Carney maak dit duidelik dat Kanada nie terug sal staan vir Trump nie - April 30, 2025
Kanadese premier Mark Carney sê sy land verdien respek van die VSA en sal slegs handel- en veiligheidsgesprekke met Amerikaanse president Donald Trump hê onder hulle voorwaardes. Carney het eksklusief met die BBC gepraat voordat stembusse gesluit het, en sê dat hy slegs Washington sal besoek as daar ‘n ernstige bespreking sal wees wat Kanada […]
Herwinning van Bayesian-seiljag begin vandag - April 30, 2025
Herwinningsoperasies om die 56-meter superjag Bayesian van die seebodem af te lig, waar dit verlede Augustus gesink het, sal vandag begin as die weer dit toelaat. Die luukse vaartuig was naby die hawe van Porticello in Sicilië geanker toe dit kort voor dagbreek deur ‘n gewelddadige storm getref is. Sewe mense, wat verskeie bekendes insluit […]
Statebond Sake- en Handelsberaad op pad na Windhoek - April 29, 2025
Die Statebond Sake- en Handelsberaad sal in die hoofstad vanaf 16 tot 20 Junie gehou word. Die handelsminister Selma Ashipala-Musavyi sê die beraad is belangrik vir handel en bilaterale verhoudings binne die Statebond en sal handelsministers van die lande bymekaar bring.
Beduidende afname in SA Paasnaweek-padsterftes - April 29, 2025
Minister van Vervoer, Barbara Creecy sê Suid-Afrika het die laagste aantal padsterftes in drie jaar gedurende die Paasnaweek aangeteken. Botsings het met 32,5-persent verminder en sterftes het met 45,6-persent gedaal in vergelyking met 2024. Creecy skryf die sukses toe aan vroeë beplanning, sigbare verkeerspatrollering, en vennootskappe tussen die gemeenskap en die regering. Meer as 177 […]
Viëtnam gaan 8 000 gevangenes vrylaat - April 29, 2025
Viëtnam gaan meer as 8 000 gevangenes, insluitend buitelanders, vrylaat voor die 50ste herdenking van die val van Saigon. Die kommunistiese land kondig dikwels spesiale amnestie aan voor belangrike gebeurtenisse. Daar is sedert 2009 byna 100 000 gevangenes vrygelaat voor hul verwagte vrylatingsdatums, hoewel politieke aktiviste nog nooit ingesluit is nie. Diegene wat skuldig bevind […]
Les Kiss voorloper om Wallabies-afrigter te word - April 29, 2025
Rugby: Australië sal môre die volgende Wallabies-afrigter aanwys, met die voormalige Ierland-assistent Les Kiss wat die voorloper is om die pos te kry. Kiss, wat die Queensland Reds in Super Rugby afrig, sal oorneem by Joe Schmidt, nadat Schmidt in Februarie gesê het hy sal bedank aan die einde van vanjaar se Rugbykampioenskap. Kiss het […]
Okahandja-inwoners sê dankie vir ondersteuning na moorde - April 29, 2025
Inwoners van Okahandja het ‘n protesoptog gehou ter ondersteuning van die gesinne wat rou na die hartseer-moorde op Ingrid Maasdorp, Roswinds Fabianu en Beyonce Kharuxas. ‘n Hele aantal hoogwaardigheidsbekleërs, waaronder president Netumbo Nandi-Ndaitwah, adjunk-sportminister Dino Balotti en onderwysminister Sanet Steenkamp, was onder die deelnemers. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die geleentheid se organiseerder, Jané […]
Israel tree straffeloos op in Palestina, hoor Internasionale Geregshof - April 29, 2025
Suid-Afrika het die Internasionale Geregshof meegedeel dat Israel straffeloos optree in besette Palestynse gebiede en doelbewus hulp aan Gaza blokkeer. Die Hof hou hierdie week openbare verhore oor ‘n versoek vir ‘n raadgewende mening oor Israel se verpligtinge ingevolge internasionale reg. Die direkteur-generaal van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Zane Dangor, het in […]
Brand by Iranse hawe onder beheer na ontploffing - April 29, 2025
Brandbestryders het ‘n brand by Iran se hoofhawe in bedwang gebring, na ‘n dodelike ontploffing wat aan nalatigheid toegeskryf is. Die ontploffing Saterdag was by ‘n dok van die suidelike hawe Shahid Rajaee. Staatsmedia berig dat minstens 70 mense dood is met meer as ‘n duisend beseerdes in die ontploffing en daaropvolgende brand, wat ook […]
MMA ingesluit by 2026 Asiatiese Spele - April 29, 2025
Gemengde Gevegskuns: Die sportsoort maak volgende jaar sy debuut by die Asiatiese Spele wanneer Japan die vasteland se grootste sportbyeenkoms aanbied. Tydens ‘n byeenkoms in die gasheerstad Nagoya, is krieket ook formeel goedgekeur vir insluiting by die Spele. Gemengde Gevegskuns sal ses items insluit tydens sy debuut by die Asiatiese Spele en as ‘n dissipline […]