Sekuriteitsfirma aangesê om minimumloon te betaal - April 30, 2025

Die justisie en arbeidsverhoudinge-ministerie het Omeya Investment CC beveel om sy sekuriteitsbeamptes die nasionale minimum loon vir die bedryf van 13 Namibiese dollar 50 sent per uur te betaal. Dit volg op ‘n vreedsame protesoptog deur werkers wat deur die Namibië Veiligheidswerkersunie, Naswu, verteenwoordig is. Die maatskappy het 8 dollar 75 sent per uur betaal […]

Read More

Botswana en SA is kwaai vrinne – Cyril - April 30, 2025

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Botswana wil handel, belegging en goeie internasionale verhoudinge bevorder. Hy het Botswana se president, Duma Boko, Woensdag by Mahlamba Ndlopfu, sy ampswoning in Pretoria, ontvang. Ramaphosa sê bilaterale betrekkinge tussen die twee lande is sterk en dek samewerking oor ʼn wye spektrum, insluitend politiek, ekonomie, die omgewing, wetenskap en […]

Read More

Frankryk kyk na hanteringsfooi op aanlynaankope - April 30, 2025

‘n Stroom van goedkoop goedere uit China, het daartoe gelei dat Frankryk ‘n hanteringsfooi wil hef op pakkies van aanlynverkopers. Die heffing sal help om die koste te dek van die nagaan van klein pakkies wat op platforms soos die Chinese firmas Temu en Shein bestel word. In 2024 het 4,6-miljard pakkies, elkeen met ‘n […]

Read More

Forest spook ook vir ‘n Kampioeneliga plekkie - April 30, 2025

Hoofafrigter Nuno Espírito Santo sê die laaste vyf wedstryde van Nottingham Forest se Premierliga-veldtog is die belangrikste van hul loopbane omdat hulle veg vir ’n plek in die Kampioeneliga. Forest is vir die eerste keer in meer as vier dekades binne trefafstand. Liverpool is reeds die kampioene en Arsenal, wat tweede is, het ‘n gemaklike […]

Read More

Narkose-tekort duur reeds sedert vroeg April  - April 30, 2025

Berigte vanoggend in die media dat die lynministerie alle elektiewe operasies gekanselleer het by verskeie staatshospitale regoor die land, duur sedert 7 April voort. ‘n Omsendskrywe is reeds toe uitgestuur en die prosedures gekanselleer oor ‘n tekort aan narkose medikasie. Operasies is reeds op 8 April gestaak. Hospitale wat geraak word sluit in Katutura en […]

Read More

Nigel van Wyk hoor (dalk) vandag oor vervolging  - April 30, 2025

Uitspraak word vandag verwag in die saak waarin Fishrot-beskuldigde Nigel van Wyk sekere aanklagte teen hom uitdaag. Uitspraak is reeds drie keer uitgestel. Van Wyk het vroeër versoek dat die hof agt van die strafregtelike aanklagte teen hom tersyde stel. Die aanklagte het betrekking tot die beweerde oortreding van die wet op die voorkoming van […]

Read More

Masemola bevestig oorskot is drie konstabels  - April 30, 2025

Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het bevestig dat drie van die vyf liggame wat uit die Hennopsrivier in Centurion, Pretoria, gehaal is, dié van die konstabels is wat verlede Woensdag vermis geraak het. Konstabels Linda Cebekhulu, Keamogetswe Buys en Boipelo Senoge het verdwyn terwyl hulle van Bloemfontein na hul ontplooiingsgebied in Limpopo gereis het. Masemola […]

Read More

Trump sê hy begin nou eers  - April 30, 2025

Die Amerikaanse president Donald Trump sê wat die wêreld die afgelope 14 weke gesien het, is ‘n rewolusie van gesonde verstand. Hy het Woensdag sy 100ste dag in die amp gevier met ‘n veldtogstyl-saamtrek in Michigan. Volgens Gallup is Trump die enigste president na die Tweede Wêreldoorlog met minder as die helfte van die publiek […]

Read More

DBN se lenings aan SME’s daal skerp  - April 30, 2025

Die Ontwikkelingsbank van Namibië het tussen 2020 en 2024 byna 750 miljoen Namibiese dollar aan SME’s geleen. Volgens The Brief het goedkeurings van lenings aan SME’s egter skerp afgeneem oor die periode. In 2020 het bank 279 miljoen dollar in SME-lenings goedgekeur, maar teen 2024 het goedkeurings tot net 96 miljoen dollar gedaal, ‘n afname […]

Read More

Appollis het nie gebieg in Joslin-saak nie  - April 30, 2025

Advokaat Fanie Harmse, wat Jacquen Appollis in die Joslin Smith-verhoor verdedig, hou vol sy kliënt het nooit betrokkenheid of gelduitruiling erken nie, in teenstelling met Laurentia Lombaard se getuienis. Staatsaanklaer Zelda Swanepoel het in haar slotargumente in die Wes-Kaapse Hooggeregshof beweer Joslin se ma, Kelly, het vir Appollis gesê sy het 20 000 Suid-Afrikaanse rand […]

Read More