Stad Windhoek sê oor watertariewe - April 28, 2025
Die hoofstad se watersekuriteit sal eers ná die reënseisoen ontleed en bepaal word, sê die Windhoekse munisipaliteit. Vir nou val die stad steeds in kategorie D en spaar inwoners nie genoeg water nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Lydia Amutenya, die munisipaliteit se woordvoerder, oor die kwessie gepraat: Amutenya het ook op slaggate in die […]
Gewasbestuursplanne nou belangriker as ooit - April 28, 2025
Met ligte reën wat nog vandeesmaand verwag word, word boere aangemoedig om reeds te begin voorberei vir die komende winterseisoen. Met ‘n gewasbestuursplan word boere aangeraai om hulself te vergewis van die verskeie omgewingsfaktore wat gewasproduksie beïnvloed. Kosmos 94.1 Nuus het met Hanks Saisai, die tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee by Agribank, gepraat.
Hierdie Duitsers stoei fyn en klein, maar rof - April 28, 2025
Hoe klink ‘n sessie van vingerstoei? Ongeveer 180 deelnemers het deelgeneem aan Sondag se 64ste Duitse kampioenskap in Pang, wat ongeveer ‘n uur se ry suidwes van München is. Daar word geglo dat vingerstoei, gewild in Duitsland se Alpe-streek en naburige Oostenryk, ontstaan het as ‘n manier om geskille te besleg. Die vroegste uitbeeldings van die […]
Vrae aan NNN oor Hengari se aanstelling - April 28, 2025
Die IPC se skadu geslagsminister Lilian Lutuhezi veroordeel ten sterkste die aantygings teen oud-landbouminister Mac Hengari. In ‘n verklaring sê sy die skandaal is bewys dat die regering versuim om vroueregte te beskerm. Lutuhezi sê indien die president geweet het van die klagtes teen Hengari is dit ‘n reuse vetrouensbreuk en indien nie, ontbreek oorsig. […]
Ekonoom sê NNN het gefokus op die regte goed - April 28, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het verskeie dwingende kwessies in haar eerste staatsrede aangeraak, onder meer dat tersiêre onderwys vanaf volgende jaar 100 persent deur die regering gesubsidieer sal word. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar op die staatsrede by Cirrus ekonoom Robert McGregor gekry, wat baie positief is.
SA-parlement erken uitdagings tydens Vryheidsdag vieringe - April 28, 2025
Die Parlement sê Vryheidsdag vind plaas teen die agtergrond van komplekse plaaslike uitdagings, aanhoudend hoë werkloosheid, toenemende ongelykheid, volgehoue armoede, en die voortdurende stryd teen geslagsgeweld en misdaad. Die Parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê hierdie is nie net statistieke nie, maar dringende oproepe tot verenigde optrede. Hy sê die Parlement erken dat ware vryheid […]
Trump se 100 dae: Alles is deurmekaar - April 28, 2025
President Donald Trump het in die eerste 100 dae sedert sy terugkeer as president die reël-gegronde wêreldorde omvergegooi wat Amerika ná die Tweede Wêreldoorlog help opbou het. ‘n Gewese onderhandelaar in die Midde-Ooste vir die Demokrate en die Republikeine, Dennis Ross, het aan Reuters gesê die wêreld ervaar ‘n groot ontwrigting in wêreldsake. Ross sê […]
Hengari verskyn, borg geweier - April 28, 2025
Mac Hengari het in die Windhoek-laerhof verskyn op ‘n klag van regsverydeling. Dit kom na hy blykbaar 230 000 Namibiese dollar oor die naweek aan die 21-jarige vrou met wie hy blykbaar ‘n verhouding het, wou betaal, vermoedelik dat sy klagtes teen hom terugtrek of, dat sy Kanada toe kan verhuis. Die presiese besonderhede is […]
Okahandja vergader om expo uit te stel - April 28, 2025
Die uitvoerende hoof van die Okahandja-dorspraad, Alphons Tjitombo, sê daar sal om twee-uur vanmiddag ‘n vergadering by die dorpsraad met alle belanghebbendes gehou word oor die moontlike uitstel van die dorp se toerisme en handels-expo. In ‘n uitnodigingsbrief vra hy dat almal wat betrokke is dit moet bywoon sodat die geleentheid suksesvol uitgestel en beplan […]
Brand- en Reddingsdienste spook steeds om Tokai-brand te blus - April 28, 2025
Die brand wat naby Tokai in die Tafelberg Nasionale Park in Kaapstad word, het nie oornag beduidend opgevlam nie. Die stad se woordvoerder vir Brand- en Reddingsdienste, Jermaine Carelse, sê ‘n vroue-brandbestryder is beseer en na ‘n hospitaal geneem. Brandspanne het deurnag op die brandlyn gebly. Die situasie word fyn dopgehou, en die publiek word […]