Baynes is op Himba se voorvaderlike grond - October 15, 2025
Gemeenskapslede in die Kunene-streek opper teenkanting teen die Baynes Hidroëlektriese-projek. Meer as ‘n duisend inwoners van die streek, meestal van die Orokaue, Omaanda en Omuhonga nedersettings, het ‘n petisie daaroor ingedien. Volgens ‘n plaaslike navorser, Alphons Koruhama, is die dam se terrein op voorvaderlike grond. Kosmos 94.1 Nuus het met Koruhama gepraat, wat sê die […]
Gucci, Chloe en Loewe met miljarde beboet - October 15, 2025
Die Europese Unie het die luukse modehandelsmerke Gucci, Chloe en Loewe boetes van meer as 3 miljard Namibiese dollar opgelê vir die vasstelling van herverkooppryse. Dit volg nadat die Europese Kommissie in April 2023 verrassingsklopjagte op die maatskappye gedoen het. Die kommissie sê hy het die boetes opgelê omdat die drie handelsmerke onafhanklike kleinhandelaars se […]
Stad Whk verwyder rioolblokkering - October 15, 2025
Die Stad Windhoek het bevestig dat hulle ‘n rioolblokkering in sentraal-Katutura suksesvol oopgemaak het. Woordvoerder Lydia Amutenya sê munisipale spanne is na die betrokke gebied gestuur om normale rioolvloei te herstel en die terrein skoon te maak. Sy het egter kommer uitgespreek oor voortdurende vandalisme wat die stad se riool-infrastruktuur teiken. Amutenya sê ernstige vandalisme […]
Madlanga: Beperkte mediatoegang - October 15, 2025
Afgetrede adjunkhoofregter Mbuyiseli Madlanga het beperkte mediatoegang verleen by die voortgesette ondersoek in Pretoria, terwyl vyf geheime getuies voorberei om te getuig. Die ooreenkoms tussen die kommissie, News24 en Daily Maverick laat afstandgetuienis sonder kamera’s toe ten einde getuies se identiteit te beskerm, maar ook openbare toegang te verseker. Hoofgetuienisleier Matthew Chaskalson sê die reëling […]
Weermag neem oor in Madagaskar - October 15, 2025
‘n Bevelvoerder van Madagaskar se elite Capsat weermag-eenheid, kolonel Michael Randrianirina, het Dinsdag gesê die weermag het die mag oorgeneem nadat president Andry Rajoelina deur wetgewers aangekla is. Randrianirina het op nasionale radio verklaar dat die weermag alle instellings behalwe die Nasionale Vergadering sal ontbind. Hy het aan verslaggewers gesê ‘n komitee onder leiding van […]
Vredesplan wankel effe, Israel sny hulp, skiet Palestyne dood - October 15, 2025
Israel sal volgens berigte nie die Rafah-grensoorgang tussen Gaza en Egipte vandag heropen nie en sal die vloei van hulp na die gebied verminder. Reuters berig die besluit het gekom nadat Hamas Maandag net vier van die gestorwe 28 Israeliese gyselaars se liggame terugbesorg het. In Gaza het die Palestynse burgerlike verdediging aan die BBC […]
Ministers kry opdrag om Botswana-ooreenkomste te onderteken - October 14, 2025
Die kabinet het die ondertekening van memorandums van verstandhouding tussen Namibië en Botswana op vyf gebiede goedgekeur. Dit is energiebronne, arbeidssamewerking en meer. Met die aankondiging van die kabinetsbesluite sê inligtingsminister Emma Theofelus dat die lynministers opdrag gegee is om die ooreenkomste te onderteken.
UDM-jeug vra optrede teen tienerswangerskappe - October 14, 2025
Die UDM se jeugorganisasie eis dat die regering ‘n plan moet skep om die voortdurende toename in tiener- en kinderswangerskappe in Suid-Afrika aan te pak. Die woordvoerder, Zintombi Sododile sê volgens onlangse verslae het 31 000 meisies tussen 10- en 19-jaar-oud die afgelope jaar in KwaZulu-Natal geboorte gegee en meer as 23 000 tienerswangerskappe is […]
Trump nou op pad na Maleisië - October 14, 2025
Amerikaanse president Donald Trump sal die seremoniële ondertekening van ‘n vredesooreenkoms tussen Thailand en Kambodja by ‘n komende beraad bywoon. Spanning tussen Thailand en Kambodja het in Julie in die dodelikste militêre botsings in dekades ontaard, met meer as 40 mense wat gesterf het en bykans 300 000 het uit hul huise gevlug. Die twee […]
Plumtree besef Haaie móét 2 tuiswedstryde wen - October 14, 2025
Rugby: Die hoofafrigter van die Haaie, John Plumtree, besef hoe belangrik dit is vir sy span om die volgende twee Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryde tuis te wen. Hulle het in die laaste drie wedstryde oorsee twee keer verloor, met nederlae teen Glasgow en Leinster, en gelykop teen die Dragons. Die Haaie speel Sondag teen Ulster, gevolg deur […]