DRK, Rwanda werk aan skietstilstand - April 26, 2025
Die Demokratiese Republiek die Kongo en Rwanda het ʼn ooreenkoms onderteken om mekaar se soewereiniteit te respekteer en aan ʼn skietstilstand te werk. Die oostelike deel van die DRK is sedert Januarie betrokke in gevegte met die Rwandees-gesteunde M23-rebelle. Die ooreenkoms is in Washington onderteken deur die DRK en Rwanda se ministers van buitelandse sake, […]
NNN-afgevaardigde by pous se begrafnis - April 26, 2025
Pous Franciskus het tot sy laaste dag op aarde van homself gee, het kardinaal Giovanni Battista vanoggend in Rome tydens die begrafnisdiens van die ontslape kerkleier gesê. Battista, wat die diens gelei het, sê hy was ʼn pous tussen mense met ʼn oop hart vir almal. Namibië se minister van buitelandse betrekkinge, Selma Ashipala-Musavyi, woon die […]
Blitsbokke kry ‘wedstrydwenners’ terug - April 26, 2025
Quewin Nortjé, Ronald Brown en Mfundo Ndhlovu keer terug na die Springbok-sewesspan vir volgende naweek se wêreldreeks-toernooi in Los Angeles, Amerika. Die trio het onlangse toernooie gemis weens beserings. Hulle vervang Donavon Don en Dewald Human, wat in Singapoer beseer is, en Sebastiaan Job, wat ‘n skorsing uitdien. Hoofafrigter Philip Snyman sê hulle sal die […]
Honderde gesondheidswerkers vang graad by Unam - April 26, 2025
Altesaam 501 gesondheidswerkers van die Universiteit van Namibië het Vrydag graad gevang, waarvan 190 verpleegsters is. Volgens die visekansalier van Unam, professor Kenneth Matengu, sal die nuut gegradueerdes baie help om gelyke gesondheidsorg vir almal te bevorder. Die kabinet het vroeër vanjaar die beleid vir universele gesondheidsdekking goedgekeur.
ANC hou vol RNE staan sterk - April 26, 2025
Die ANC hou vol die regering van nasionale eenheid bestaan nog en alle partye is tot samewerking verbind. ʼn Afvaardiging ANC- en DA-leiers het Vrydag vergader om die jongste politieke verwikkelinge in die land te bespreek. Dit sluit die nasionale begroting en skrapping van die BTW-verhoging van 0,5-persentasiepunte in. Die ANC-woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, het in […]
Mangione ontken skuld in UnitedHealthCare-moord - April 26, 2025
Luigi Mangione het Vrydag skuld ontken op die aanklag van moord op die versekeringsbestuurder Brian Thompson. Mangione het in ‘n hof in Manhattan skuld ontken op vier klagte wat die eerste saak is waarin die departement van justisie die doodstraf eis sedert president Donald Trump se terugkeer na die Withuis. Mangione is in die deelstaat […]
Tennis: Zverev speel klaar met Agut in Madrid Ope - April 26, 2025
Die tweemalige kampioen, Alexander Zverev, is deur na die Madrid Ope se derde ronde. Die Duitser het Roberto Bautista Agut van Spanje met 6-2, 6-2 afgeransel om sy sesde agtereenvolgende oorwinning te behaal. Die derde-gekeurde Amerikaner, Taylor Fritz vier sy terugkeer na die ATP-toer met ʼn sege oor die Australiër, Christopher O’Connell. Die Noorweër Casper […]
Namcor opgewonde oor Oranjekom - April 26, 2025
Namcor het meer besonderhede bekend gemaak oor Rhino Resources wat koolwaterstowwe getref het in sy jongste eksplorasie-veldtog aflandig van Namibië se kus. Die vonds is gemaak in die Capricornus-1x-eksplorasieput in PEL 85, waar boorwerk twee maande gelede begin het. Utaara Hoveka, kommunikasiebeampte by Namcor, het meer oor die ontdekking:
DRK-wildtuin vier eeufees met sjokolade-gorillas - April 26, 2025
Die Virunga Nasionale Park in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo vier sy eeufees deur 25 000 handgemaakte sjokolade-gorillas te vervaardig. Die lekkergoed bevat 63 persent donker sjokolade en is gemaak van plaaslike kakao. Dit sal ook die belangrikheid van die beskerming van die bedreigde spesie beklemtoon. Die sjokolade-gorillas sal op Europese markte […]
FBI gryp regter oor immigrant - April 26, 2025
Die FBI het ʼn regter in die Milwaukee-distrik, Hannah Dugan, gearresteer en aangekla van regsverydeling nadat sy na bewering ʼn onwettige immigrant gehelp het om inhegtenisneming te ontduik. FBI-direkteur Kash Patel sê hulle glo regter Dugan het federale agente doelbewus mislei om te keer dat die Mexikaan, Eduardo Flores-Ruiz, in haar hof gearresteer word. Dugan […]