FIFA het nog nie kaartjies vir 2026 eindstryd te koop nie, ten spyte van aanlynverkope - April 28, 2025

Kaartjies vir die eindstryd van die 2026 Wêreldbeker word op ‘n derdeparty-kaartjiebeurs vir tot 1,1 miljoen Namibiese dollar verkoop, ondanks die feit dat FIFA nog geen kaartjies te koop aanbied nie. Sky News het bevind die webwerf Vivid Seats het reeds lyste vir Wêreldbeker-wedstryde in Amerika en Kanada. Die wêreldbeheerliggaam vir sokker het nou ‘n […]

Read More

Massabetoging teen moorde môre op Okahandja - April 27, 2025

‘n Massabetoging teen onlangse kindermoorde op Okahandja word môreoggend op die dorp beplan. Die burgemeester van die dorp, Beatrice Kotungondo, het Saterdag teruggekrabbel oor ‘n protesaksie wat sy aanvanklik weens die toerisme- en handelsekspo op Okahandja afgekeur het en gesê dit was ‘n misverstand. Die gemeenskap eis nou dat die ekspo volgende week afgestel word. […]

Read More

SA besighede dok op vir BTW-veranderings - April 27, 2025

Baie Suid-Afrikaanse ondernemings skarrel volgens berigte om die duur BTW-veranderings aan hul stelsels weer om te keer. Dit volg nadat die regering die BTW-verhoging van 0,5 persentasiepunte wat op 1 Mei sou intree, geskrap het weens politieke teenkanting en koalisiegeskille. Dit laat ondernemings wat in die opgradering van hul stelsels belê het, met vermorste uitgawes. News24 berig […]

Read More

Amerikaners in hof oor staatsgreeppoging in DRK - April 27, 2025

Vier Amerikaners het onskuldig gepleit op kriminele klagte in die federale hof in Utah nadat owerhede hulle van sameswering in ‘n staatsgreeppoging in die DRK beskuldig  het. Drie van die beskuldigdes is vandeesmaand aangekla ná hul terugkeer uit die DRK, insluitend Marcel Malanga, seun van wyle opposisieleier Christian Malanga. Die staatsgreeppoging in Mei 2024 was […]

Read More

Sokker: Liverpool jaag premierliga-kroon - April 27, 2025

Liverpool-bestuurder Arne Slot sê sy span weet watter groot verantwoordelikheid hulle het om die klub se 20ste top-titel te behaal. Met vier wedstryde wat oorbly, moet die Reds vandag op Anfield net een punt teen Tottenham Hotspur kry om as die Premierliga-kampioene van die 2024/2025-seisoen gekroon te word. Liverpool het dié prestasie laas in die 2019-2020-seisoen […]

Read More

Goeie vooruitsig vir slagpryse - April 27, 2025

Die jongste vleispryse is deur AMT is bekengemaak. Johan Teessen, landbou-ekonoom by AMT, het die slagpryse uiteengesit, met verwysing na Namibië en Suid Afrika. Kosmos 94.1 Nuus is ‘n trotse borg van die AMT insetsels. Al die videos en meer inligting kan gevind word op AMT se YouTube blad. 

Read More

Gekonfiskeerde selfone teen misdaad ingespan - April 27, 2025

Meer as 200 selfone wat in beslag geneem is, is heraangewend vir misdaadbestryding in Kaapstad. Die selfone is by motoriste afgeneem wat dit gebruik het terwyl hulle bestuur, en is geskenk aan buurtwagte in gebiede soos Khayelitsha, Delft en Manenberg. Die stad berig dat minder motoriste nou betrap word dat hulle selfone gebruik terwyl hulle bestuur. 

Read More

Veldbrande saai ongekende amok in VK - April 27, 2025

Veldbrande het tot dusver vanjaar reeds meer verwoesting in Brittanje gesaai as die totaal vir enige jaar in meer as ‘n dekade, dui satellietdata aan. Meer as 29 200 hektaar is tot dusver verbrand, volgens syfers van die Global Wildfire Information System. Dit is meer as die vorige piek van 28 100 hektaar vir die […]

Read More

Tennis: Sinner betaal vir sy sondes - April 27, 2025

Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, sê hy verwag nie dat dit maklik sal wees wanneer hy volgende maand na die ATP-toer terugkeer nie. Hy was drie maande geskors weens ʼn opkikkerbevinding. Die Italianer het laas gespeel toe hy die Australiese Ope aan die begin van die seisoen gewen het.  Hy is in Februarie geskors na ʼn […]

Read More

Miljoene vir nuwe spesiale skool op Kamanjab - April 27, 2025

Die sooispitseremonie vir ‘n skool wat voorsiening maak vir kinders met ‘n verskeidenheid van gestremdhede, het Saterdag op Kamanjab plaasgevind. Konstruksie aan dié skool van 34 miljoen Namibiese dollar, sal vanjaar begin. Dit sal 500 kinders kan huisves en sal klaskamers en ‘n koshuis insluit. Onderwysminister Sanet Steenkamp het tydens die seremonie gesê die waardigheid […]

Read More