Geregshof hoor van Israel se oortredings - April 30, 2025
Algerië sê Israel se verbod op die Verenigde Nasies se agentskap vir Palestynse vlugtelinge, UNRWA, is ’n aanval op die hede en toekoms van die Palestynse volk. By die Internasionale Geregshof in Den Haag het Maya Sahli Fadel van Algerië gesê dié optrede skend internasionale reg en bevorder dubbele standaarde wat die beginsels van die […]
Twee kardinale te siek om vir nuwe pous te stem - April 30, 2025
Twee Katolieke kardinale sal volgende week se kardinaalsvergadering om ’n nuwe pous te verkies, weens gesondheidsprobleme misloop. Die verwagte aantal kiesers kom nou te staan op 133. Die Vatikaan het hulle nie by name genoem nie, maar ’n bron by die aartsbisdom van Valencia het aan AFP bevestig dat emeritus-aartsbiskop, Kardinaal Antonio Cañizares, weens sy […]
Menstruasie-armoede weer in die nuus - April 30, 2025
Die finansministerie het die laaste paar jaar pogings aangewend om die burgerlike samelewing te betrek om hul verwagtinge van begrotingsprioriteite te verstaan. Een van die belangrikste probleme wat geopper is, is die koste van sanitêre produkte. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Girl Up Namibia se president, Joy Kapepo. Sy verduidelik dat die fokus egter […]
Novel Ford gee wiele aan NRU - April 30, 2025
Novel Ford het die Namibiese Rugby-unie met voertuie voorsien in ‘n borgskap van 2,5 miljoen Namibiese dollar. Die voertuie sal die uitvoerende bestuur van die NRU bedien insluitend John Heynes, die uitvoerende hoof, Jacques Burger, die direkteur en die NRU se adjunkpresident Johan Diergaardt. Daar word verwag dat Burger verskeie spelers regoor die land in […]
Kripto-koning Coenie Botha verskyn weer vandag - April 30, 2025
Coenie Botha en sy vrou Charlotte Murove sal na verwagting weer vandag in die laerhof in die hoofstad verskyn op klagte van bedrog van 163 miljoen Namibiese dollar, 31 aanklagte van die bedryf van ‘n bankbesigheid sonder magtiging, 31 aanklagte van geldwassery en ‘n aanklag van die bedryf van ‘n Ponzi-skema. Die twee het in Januarie […]
Begrafnis-miljoene is pure vermorsing - April 30, 2025
Staatsbegrafnisse het belastingbetalers in die 2024-25 boekjaar 38,4 miljoen Namibiese dollar gekos. Dit was vir 16 begrafnisse, insluitend dié van president Hage Geingob en stigterspresident Sam Nujoma. Eerste minister Elijah Ngurare sê sy kantoor het 1,9 miljard dollar ontvang, waarvan 2,5 miljoen dollar op Heldedag- en 25,6 miljoen op onafhanklikheidsvieringe bestee is. Kosmos 94.1 nuus […]
Raffinadery vir Namibië maak geen sin nie – kenner - April 30, 2025
Die uitvoerende hoof van TotalEnergies, Patrick Pouyanné, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah aangeraai om nie die konstruksie van ‘n olie-raffinadery na te jaag nie. Hy sê dat Namibië se beperkte markgrootte dit sal laat sukkel om teen groter ekonomieë mee te ding vir olie om te verfyn. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die plaaslike energiekenner […]
50-jaar herdenking van einde van Viëtnamoorlog - April 30, 2025
Saigon het vandag 50 jaar gelede in 1975 geval en die einde van die Viëtnamoorlog meegebring. Die kommunistiese Noord-Viëtnamese magte het Saigon, die hoofstad van Suid-Viëtnam, verower, wat gelei het tot die ineenstorting van die Suid-Viëtnamese regering en ‘n groot ontruiming van Amerikaanse en Suid-Viëtnamese personeel. Meer as 3 miljoen troepe en burgerlikes is in […]
Veeartseny kondig uitbreking van perdesiekte aan - April 30, 2025
Die direktoraat veeartsenydienste het ‘n uitbreking van Afrika-perdesiekte aangekondig na 25 gevalle in die Otjinene, Windhoek, Okahandja, Omaruru, Gobabis en Mariental staatsveeartsenykundige distrikte bevestig is. Die siekte word deur sekere muggies oorgedra en simptome sluit in skielike dood, skuim om die neus, hoes, vergrote limfkliere en koors. Mortaliteit kan 70 persent bereik. Onmiddellike maatreëls sluit […]
SAPD ondersoek nog of oorskot dit van drie SAPD-lede is - April 30, 2025
Drie liggame, vermoedelik dié van polisielede wat verlede week vermis geraak het, is in die Hennopsrivier in Centurion gevind. Die lede, wat op pad van die Vrystaat na Polokwane was, het op 23 April verdwyn terwyl hulle in ‘n wit Volkswagen Polo gereis het. Volgens polisiewoordvoerder Athlenda Mathe is die liggame nog nie geïdentifiseer nie […]