Trump onbeïndruk met Putin se skietstilstand - April 29, 2025
Russiese president Vladimir Putin het eensydig ‘n driedaagse wapenstilstand in Mei in die oorlog met Oekraïne verklaar ter viering van die 80ste herdenking van die Sowjetunie se oorwinning oor Nazi-Duitsland in die Tweede Wêreldoorlog. Die Kremlin sê die 72-uur wapenstilstand sal van 8 Mei tot 10 Mei duur. Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het die […]
Alle oë op Kanada na stembusse sluit - April 29, 2025
Kanadese het gestem in ‘n nasionale verkiesing om te besluit wie die volgende regering gaan vorm. Die twee duidelike voorlopers is die Liberale Party, gelei deur Mark Carney, en die Konserwatiewe Party, gelei deur Pierre Poilievre. ‘n Rekord 7,3 miljoen mense het reeds in voor-verkiesingsdag posstemme hul stembriewe voltooi. Kanada het 28,9 miljoen gemagtigde kiesers. […]
Landbouwerkgewersvereniging se jaarkongres op pad! - April 29, 2025
Die Landbouwerkgewersvereniging sal sy jaarlikse kongres op 10 Junie hou. Boereverenigings word uitgenooi om hulle verteenwoordigers te stuur. Onderwerpe wat onder loep gaan kom is onder andere die geestelike gesondheid van plaaswerkers. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof uitvoerende beampte van die vereniging, Danie van Vuuren gesels.
Landswye skole massa-optog gelas teen geweld teenoor kinders - April 28, 2025
In die nasleep van die drie Okahandja-moorde sê die onderwysministerie hy is toegewyd daaraan om veilige omgewings vir alle kinders in die land te skep. Ter ondersteuning hiervan word alle sekondêre skole gerig om môre deel te neem aan ‘n massa-optog teen geweld teenoor kinders. Elke skool moet 20 leerders uitsoek om in volle skooluniforms […]
Sloerende kopieregwetsontwerp benadeel musikante - April 28, 2025
Die Namibiese Vereniging van Komponiste en Outeurs van Musiek, Nascam, het onlangs deelgeneem aan ‘n bespreking tydens Wêreld Intellektuele Eiendomsdag. Tydens die bespreking het die uitvoerende hoof van Nascam, Albert Nicanor, uitgelig dat hulle steeds worstel met digitale roof. Kosmos 94.1 Nuus het met Nicanor gepraat wat sê dat die kopieregwetsontwerp van 2021 steeds by […]
ANC het SA se vryheid vernietig, sê DA - April 28, 2025
Die DA sê die ANC het Suid-Afrika se vryheid vernietig en gesteel en is uit voeling met Suid-Afrikaners. Die party sê Suid-Afrikaners het hard geveg vir die vryheid wat hulle in 1994 verower het, en het werklik vooruitgang gebring. Ivan Meyer van die DA sê die vreedsame oorgang van apartheid na demokrasie word nog wêreldwyd […]
Minstens 68 Afrika-migrante sterf in VSA-lugaanval op Jemen - April 28, 2025
Minstens 68 Afrika-migrante is dood in ‘n Amerikaanse lugaanval op ‘n aanhoudingsentrum in Houthi-beheerde noordwes-Jemen, volgens die gewapende groep se TV-kanaal. Al Masirah berig dat nog 47 migrante beseer is, meeste van hulle krities, toe die sentrum in die Saada-provinsie gebombardeer is. Daar was geen onmiddellike kommentaar van die Amerikaanse weermag nie. Daar was volgens […]
Namibiese Skolesportunie se hervorming tel spoed op - April 28, 2025
Die sportministerie is tans besig met ‘n opname oor die hervorming van die Namibiese Skolesportunie. Die opname word aan verskeie skole gestuur om hul menings rakende die NSSU te deel. Benewens die opname het konsultasiewerkswinkels ook plaasgevind om die navrae persoonlik te beantwoord. Kosmos 94.1 Nuus het met Aina Shikesho, woordvoerder van die ministerie gesels.
Padwaardigheid, bestuurslisensietoetse op Karibib tydelik opgeskort - April 28, 2025
Die Padowerheid het aangekondig dat padwaardigheid- en bestuurslisensietoetse by die Karibib NaTIS sentrum vanaf 6 Mei tydelik opgeskort sal wees. Dit is weens restourasiewerk by die sentrum. ‘n Amptelike kennisgewing sal uitgereik word sodra die dienste weer beskikbaar is. Kliënte wat dringend bestuurslisenise of padwaardigheidstoetse nodig het, moet alternatiewe toetsstasies gebruik.
Wat’s vryheid sonder werk, veiligheid, huise? - April 28, 2025
Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde sê vryheid sonder ordentlike werk, ekonomiese geregtigheid, waardigheid, veiligheid, behuising, en toegang tot gehalte openbare dienste is nie werklike vryheid nie. SAFTU se woordvoerder, Newton Masuku, sê Suid-Afrika staan op die rand van ‘n mislukking. Hy sê die werklike omstandighede van die werkersklas het tot onverdraagsame vlakke vererger. Masuku sê […]