Chicago Bar skietery: Shiimi verskyn weer - October 15, 2025
Die saak van die 30-jarige Gabes Shiimi, wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n wapen buite ‘n kroeg afgevuur het en die 35-jarige Nande Simon Molukoshi in Windhoek op 15 Junie doodgeskiet het, kom vandag weer voor. Die staat beweer dat Shiimi Molukoshi onwettig en opsetlik met ‘n wapen op 15 Junie by die Chicago […]
Madlanga-kommissie vergader nie vandag nie - October 15, 2025
Die Madlanga-kommissie in Pretoria sal nie vandag vergader nie, teneinde die regsgeding op te los oor die vraag of môre se getuie agter geslote deure sal praat. Die voorsitter van die kommissie, afgetrede adjunkhoofregter, Mbuyiseli Madlanga, sê die besluit volg op voortgaande veiligheidskwessies. Intussen het getuienisleier Adila Hassim WhatsApp-boodskappe namens getuie X oorhandig, waarin beweer […]
Starmer bevestig ondersteuning vir Gaza - October 15, 2025
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, het aan die Laerhuis gesê die wapenstilstand in die Midde-Ooste sou nie moontlik gewees het sonder die Amerikaanse president, Donald Trump, nie. Hy beskryf die gebeure as ‘n oomblik van groot verligting vir baie mense, al demp die wete van wat gebeur het van die verligting. Starmer bevestig Brittanje […]
Berigte van noodlanding van besigtigingsvlug - October 15, 2025
Media aan die kus berig dat ‘n besigtigingsvlug na Sossus ‘n noodlanding Maandagmiddag naby Meobbaai moes uitvoer. Volgens die Atlantic Gazette was daar sewe persone aanboord en net ligte beserings is aangemeld. Twee deurwinterde toergidse het gisteraand per voertuig na die toneel vertrek en behoort binnekort in Walvisbaai aan te kom met al die insittendes. […]
Passasiersbote bring R1 miljard aan Wes-Kaap - October 15, 2025
Die DA in die Wes-Kaap sê die provinsie se toerismesektor vir plesiervaarte het in 2024/25 meer as 1 miljard Suid-Afrikaanse rand tot die provinsiale ekonomie bygedra, ‘n toename van 36-persent teenoor die vorige jaar. Noko Masipa van die party, sê met 127 000 passasiers en 83 bote, ondersteun die sektor meer as 2 000 werknemers. […]
As Hamas nie ontwapen nie, doen ons dit vir hulle – Trump - October 15, 2025
Amerikaanse president Donald Trump het Woensdag by ‘n Withuis perskonferensie gesê as Hamas nie wil wapens neerlê nie, sal hul wapens vir hulle neergelê word. Die nuuskonferensie was terwyl Trump Argentinië se president, Javier Milei, by die Withuis verwelkom het vir samesprekings. Milei is ‘n groot ondersteuner van Trump, en die perskonferensie het verdaag vir […]
Ancelotti se span stort geestelik ineen - October 15, 2025
Die afrigter van Brasilië, Carlo Ancelotti sê sy span het “geestelik ineengestort” in hulle 3-2 vriendskaplike nederlaag, teen Japan, Dinsdag in Tokio, en gewaarsku hulle sal voor die Wêreldbeker uit hul foute moet leer. Brasilië het ‘n voorsprong van twee doele deur hulle vingers laat glip toe Japan in die tweede helfte sterk teruggeveg het, […]
Namibië berei voor vir COP30 - October 15, 2025
Namibië berei voor vir die 30ste Verenigde Nasies-klimaatkonferensie wat van 10 tot 21 November in Belém, Brasilië, sal plaasvind. Romeo Muyunda, die woordvoerder van die Omgewingsbeleggingsfonds, sê die land sal die konferensie gebruik om fondse te mobiliseer om sy klimaatsveranderingsdoelwitte, soos uiteengesit in die nasionale ontwikkelingsplanne, te bereik. Muyunda het ‘n opdatering aan Kosmos 94.1 […]
Sauma hou jaarvergadering op Aranos - October 15, 2025
Die Stampriet Akwifer Uraanmynbouvereniging, Sauma, maak reg vir hulle jaarlikse vergadering in Aranos vandeesweek. Uraanontginning deur in-situ loging is gereeld in die nuus, veral met die regering wat nie eens is oor of eksplorasie toegeaat moet word nie. Headspring Investments wag nog vir terugvoering van die ministerie om hulle omgewingsklaringsertifikaat te hernu. Wolfi Teichert, die […]
Damme: Landsbronne op 82,6% - October 15, 2025
Neckartaldam het weer water ingeneem, 728 000 kubieke meter en die dam is tans 99,7 persent vol. Terwyl riviere geloop het, het Naute geen water ingeneem nie. Hardapdam is tans 62,1 persent vol na 1,7 miljoen kubiek die week benut is. Oanob by Rehoboth het 67,9 persent water NamWater sê bronne vir die sentrale gebied […]