Tennis: Arnaldi skakel Djokovic uit - April 27, 2025
Die ongekeurde Italiaaner, Matteo Arnaldi het gister die vierde gekeurde Novak Djokovic by die Madrid Open oorweldig. Arnaldi het ‘n geïnspireerde vertoning gelewer teen sy lewenslange held en die driemalige kampioen, wat nie op sy beste was nie, met 6-3, 6-4 in die tweede ronde uitgeskakel. Dit is Djokovic se derde opeenvolgende nederlaag nadat hy […]
Landbouminister Hengari agter tralies, bedank - April 27, 2025
Namibië se nuwe landbouminister, Mac Hengari, is Saterdagmiddag in hegtenis geneem ná hy glo ‘n 21-jarige vrou wat hom van verkragting beskuldig, met 230 000 Namibiese dollar in kontant probeer omkoop het om die saak te laat vaar. Die polisie ondersoek verskeie klagte teen Hengari, insluitend verkragting, geslagsgebaseerde geweld en onwettige aborsie. Hengari het intussen […]
Vryheidsfront Plus eis ingryping by Tshwane se water - April 27, 2025
Die Vryheidsfront Plus in Tshwane eis dringende ingryping by wat hy beskou as die toenemende krisis wat volhoubare watervoorsiening in die metro bedreig. Anne-Marie Sparg van die VF Plus sê die metro moet Rand Water betaal vir elke druppel water wat hy gebruik, en die gelisensieerde waterkwota word gereeld oorskry. Sy sê ernstige redes tot […]
Trump, Zelensky praat by pous se begrafnis - April 27, 2025
Die Amerikaanse president Donald Trump en Oekraïense leier Volodymyr Zelensky, wat gister in Rome was vir die begrafnis van Pous Franciskus, het in ‘n een-tot-een gesprek in die Vatikaan probeer om die wankelende vredespogings in Rusland se oorlog met Oekraïne weer op koers te kry. Zelensky het gesê die vergadering kan geskiedkundig wees as dit […]
Rugby: Wennaweek vir al SA-spanne - April 27, 2025
Al vier die Suid-Afrikaanse spanne het hierdie naweek hul wedstryde in die United Rugby Championships gewen. Die Bulle het die verdedigende kampioene Glasgow met 26-19 op Scotsdoun-stadion verslaan, en die Haaie het Ulster in Belfast met 22-19 oorwin. Die Leeus het Connacht op Ellis Park met 26-7 geklop. Gisteraand was die Stormers uitstekend op hul […]
Ontplooi weermag in Okahandja, vra burgemeester - April 27, 2025
Okahandja se burgemeester, Beatrice Katungondo, het vir die ontplooiing van die weermag in die dorp gevra om die gemeenskap te beveilig ná twee jong dogtertjies binne in maand op dié dorp vermoor is. In die jongste voorval is die liggaam van die sesjarige Roslin Fabian Vrydag in Veddersdal gevind. Katungondo het Saterdag tydens ‘n nuuskonferensie […]
Eerste Afrikaners pak tasse vir Amerika - April 27, 2025
Die eerste sogenaamde Afrikaner-vlugtelinge staan blykbaar gereed om volgende week na Amerika te verhuis. Volgens ‘n groep genaamd “Amerikaners”, wat uit sowat 40 000 vlugtelinge bestaan, is ongeveer 30 aansoeke van gesinne reeds verwerk. Dit volg op die uitvoerende bevel van Amerika se president Donald Trump onlangs om vlugtelingstatus aan Afrikaners te bied.
Reuse-ontploffing ruk hawe in Iran - April 27, 2025
‘n Reuse-ontploffing by Iran se grootste hawe, oënskynlik die gevolg van houers chemikalië wat verkeerd geberg is, het Saterdag die lewens van ministens vier mense geëis en meer as 500 mense beseer. Die ontploffing, wat by die Shajid Rajaee-deel van die Bandar Abbas-hawe geruk het, het gebeur terwyl Iran ‘n derde ronde onderhandelinge oor kernkrag […]
Londense Marathon jaag rekords - April 27, 2025
Rekords gaan vandag na verwagting in die 45ste Londense Marathon spat. Vanjaar se byeenkoms mik om die wêreldrekord vir die meeste voltooiers in ‘n marathon te verbeter. Met meer as 56 000 mense wat na verwagting gaan hardloop, kan die wedloop die 55 646 voltooiers by verlede jaar se New York-marathon oortref.
Burgemeester soek meer patrollies op Okahandja - April 26, 2025
Die burgemeester van Okahandja, Beatrice Kotungondo, het ‘n beroep op die polisiehoof van die Otjozondjupa-streek gedoen om nouer met dié dorp se gemeenskap saam te werk en patrollies te versterk ná die liggaam van die sesjarige Roslin Fabian Vrydag agter die begraafplaas in Veddersdal gevind is. Dit is net ‘n maand ná vyfjarige Ingrid Maasdorp […]