EFF volstoom in BTW-stryd - April 27, 2025

Die EFF het aanvullende hofdokumente by die Wes-Kaapse Hoogeregshof ingedien om in te gryp in die voortgesette regsuitdaging met betrekking tot die fiskale raamwerk en belastingvoorstelle wat deur die Parlement aangeneem is. Die tesourier-generaal van die EFF, Omphile Maotwe, sê die ingryping is gegrond op die party se vasberadenheid om grondwetlike beginsels te handhaaf. Sy […]

Read More

Voertuig tref skare in Kanada - April 27, 2025

‘n Dertigjarige man is in hegtenis geneem nadat verskeie mense dood en verskeie ander beseer is toe ‘n voertuig in ‘n skare by ‘n straatfees in Vancouver in Kanada ingejaag het. Die voorval het by die Lapu Lapu-dagblokpartytjie – vernoem na ‘n nasionale held van die Filippyne – plaasgevind. Volgens die polisie is die verdagte, wat […]

Read More

Gemengde gevegskuns: Saaiman plat ná net twee minute by UFC - April 27, 2025

Cameron Saaiman, Dricus du Plessis se spanmaat, het gisteraand in ‘n UFC toernooi in Kansas City ‘n verpletterende nederlaag in net twee minute van sy geveg teen die nuweling, Malcolm Wellmaker, beleef. Saaiman het op teleurstellende wyse, voorheen twee gevegte agtereenvolgens verloor, wat sy loopbaan niks goed gedoen het nie. Hy het gehoop om weer […]

Read More

Minister stuur NamPol se ‘beste’ na Okahandja - April 27, 2025

Veiligheid- en sekuriteitsminister Lucia Iipumbu sê sy het die hoof van die Namibiese polisie beopdrag om Nampol se beste te ontplooi om die kindermoorde op Okahandja “dringend en deeglik” te ondersoek en die skuldiges vinnig te vang. Die regering sal nie die vernietiging van onskuldige kinderlewens duld nie, sê Iipumbu. Haar reaksie volg op die […]

Read More

Tanzanië hef invoerverbod op SA-produkte op - April 27, 2025

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, het Tanzanië se besluit om sy invoerverbod op Suid-Afrikaanse landbouprodukte op te hef, met ope arms verwelkom. Die woordvoerder van die ministerie, Chrispin Phiri, sê dié besluit volg op konstruktiewe diplomatieke betrokkenheid tussen die minister en sy eweknie en hy het die volgehoue krag van bilaterale […]

Read More

Titanic-brief behaal rekordprys - April 27, 2025

’n Brief geskryf deur ’n Titanic-passasier dae voordat die skip gesink het, is vanoggend vir ’n rekord 300 000 Britse pond op ’n veiling in die Verenigde Koninkryk verkoop, vyf keer meer as wat verwag is. Kolonel Archibald Gracie se brief word as profeties beskou, want hy sê hy sou eers ‘n oordeel oor die […]

Read More

Rugby: Skeidsregter stop wedstryd in premierliga - April 27, 2025

Skeidsregter Ngatatue Mate het Saterdag die NRU-premierliga-wedstryd tussen FNB Rehoboth en FNB Wanderers beëindig toe hy geweier het om die tweede helfte te begin. Blykbaar het Mate bedreig gevoel het nadat sommige van sy besluite in die eerste helfte bevraagteken is, berig Sport Wrap FNB Wanderers was met 29-0 voor nadat hulle vyf drieë gedruk het […]

Read More

‘Opveil van viskwotas kortwiek Namibiërs’ - April 27, 2025

Die Konfederasie vir Namibiese Visverenigings het ‘n beroep op die regering gedoen om nie langer viskwotas op te veil nie. Matti Amukwa, voorsitter van die vereniging, het Vrydag tydens die jaarlikse byeenkoms van dié bedryf in Walvisbaai gesê die opveil van kwotas belemmer Namibiërs se deelname in die bedryf. Die regering se veilingsproses is ‘n […]

Read More

Ebola-uitbreking in Uganda verby - April 27, 2025

Uganda het Saterdag ‘n einde verklaar aan die land se jongste uitbreking van ebola, drie maande nadat owerhede gevalle van die hoogs aansteeklike en dikwels dodelike infeksie in die hoofstad Kampala bevestig het. Die Oos-Afrika-land het sy jongste uitbreking op 30 Januarie aangekondig ná die dood van ‘n verpleër wat positief getoets het vir die […]

Read More

Eer pous se nalatenskap, vra kerk - April 27, 2025

Presidente, koninklikes en ‘n menigte roubeklaers het tydens ‘n plegtige begrafnisseremonie, Pous Franciskus vaarwel geroep. ‘n Kardinaal het ‘n beroep gedoen om die pous se nalatenskap van sorg vir hawelose mense, die onderdruktes en die omgewing, lewend te hou. ‘n Geskatte 250 000 mense het die seremonie bygewoon. Amerikaanse president Donald Trump, wat met die […]

Read More