Vergeet van Enoch, hele parlement moet ontbind word - April 29, 2025
Die Activists and Citizens Forum sê hy verwerp geheel en al die oproepe om die bedanking van die Minister van Finansies, Enoch Godongwana. Godongwana het verlede week aangekondig die 0,5 persent BTW-verhoging word teruggetrek. Woordvoerder van die Forum, Dennis Bloem, sê in plaas van Godongwana, doen hulle ’n beroep dat die hele parlement ontbind word […]
Spanje, Portugal kragonderbreking nie deur sabotasie veroorsaak nie - April 29, 2025
Die president van die Europese Raad, António Costa sê daar is geen aanduiding van sabotasie of ‘n kuberaanval nadat groot dele van Spanje en Portugal gister kragonderbrekings ondervind het nie. Die onderbrekings het verkeersligte ontwrig en chaos in reissentrums veroorsaak en alle tenniswedstryde by die Madrid Ope is gestaak. Die Portugese elektrisiteitsowerheid sê dit is […]
Sinner stel stigting bekend - April 29, 2025
Die wêreld se nommer-een-manstennisspeler, Jannik Sinner, het sy nuwe stigting, die Jannik Sinner-stigting, bekendgestel, wat toegewy is aan die bemagtiging van kinders deur middel van onderwys en sport. Die stigting se direksie sluit in die Formule Een-president en uitvoerende hoof, Stefano Domenicali en ‘n voormalige finansiële hoof van Apple, Luca Maestri. Sinner sê hy is […]
Wettiging van dagga geëis - April 29, 2025
Die Cannabis and Hemp Association of Namibia reël ‘n vreedsame betoging vir die komende Saterdag waartydens hulle ‘n petisie aan die Verenigde Nasies gaan oorhandig vir die wettiging van die gebruik van dagga. Die betoging begin om tienuur in Mahatma Ghandi-straat agter die sentrale gevangenis en sal dan deur Onafhanklikheidslaan beweeg. Kosmos 94.1 Nuus het […]
Oesskatting en prys van witmielies is op - April 29, 2025
Die Akkerbouraad van Namibië het sy oesskatting aansienlik verhoog na die goeie reënseisoen. Die raad het vroeg vanjaar ‘n tekort aan witmieles verwag, maar dit is aangepas na ‘n oes van 70 000 ton vanjaar. Die prys vir witmielies gaan na verwagting meer as 6 800 Namibiese dollar per ton wees. Kosmos 94.1 Nuus het […]
Toeriste-aankomste styg met 18,4% in 2024 - April 29, 2025
Namibië se toerismesektor het in 2024 ‘n sterk herstel beleef en die vlakke van voor die pandemie, 2017 en 2018, oortref met 558 333 totale aankomste. In sy ontleding sê High Economic Intelligence dit verteenwoordig ‘n toename van 18,4 persent vanaf 2023. Streeks- en internasionale reisigers het hierdie groei aangedryf. Die e-visum-stelsel sal na verwagting […]
Lekker, almal kan swot, maar waar sal hulle werk? - April 29, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om fooie by openbare universiteite te skrap, sal na verwagting ‘n skerp toename in studentegetalle tot gevolg hê. Ontleders waarsku dat dit bykomende druk op die ekonomie kan plaas indien dit nie deur ooreenstemmende werkskeppingspogings geëwenaar word nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tim Parkhouse, voormalige sekretaris-generaal van die […]
Trump veroorsaak vryval van regte - April 29, 2025
Donald Trump se eerste 100 dae het ‘n wêreldwye ‘vryval van regte’ aangevuur, sê Amnesty International. In sy jongste verslag sê die organisasie Trump se presidentskap het ‘n wêreldwye wegdraai van menseregte aangevuur, wat die wêreld na ‘n outoritêre era stoot wat gedefinieer word deur straffeloosheid en ongekontroleerde korporatiewe mag. Die onmiddellike gevolge van Trump […]
Miljoene vir Verkiesingskommissie, 36 nuwe voertuie ook - April 29, 2025
Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila het die begroting vir die Verkiesingskommissie van Namibië vir die 2025-2026 finansiële jaar in die Nasionale Vergadering aangebied. Die kommissie het in die vorige boekjaar 637,98 miljoen Namibiese dollar ontvang, waarvan 634,08 miljoen dollar bestee is. Streeksraad- en plaaslike owerheid-verkiesings sal vanjaar plaasvind, en die kommissie is 647,81 miljoen dollar in totaal […]
Beroepsgesondheid en -veiligheid is fundamentele reg vir werkers - April 29, 2025
Die Vereniging van Staatsamptenare vra werkgewers om hul beleid oor beroepsveiligheid en -gesondheid ter beskerming van werkers te verstewig omdat ongelukke in die werkplek, beroepsiektes en sterftes wêreldwyd ‘n uitdaging bly. Die Wêrelddag vir Beroepsveiligheid en -gesondheid, ‘n internasionale veldtog om veilige, gesonde en behoorlike werk te bevorder, is Maandag herdenk. Claude Naiker van die […]