Spanje, Portugal staan stil na massiewe kragonderbreking - April 28, 2025
Spanje en Portugal is deur ‘n wydverspreide kragonderbreking getref wat openbare vervoer verlam het, en groot verkeersknope en vertraagde vlugte veroorsaak het. Die onderbreking het chaos veroorsaak toe hospitale sonder krag gelaat is en mense in die metro en in hysbakke vasgekeer is. Amptenare sê die moontlikheid dat dit deur ‘n kuberaanval veroorsaak is, is […]
Top 4 spanne in rugby Premierliga maak gaping oop - April 28, 2025
Die top vier spanne in die Namibië Rugby Premierliga het ‘n aansienlike voorsprong op die res van die veld ná die vyfde ronde die naweek. FNB Wanderers het hul onoorwonne status met ‘n weg-oorwinning van 29-0 oor FNB Rehoboth gehandhaaf om tot 28 punte aan die bopunt van die ranglys te beweeg, terwyl FNB Kudus […]
Onderwysminister verduidelik ‘infrastruktuur’ beteken ‘heining’ - April 28, 2025
Die verkrygingswetsontwerp word tans in die Nasionale Vergadering bespreek, terwyl parlementslede ook vrae kan vra. Die drie moorde op Okahandja van jong meisies is ook opgehaal, omdat die twee jongste slagoffers by die KW von Marees Gekombineerde Skool ingeskryf was. Die AR-parlementslid George Kambala het onderwysminister Sanet Steenkamp gevra of alle skole se infrastruktuur verbeter […]
Hoekom so lank om Hengari te ontslaan? - April 28, 2025
Meer inligting is bekend oor die standpunt van die IPC se skadu geslagsminister Lilian Lutuhezi oor die aanstelling van oud-landbouminister Mac Hengari. In ‘n verklaring sê sy die skandaal is bewys dat die regering versuim om vroueregte te beskerm. Sy wil weet hoekom het dit so lank gevat?
Gewapende rowers teiken weer ‘n vulstasie - April 28, 2025
Gewapende rowers het na bewering weer by ‘n vulstasie toegeslaan en weggekom met ‘n groot bedrag kontant. ‘n Groep van vyf gewapende mans het vanoggend by die Namcor-vulstasie naby die A. Shipena-skool in Katutura ingestorm en sowat 100 000 Namibiese dollar gebuit. Inligting is nog skraps ten spyte van CCTV-beeldmateriaal, en pogings om kommentaar van […]
Nee, geen verdagtes gearresteer vir Okahandja-moorde - April 28, 2025
Verslae word aanlyn versprei dat drie verdagtes gearresteer is in verband met die Okahandja-moorde van twee 6-jarige dogtertjies en ‘n 15-jarige meisie. Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat die inligting verkeerd is, en dat mense net ingeroep is vir ondervraging. Die NamPol streeksbevelvoerder vir Otjozondjupa, kommissaris Phillip Hiidengwa, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en […]
Vele Namibiërs glo dagga-gebruik ‘geregverdig’: peiling - April 28, 2025
In ‘n ontleding het Cirrus bevind dat ongeveer 70 persent van die inwoners van Karas, Hardap en Zambezi glo dat dagga-gebruik altyd of somtyds geregverdig is terwyl net 5 persent van Ohangwena se inwoners so voel. In die Zambezi-streek voel 80 persent so met 69 persent van Namas wat so voel. Jonger Namibiërs is meer […]
Groot beloning uitgereik oor 3 vermiste konstabels - April 28, 2025
Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê hulle bied ‘n beloning van 350 000 Suid-Afrikaamse rand aan vir enige inligting oor waar die drie vermiste polisiekonstabels hulle bevind. Hy sê iemand moes êrens iets opgemerk het, veral sedert Linda (uitspraak: Lienda) Cebekhulu, Keamogetswe Buys en Boipelo Senoge vyf dae gelede die Engen-garage naby die Grasmere-tolplaza in […]
Motoraanval-verdagte aangekla van tweedegraadse moord - April 28, 2025
Die verdagte in ‘n motoraanval op ‘n Filippynse erfenisfees in die Kanadese stad Vancouver waarin 11 mense dood is en tientalle beseer is, is aangekla op agt klagte van tweedegraadse moord. Agt van die slagoffers is op die toneel dood en nog drie het in die hospitaal gesterf. Sommige van die beseerdes is in ‘n […]
Trump-tariewe stop nuwe lokomotiewe – vir eers - April 28, 2025
TransNamib het nie openbare tenders uitgereik om 23 nuwe lokomotiewe te bekom nie, na dit ‘n lening van 2,6 miljard Namibiese dollar daarvoor gekry het. Die entiteit het gesê dat dit reeds ‘n betroubare lokomotief-verskaffer het, naamlik General Electric Wabtec. Die AR-leier Job Amupanda het in die parlement gevra of die ooreenkoms heroorweeg sal word […]