Koop van vervalle gebou ‘lyk na korrupsie’ - April 28, 2025
Die Vereniging van Staatsamptenare het die Departement van Verdediging se plan veroordeel om 181 miljoen Suid-Afrikaanse rand te bestee aan die aankoop van ‘n klaarblyklik vervalle gebou in Midrand, Johannesburg. Claude Naiker van die vereniging sê die plan om ‘n gebou in Halfway Gardens aan te koop, ten spyte van ‘n inspeksieverslag wat strukturele gebreke […]
Putin moet sit en skietstilstand bekragtig, sê Trump - April 28, 2025
Donald Trump sê hy is baie teleurgesteld met Rusland oor sy aanvalle op Oekraïne, ook dié in Kiëf waar nege mense Vrydag dood is. Amerika se president was in die Vatikaan in gesprek met Volodymyr Zelensky in hul eerste persoonlike ontmoeting sedert hul uitval in die Withuis. Oekraïne se president sê die vergadering kort voor […]
Madrid-wenner Zverev kap elektroniese lynbleslissing - April 28, 2025
Tennis: Alexander Zverev glo daar was ‘n fout met die elektroniese stelsel vir lynbeslissings tydens sy oorwinning in die Madrid Ope op Sondag. Die Duitser kon ‘n stewige boete ontvang nadat hy sy foon uitgehaal vir ‘n foto van ‘n betwiste beslissing. Hy was ontevrede toe die tegnologie getoon het ‘n rughandhou van sy teenstander […]
Miljoene op staatsbegrafnisse, vierings, bestee - April 28, 2025
Staatsbegrafnisse het belastingbetalers 38,4 miljoen Namibiese dollar in die 2024-25 boekjaar gekos. Daar was 16 begrafnisse waaronder president Hage Geingob en stigterspresident Sam Nujoma. Volgens eerste minister Elijah Ngurare het sy kantoor 1,9 miljard dollar in die begroting ontvang. Hy sê verder 2,5 miljoen dollar is op Heldedag vieringe bestee en 25,6 miljoen dollar op […]
Okahandja se expo is uitgestel, vergadering vanmiddag oor nuwe datum - April 28, 2025
Die vergadering vanmiddag oor Okahandja se toerisme en handels-expo is net om ‘n datum te bepaal. Die munisipaliteit het te kenne gegee dat die geleentheid wel uitgestel is na ‘n vergadering wat Sondag gehou is. Kosmos 94.1 Nuus het met die burgemeester van Okahandja, Beatrice Kotungondo, gepraat.
Angola sukkel met lae olieprys, sal dalk IMF-lening neem - April 28, 2025
‘n Daling in ru-oliepryse verhoog die waarskynlikheid dat Angola ‘n lening van die Internasionale Monetêre Fonds sal benodig. Die buurland se regering voer strestoetse uit om die impak op sy finansies te meet. Afrika suid van die Sahara se tweede grootste ru-olie-uitvoerder het sy 2025-begroting gebaseer op ‘n olieprys van 70 Amerikaanse dollar per vat, […]
BOSA het ekonomiese plan vir 5% groei - April 28, 2025
Terwyl Suid-Afrika vandag op Vryheidsdag 30 jaar van demokrasie vier, wil Build One South Africa die dag gebruik om ʼn dapper nuwe visie vir land se toekoms bekend te stel. BOSA gaan sy plan, A Growth Charter for South Africa: A Path to 5% Economic Growth, onthul. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê dis ʼn […]
Noord-Korea beken hy het soldate in Rusland - April 28, 2025
Noord-Korea het vandag vir die eerste keer bevestig dat hy troepe gestuur het om vir Rusland te veg in die Oekraïne op bevel van leier Kim Jong Un. Hulle het volgens Kim gehelp om beheer oor Russiese Koersk-gebied wat deur Oekraïne beset is, terug te kry. Rusland het op sy beurt die Noord-Koreaanse ontplooiing vir die […]
Ligte reën word die week verwag - April 28, 2025
Die Namibiese weerdiens verwag dat ligte reën vandeesweek sal voorkom met die oostelike dele, en die suide wat ook neerslae sal ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met Odillo Kgobetsi van die diens gesels.
Debmarine dryf 8% styging in diamantproduksie aan - April 28, 2025
Namibië se diamantproduksie het met 8 persent in die eerste kwartaal van 2025 gestyg tot 631 000 karaat, volgens produksiesyfers wat deur De Beers Group vrygestel is. Namibia Mining and Energy berig dat die syfers toon dat Debmarine Namibia se produksie skerp met 17 persent gestyg het tot 461 000 karaat, teenoor 395 000 karaat […]