Godongwana weier om te bedank ná BTW-herrie - April 26, 2025

Suid-Afrika se minister van finansies, Enoch Godongwana, verwerp oproepe dat hy bedank nadat hy die beplande BTW-verhoging van 0,5 persentasiepunte omgekeer het. Die voorstel dat BTW oor twee jaar met een persent verhoog word, moes die staatskas aanvul, maar het teenstand gekry van sommige politieke partye en die sakesektor. Die skrapping laat ʼn tekort van […]

Read More

Rusland, Oekraïne op koers, sê Trump - April 26, 2025

Amerikaanse president Donald Trump het Vrydag gesê Rusland en die Oekraïne “is baie naby aan ‘n ooreenkoms”, ure nadat sy gesant Steve Witkoff en die Russiese president Vladimir Poetin samesprekings in Moskou gevoer het. Volgens Trump was dit ’n “goeie dag” van onderhandelinge, terwyl die Kremlin die samesprekings – waarby die Oekraïne nie teenwoordig was nie […]

Read More

Legendariese langasem van Afrika weer in Londense Marathon - April 26, 2025

Die marathon-legende Eliud Kipchoge sal môre na die Londense Marathon terugkeer nadat hy in 2020 laas deelgeneem het. Die 40-jarige Keniaan is ‘n viermalige kampioen in die Britse hoofstad en tweemalige Olimpiese gouemedaljewenner, en mik om ‘n rekord vyfde oorwinning te behaal. Kipchoge sal na ‘n moeilike seisoen verlede jaar sterk mededinging hê van die […]

Read More

Kabinet keur kwota vir monnikvis goed - April 26, 2025

Die kabinet het ‘n totale  toelaatbare vangs van 9 600 metrieke ton monnikvis vir die komende seisoen goedgekeur. Die seisoen begin op 1 Mei en strek tot 30 April 2026, het inligtingsminister Emma Theofelus Vrydag aangekondig. Volgens die jongste syfers van die Namibiese Statistiekagentskap is die land se uitvoerverdienste uit vis onder druk. In die […]

Read More

DA vra onafhanklike hersiening van BEE-raamwerk - April 26, 2025

Die DA sê hy het suksesvol gesorg vir ‘n hersiening van die swart ekonomiese bemagtigingsraamwerk. Verslae wat deur die parlement se portefeuljekomitee oor handel, nywerheid en mededinging aangeneem is, beklemtoon kommer oor kaping deur die elite en die beperkte uitwerking van SEB op werkskepping. Toby Chance van die DA vra ’n onafhanklike hersiening en beklemtoon […]

Read More

Pous Franciskus vandag ter ruste gelê - April 26, 2025

Sowat 200 000 mense sal na verwagting vandag pous Franciskus se begrafnis in Rome bywoon, insluitend sowat 130 afvaardigings. Die 88-jarige pous is Maandag dood na ʼn beroerte en hartversaking. Wêreldleiers, waaronder sir Keir Starmer van Brittanje, president Donald Trump van Amerika en president Emmanuel Macron van Frankryk, het reeds in Rome aangekom. Minstens 250 […]

Read More

Atletiek: Padwedloopkampioenskap van die baan - April 26, 2025

Wêreld-Atletiek het aangekondig dat vanjaar se Padwedloopkampioenskap gekanselleer is, ‘n maand nadat dit van die oorspronklike gasheerstad, San Diego in Amerika, verskuif is. Die bestuursliggaam sê hy het gesprek gevoer met ‘n aantal potensiële alternatiewe gasheerstede, maar besluit om die byeenkoms te kanselleer omdat daar nie genoeg tyd is vir noodsaaklike beplanning en voorbereiding vir […]

Read More

Kabinet erken AU se reparasies vir Afrikane-tema - April 25, 2025

Die Kabinet het die belangrikheid erken om nasionale aktiwiteite in lyn te bring met die AU se 2025-tema van die Jaar: Geregtigheid vir Afrikane en mense van Afrika-afkoms deur middel van reparasies. Alle kantore, ministeries en agentskappe is opdrag gegee om hierdie tema te integreer. Inligtingsminister Emma Theofelus het die besonderhede.

Read More

Helikopter help met Tafelberg-veiligheid - April 25, 2025

SANParke het veiligheid in die Tafelberg Nasionale Park verskerp deur ‘n helikopter van die Krugerwildtuin te ontplooi. Die lug-ondersteuning is deel van SANParke se veiligheid- en sekerheidstrategie wat see-, lug- en bergspanne insluit. JP Louw van SANParks sê die helikopter dien as sigbare afskrikmiddel en verseker vinnige reaksie op moontlike bedreigings. Hy sê dis al […]

Read More

Nikki Glaser bied weer Golden Globes aan - April 25, 2025

Die komediant Nikki Glaser bied in 2026 die Golden Globes vir die tweede agtereenvolgende jaar aan. Die geleentheid wat die beste bydraes in film en televisie vereer en bekend staan as Hollywood se partytjie van die jaar, vind op 11 Januarie by die Beverly Hilton plaas. Vanjaar se Golden Globes het sowat 9,3-miljoen kykers gelok […]

Read More