Windhoek Gim-leerders voltooi uitsaai-opleiding - April 29, 2025
Die Vereniging van Uitsaai Veterane gaan Woensdag, 30 April sertifikate uitdeel aan tien leerders van Windhoek Gimnasium wat die vereniging se opleiding sessies suksesvol voltooi het. Die tien aspirant omroepers sal binnekort begin uitsaai op Windhoek Gimnasium se skool radiostasie. Kolie van Coller, sameroeper van die vereniging, is aan die woord.
Komende rugbyseisoen staan vol in die blom - April 29, 2025
Die komende rugbyseisoen beloof om grasgroen en vol geleenthede te wees. Gedurende ‘n borgskapoorhandiging van Novel Ford aan die NRU, het Jacques Burger, die direkteur van die Namibië Rugby Unie uiteen gelê wat voorlê met die opkomende seisoen wat in Junie begin met ‘n paar lekker wedstryde ter voorbereiding vir die Wêreldbeker in 2027. Burger […]
Word mediese interns nou betaal, wil Swanu-LP weet - April 29, 2025
Parlementslede het in die Nasionale Vergadering vir die Huiskomitee gestem, en kon daarna skriftelike en mondelinge vrae aan ministers rig. Die kwessie van mediese interns wat verlede jaar betoog het oor die nie-betaling van oortyd het onder die loep gekom. Die interns het die gesondheidministerie na die Arbeidskommissaris geneem, wat bepaal het hulle hoef nie […]
Swapo oor Mootu se aanstelling ‘komies maar onaanvaarbaar’ - April 29, 2025
Die Landless People’s Movement het Swapo se reaksie op die aanstelling van Utaara Mootu as adjunkvoorsitter van die Parlementêre Staande Komitee oor Internasionale Betrekkinge, Verdediging en Veiligheid gekritiseer en beskryf dit as kinderagtig en ego-gedrewe. Terwyl die aanvanklike skok van Swapo verstaanbaar is, het die party kommer uitgespreek toe partypresident Netumbo Nandi-Ndaitwah die uitkoms aanhou […]
Bipa beplan kopieregheffing op ingevoerde digitale toestelle - April 29, 2025
Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, beplan ‘n kopieregheffing op ingevoerde digitale toestelle waarop mense na musiek kan luister of films kan kyk. Aina Kaundu, Bipa se waarnemende uitvoerende hoof, het volgens die nasionale uitsaaier dit oor die naweek aangekondig. Volgens Kaundu sal die ingevorderde heffings diegene in die kreatiewe bedryf help om ‘n volhoubare […]
Sake-belangstelling in Namibië se groen-bedrywighede vlam op - April 29, 2025
Die woordvoerder van Namibië se Groenwaterstofprogram, Jona Musheko, sê daar is hernude internasionale belangstelling in sake-moontlikhede in die land. Dit kom na die amptelike inwyding van die HyIron Oshivela aanleg. Musheko het in ‘n onderhoud met Henock TV gepraat.
Bank van Namibië hersien groeiverwagting vir ekonomie - April 29, 2025
Die Bank van Namibië het se ekonomiese vooruitsigte vir 2025 opdateer. Die ekonomie sal na verwagting vanjaar met 3,8 persent groei en teen 4 persent in 2026. Dit is ‘n afwaartse hersiening van 0,2 persentasiepunte vir vanjaar vanaf die Desember 2024-skatting. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Josefina Oskar, die bank se kommunikasiebeampte, wat verduidelik.
ActionSA dreig met hof oor Phala Phala-verslag - April 29, 2025
ActionSA sê hy sal hof toe gaan, indien nodig, om die vrystelling van die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat se verslag oor die diefstal by president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo af te dwing. Die party het ’n formele aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting ingedien nadat die polisieminister, Senzo Mchunu, […]
Carney beloof om VSA in handelsoorlog te klop - April 29, 2025
Kanada se eerste minister, Mark Carney, het belowe om Amerika in Donald Trump se handelsoorlog te klop nadat hy die verkiesing gewen en nog ‘n termyn vir sy Liberale Party verseker het. China het in reaksie gesê hy is oop vir sterker bande. Die hoof van die Europese Unie sê die blok sal met Carney […]
SA Rugby, Spur hernu vennootskap vir nog 4 jaar - April 29, 2025
Rugby: SA Rugby het sy vennootskap met Spur Steak Ranches vir ‘n verdere vier jaar hernu. Die borgskap het in 2022 begin. Uitvoerende hoof van SA Rugby, Rian Oberholzer, sê Spur, as ’n ikoniese en geliefde plaaslike handelsmerk, se verbintenis met die groen en goud is een wat gesmee is in die Suid-Afrikaanse aard van […]