RG Snyman weer op die been en op die veld - April 29, 2025
Springbok-slot RG Snyman oefen weer voluit in aanloop tot Leinster se halfeindwedstryd Saterdag teen Northampton Saints in die Kampioenebeker. Die Wêreldbeker-wenner het twee weke gelede ʼn beenbesering opgedoen in die kragmeting teen Ulster. Leinster se hoofafrigter, Leo Cullen, sê Snyman is beskikbaar nadat hy van die besering herstel het. Ierland se internasionale voorspeler, Ryan Baird, […]
Amper 8 000 kubieke meter per sekonde in Oranje-stelsel vrygelaat - April 29, 2025
Die vlakke van die Oranjerivier sal verder styg met die buurland se owerhede wat 7 991 kubieke meter per sekonde in die stelsel vrylaat met sluise wat oop is in die Vaal-, Bloemhof, Gariep en Vanderkloofdamme. Die Hidrologiese Diens sê tans is die vlak van die Oranje by Blouputs op 2,64 meter en op 2,53 […]
EFF is ook bly dat hof teen BTW beslis - April 29, 2025
Die EFF het die Wes-Kaapse Hooggeregshof se besluit verwelkom om die 0,5-persent BTW-verhoging op te skort, wat dié belastingverhoging Donderdag voorkom. Hierdie besluit volg ná ‘n regsgeding deur die DA en die EFF teen die BTW-koersaanpassing en die besluit van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies om die finansiële komitees se verslae […]
Carney wen, sê Kanada is die meester van sy eie huis - April 29, 2025
Die Liberale Demokrate en sy leier, Mark Carney het die Kanadese verkiesing gewen. Kenners meen die verlies van die Konserwatiewe Party is as gevolg van Amerikaanse president Donald Trump se aanvalle op die land. Carney het in sy aanvaardingstoespraak gesê Kanada is die meester in sy eie huis.
Proses om pous te verkies begin op 7 Mei - April 29, 2025
Die kardinaalsvergadering om ʼn nuwe pous te kies, begin op 7 Mei agter geslote deure in die Sistynse Kapel. Dit volg ná pous Franciskus, wat op Paasmaandag dood is, se begrafnis. Pous Franciskus het 108 van die 135 lede van die Kollege van Kardinale jonger as 80, wat geregtig is om die volgende pous te […]
Total se Marula lewer niks - April 29, 2025
TotalEnergies se jongste eksplorasie put, Marula 1X het misluk. Die Franse olie-reus sê geen koolwaterstof is gevind nie. Die put is vroeër deur die maatskappy beskryf as ‘n sterk vooruitsig. Upstream Online berig dat die maatskappy nou onseker is oor waar om verder in PEL 56, wat blok 2913B dek, te eksploreer. Die aankondiging kom […]
So lyk die begroting vir die parlement - April 29, 2025
Die verkrygingswetsontwerp is nou in die komiteestadium in die Nasionale Vergadering. Die speaker, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het die parlement se begroting gelees. Sy het die vorige jaar se werksaamhede uitgelig. Amadhila het die begroting vir die nuwe boekjaar uiteengesit.
Hommeltuie, kameras, keerpunt vir SA-grens - April 29, 2025
Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, sê die bekendstelling van waarnemingshommeltuie en liggaamskameras was ‘n keerpunt vir grensbestuurswerk by grensposte. Hy sê ongeveer 112 persone is gedurende die Paastydperk om verskeie redes by grensposte in hegtenis geneem en aan lede van die SAPD oorhandig vir verdere hantering. Masiapato sê die meeste van hierdie mense […]
Houthi’s sê VSA-aanval dood 68 migrante in tronk - April 29, 2025
Jemen se Houthi-rebelle het Maandag beweer minstens 68 mense is dood en nog 47 gewond toe ‘n tronk met Afrika-migrante in Saada in ‘n Amerikaanse lugaanval getref is. Dit was die jongste aanval in die land se oorlog van tien jaar teen migrante van Ethiopië wat die risiko neem om deur Jemen na die naburige […]
Skole moet optogte hou, petisie op Okahandja oorhandig - April 29, 2025
Alle sekondêre skole landswyd is gelas om vandag deel te neem aan ‘n massa-optog teen geweld teenoor kinders. Elke skool moet 20 leerders uitsoek om in skooluniforms deel te neem. Skole moet met plaaslike owerhede koördineer om te verseker die optog vind veilig plaas. Ander leerders moet by skoolaktiwiteite betrek word om bewustheid oor geweld […]