Namcor steun NNN se olie- en gasbedryf-skuif - April 29, 2025

Die olie- en gasbedryf het president Netumbo Nandi-Ndaitwah se herbeklemtoning in haar staatsrede verwelkom dat dié sektor direk onder die beheer van haar kantoor is. Kosmos 94.1 Nuus met Paulo Coelho, woordvoerder van Namcor, oor haar standpunt gesels:

Read More

Geraasklagtes styg skerp in Kaapstad - April 29, 2025

Die Stad Kaapstad se Omgewingsgesondheidspraktisyns het ‘n toename van 57-persent in geraasklagtes in die afgelope twee jaar aangeteken. Die hoofbronne van geraasklagtes in Kaapstad is plekke van laatnagvermaak, geleenthede met versterkte klank en woongebied sake-/werkswinkelgeraas. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, sê in die 2023/2024-boekjaar het geraasklagtes van 1 216 tot 1 905 […]

Read More

Klimaatsverandering slaan koraalriwwe hard - April 29, 2025

Die Internasionale Koraalrifvereniging sê die beste manier om koraalriwwe te beskerm, is om die oorsaak van klimaatsverandering aan te spreek. Volgens die Internasionale Koraalrif-inisiatief het skadelike verbleiking van die wêreld se koraal toegeneem tot 84-persent van die oseaan se riwwe. Ongeveer 25-persent van alle mariene spesies kan in, op en om koraalriwwe gevind word. Mark […]

Read More

IKR gaan nie strafpunte in toetse hersien nie - April 29, 2025

Krieket: Die Internasionale Krieketraad het die Engelse span se kaptein Ben Stokes se versoek verwerp vir die hersiening van strafpunte wat opgelê word indien boulbeurtkoerse nie behaal word nie. Dit volg nadat Engeland en Nieu-Seeland verlede Desember in Christchurch met drie Wêreldtoetskampioenskap-punte gestraf is en al hulle spelers 15-persent van hulle wedstrydfooie moes inboet. Die […]

Read More

Zaamwani vervang dalk vir Hengari - April 29, 2025

Die voormalige uitvoerende hoof van Namdeb, Inge Zaamwani, kan moontlik die nuwe landbouminister word na die afdanking en arrestasie van Mac Hengari te midde van omkoperybewerings. Die Engelse dagblad Namibian Sun berig daar word verwag dat die presidensie Hengari se plaasvervanger hierdie week sal aankondig. Zaamwani, ‘n gekwalifiseerde mynbouprokureur met ‘n LLB en ‘n Meestersgraad […]

Read More

IPC wil weet hoekom kombi-taxi-permitte gekonfiskeer word - April 29, 2025

Daar blyk om probleme te wees onder die kombi-taxi’s. Bestuurders kla hulle permitte word gekonfiskeer, ten spyte daarvan dat hulle tot September het om te herregistreer. Die IPC se skadu-minister van werke en vervoer, Nelson Kalangula, het dit in die Nasionale Vergadering opgehaal. Werke en vervoer-minister Veikko Nekundi het so geantwoord.

Read More

Tesourie moet ophou toewysings in begroting besnoei – Cosatu - April 29, 2025

Cosatu sê Nasionale Tesourie moet die emosionele en nuttelose versoeking weerstaan om belangrike toewysings in die begroting te besnoei. Dit sluit in die bevriesing van die brandstofbelasting, die uitbreiding van kossoorte wat van BTW uitgesluit is, en maatskaplike toelaes bo inflasie. Dit volg nadat die Wes-Kaapse Hooggeregshof die BTW-verhoging van 0,5-persent opgeskort het. Cosatu-woordvoerder, Matthew […]

Read More

BRICS vergader in Rio - April 29, 2025

BRICS-ministers van buitelandse sake vergader in Rio de Janeiro om die groep se rol in die aanspreek van globale en streekskrisisse, sowel as Amerikaanse tariewe te bespreek. BRICS, wat uit 11 lidlande bestaan en helfte van die wêreld se inwoners verteenwoordig is uniek geposisioneer om vrede en stabiliteit te bevorder. Die ministers beklemtoon die behoefte […]

Read More

18de Kreeffees skop af op Lüderitz - April 29, 2025

Die 18de Lüderitz Kreeffees begin vandag en duur tot 5 Mei. Hierdie jaarlikse viering stel Namibië se gesogte kreef ten toon, tesame met ‘n rits geleenthede, insluitend seekosfeeste, kulturele optredes, motorsport en die gewilde Mej. Kreef-skoonheidskompetisie. Kosmos 94.1 Nuus het met Phil Balhao, die burgemeester van Lüderitz gepraat …

Read More

Kredietwaarborgskema moet daadwerklik geïmplementeer word - April 29, 2025

Standard Bank het ‘n beroep gedoen vir die vestiging van ‘n nasionale kredietwaarborgskema om finansiering vir noodsaaklike energie- en breër infrastruktuurprojekte in die land te ontsluit. So ‘n program is ‘n regeringsgesteunde program wat lenerrisiko verminder deur ‘n deel van ‘n lening te dek indien ‘n lener in gebreke bly, wat SME’s help om toegang […]

Read More