Laer olieprys dalk ‘n Opul taktiek - April 29, 2025

Oliepryse het vroeër ietwat versterk ten spyte van verwarring oor die tariefgesprekke tussen die VSA en China, maar die prys bly steeds rondom 64 Amerikaanse dollar ‘n vat. Handelaars het ‘n gebrek aan belangrike nuus en verwagte toenames in aanbod aangehaal met markte wat steeds pryse ondersteun. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie Klopper gepraat, […]

Read More

Groenskemas plant ter voorbereiding van winter, 90% voltooi - April 29, 2025

Die landbouministerie sê 90 persent van die besproeibare grond by groenskemas wat deur die regering bestuur word, is reeds aangeplant. Die doel is om teen die winter volle produktiwiteit te bereik. Adjunkdirekteur Felix Ndinamwene het ook aangekondig dat vakante plotte vir mediumskaal-boere volgende maand geadverteer sal word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die landbouministerie […]

Read More

News24 identifiseer Boer@twatterbaas - April 29, 2025

Die man agter Boer@twatterbaas, ʼn X-rekening wat gebruik is om volgens News24 waninligting oor Suid-Afrika, soos plaasmoorde en grondbesettings, te versprei, is geïdentifiseer as Sebastiaan Jooste. ʼn News24-ondersoek het onthul dat Twatterbaas jare lank opgetree het as brug tussen Suid-Afrikaanse konserwatiewes en die sogenaamde MAGA-regses in Amerika. Die ondersoek onthul byna 300 interaksies tussen Jooste […]

Read More

Verbypad net suid van hoofstad voltooi - April 29, 2025

Die verbypad by die brug wat net suid van die Aris-weegbrug op die B1 tussen Windhoek en Rehoboth ingegee het, is voltooi, voor skedule. Die brug het op 20 Maart ingegee na swaar reën en ‘n eenbaan verbypad is inderhaas gebou. Kosmos 94.1 Nuus het met Hileni Fillemon, woordvoerder by die Paaie-owerheid gesels.

Read More

NamPol sê man het Chinese werkgewer aangerand, en was besope - April 29, 2025

Die Namibiese polisie sê daar is vasgestel dat daar geen feitelike waarheid in die plasing van aktivis Michael Amushelelo dat ‘n Namibiër in die hoofstad aangerand is deur sy Chinese werkgewer toe hy vir sy salaris vra, steek nie. ‘n Video toon waar die man sy werkgewer aanrand en ook ‘n mes uithaal voor die […]

Read More

Parlement verwelkom hofbeslissing oor BTW - April 29, 2025

Die Parlement se voorsittende beamptes verwelkom die ooreenkoms oor die BTW-verhoging en fiskale raamwerk wat buite die hof bereik is. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het die voorgestelde BTW-verhoging van 0,5-persent opgeskort en die maatreël amptelik geskrap. Die hof het die bevel uitgereik in die DA en EFF se saak om die BTW-verhoging tersyde te stel. Die […]

Read More

Sinners na twee weke steeds bo by loket - April 29, 2025

Ryan Coogler se riller, Sinners, met Michael B. Jordan in die hoofrol, doen in sy tweede week na vrystelling steeds die beste by kaartjiekantore. Die fliek het reeds meer geld by Amerikaanse kaartjiekantore gemaak as Disney se Snow White. Star Wars: Episode III – Revenge of the Sith is tweede, gevolg deur Ben Affleck se […]

Read More

Namcor sê oor gewapende roof by vulstasie - April 29, 2025

Namcor het ‘n verklaring uitgereik oor die gewapende roof by die Namcor-vulstasie naby die A. Shipena-skool in Katutura. Net meer as 122 000 Namibiese dollar is gesteel maar, dit is teruggevind en die verdagtes is gearresteer. Paulo Coelho die woordvoerder van Namcor, sê die maatskappy self het geen verliese gely nie.

Read More

Ondersoek gelas na ‘huurpraktyke’ in Gauteng - April 29, 2025

Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, het ʼn onafhanklike forensiese firma aangestel om bewerings van verkwistende uitgawes te ondersoek wat verband hou met die huur van kantoorruimte vir staatsdepartemente. Die LUR vir Infrastruktuur, Jacob Mamabolo, het onlangs onthul dat 34-miljoen Suid-Afrikaanse rand maandeliks aan die huur van kantore bestee word, al besit die provinsie 42 leë […]

Read More

Al hoe meer Amerikaners aan lugbesoedeling blootgestel - April 29, 2025

Die Amerikaanse Longvereniging se 2025-verslag oor die toestand van lug toon dat ongeveer 156-miljoen Amerikaners, wat byna die helfte van die bevolking is, in gebiede met ongesonde vlakke van lugbesoedeling woon. Dit is ‘n toename van 25-miljoen mense vanaf die vorige jaar, die hoogste in ‘n dekade. Die verslag skryf die styging toe aan faktore […]

Read More