. Die Serwiër het nog elke seisoen sedert 2007 in Rome deelgeneem en die toernooi ses keer gewen. Djokovic wat nie op sy beste is nie, is onlangs vroeg reeds uit twee kleibaantoernooie, Monte Carlo en Madrid geboender. Die Franse Ope, wat […]