Gholf: TGL kyk na insluiting van vrouespelers - April 25, 2025
Samesprekings duur voort om die tegnologie-gedrewe liga van Tiger Woods en Rory McIlroy, die TGL Golf-liga, uit te brei om ‘n vroueliga in te sluit. Dit is volgens die uitvoerende hoof van TMRW Sports, Mike McCarley, wat die TGL saam met Woods en McIlroy gestig het. Die liga bestaan op die oomblik uit ses vierman-spanne, […]
Presidentskantoor se begroting-toewysing in NV - April 25, 2025
Die begroting word steeds in die Nasionale Vergadering bespreek. Die wetsontwerp is nou in die komiteefase. Al die verskeie stemme en ontwikkelingsprojekte van die sektore word uiteengesit. Tydens vanoggend se sessie het die eerste minister, dr. Elijah Ngurare, die toewysing aan die presidentskantoor voorgelees. Die kantoor het meer befondsing ontvang as gevolg van drie nuwe […]
BTW-skrapping ‘pleister op oop wond’ - April 25, 2025
Die landbou-organisasie, TLU SA, sê die land se grootste tekortkoming is nie ʼn fiskale tekort nie, maar ʼn gebrek aan integriteit, bevoegdheid en politieke wil. Die organisasie het die skrapping van ʼn BTW-verhoging van 0,5-persentasiepunte verwelkom, maar sê dis bloot ʼn pleister op ʼn oop wond. Bennie van Zyl van TLU SA sê die ekonomiese […]
Trump-gesant, Putin ontmoet oor Oekraïne - April 25, 2025
Die Amerikaanse gesant, Steve Witkoff, het vandag met die Russiese president Vladimir Putin in Moskou vergader om Washington se plan vir die beëindiging van die konflik in Oekraïne te bevorder, ‘n dag nadat president Donald Trump ‘n regstreekse beroep op sy Russiese eweknie gedoen het om sy aanvalle te staak. Rusland het sy volskaalse aanval […]
Lucas Radebe is Leeds United se eerste wêreld-ambassadeur - April 25, 2025
Die voormalige Bafana Bafana-kaptein, Lucas Radebe, is as Leeds United se eerste wêreld-ambassadeur aangewys. Die 56-jarige het die Engelse sokkerspan van 1994 tot 2005 gelei en in 262 wedstryde gespeel. Sy aanwysing as wêreld-ambassadeur erken Radebe se reusebydrae to die klub en sy gemeenskapsleierskap. Leeds is van die 2025/26-seisoen deel van die Engelse Premierliga ná […]
Lewendehawe Produkteraad doen weg met kontant - April 25, 2025
Die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad het aangekondig dat hulle kontantlose transaksies in hul bedrywighede gaan implementeer vanaf 1 Junie. Kliënte word aangemoedig om debiet- en kredietkaarte te gebruik, asook EFT-betalings te maak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Anja Boshoff, die vleisstandaarde bestuurder by die raad. Boere word ook daaraan herinner dat veebrandmerke op […]
Van Blerk-broers op pad na Wêreld Boogjagter Kampioenskap - April 25, 2025
Twee van die Boogskietvereniging van Namibië se beste skutte sal die beste ter wêreld aandurf by die gesogte Wêreld Boogjagter Kampioenskap in Suid-Afrika. Henk en Hofmeyr van Blerk sal teen meer as 400 boogskutters uit verskillende lande in onderskeidelik die volwasse boogjagter onbeperkte afdeling vir mans en die volwasse vryslag onbeperkte afdeling meeding. Die kampioenskap […]
Brandstofpryse bly dieselfde in Mei - April 25, 2025
Die energieministerie het aangekondig dat die brandstofpryse onveranderd sal bly in Mei. Petrol sal dus steeds 20 dollar 67 sent per liter aan die kus kos, terwyl diesel 50 dpm 20 dollar 62 sent sal kos en diesel 10 dpm, 20 dollar 72 sent. Die ministerie se woordvoerder, Anna Salkeus gee redes vir die besluit.
Ekoloog kap Afrika-energiekamer oor ‘Drill, baby, drill’ - April 25, 2025
By die Internasionale Energiekonferensie het die voorsitter van die Afrika-energiekamer, NJ Ayuk, Namibië aangespoor om sy olie- en gasbronne ten volle te benut, ten spyte van wêreldwye oproepe vir ‘n groenekonomie. Ayuk het Donald Trump se slagspreuk “Drill, baby, drill” herhaal en gesê die land moet alle energiebronne gebruik om in sy behoeftes te voorsien. […]
Borgskap aan Okahandja-dorpsraad dalk onttrek oor Maasdorp-betoging - April 25, 2025
Ants Mobile Billboards, ‘n maatskappy gebaseer in Okahandja, het gedreig om sy eenmalige borgskap vir buitelug-advertensies aan die plaaslike dorpsraad te onttrek indien dit voortgaan om ‘n beplande demonstrasie wat geregtigheid vir Ingrid Maasdorp eis, te blokkeer. Die maatskappy het belowe om die protes te ondersteun deur 500 plakkate aan organiseerders te skenk en het […]