Kaart- en EFT-bedrog in land neem toe - April 25, 2025
Kaartbedrog in Namibië het toegeneem van 18 miljoen Namibiese dollar in 2023 tot 19 miljoen dollar in 2024, volgens die jongste finansiële stabiliteitsverslag wat deur die Bank of Namibië en die Namfisa vrygestel is. EFT-bedrog het ook gestyg tot 29 miljoen dollar, van 17 miljoen dollar in 2023. E-geld-bedrog het egter met 2,7 miljoen dollar […]
Meer reën, koue (nou al!) op pad - April 25, 2025
Namibië kan reën verwag tot in die winter weens La Niña wat steeds in sirkulasie in die land is. Pak solank al jou winterjasse uit want dit gaan koud word. Weerkenner Johan van den Berg het meer.
Tanzanië verbied landbou-invoere uit SA, Malawi - April 25, 2025
Tanzanië het alle landbou-invoere vanuit Suid-Afrika en Malawi verbied wat die streekshandelsgeskil vererger het. Die minister van Landbou, Hussein Bashe, sê die stap het ten doel om Tanzaniese sakebelange te beskerm. Die verbod volg ná ‘n langdurige verbod op piesanginvoere in Suid-Afrika en Malawi se beperkings op Tanzaniese produkte vroeër. Bashe het burgers verseker voedselsekerheid […]
Senior Russiese offisier sterf in motorbom-ontploffing - April 25, 2025
‘n Senior Russiese militêre offisier is vanoggend dood in ‘n motorbomontploffing naby Moskou. Die owerhede sê Yaroslav Moskalik se dood is veroorsaak deur die aktivering van ‘n tuisgemaakte ploftoestel gevul met vernietigende materiaal. Hulle het niemand van die aanval beskuldig nie, maar volgens Reuters is verskeie senior Russiese militêre offisiere in sluipmoord-aanvalle dood sedert die […]
Le Roux, Van Staden terug vir Bulle teen Glasgow Warriors - April 25, 2025
Rugby: Die Springbok-heelagter Willie le Roux en flank, Marco van Staden, is terug in die Bulle-groep wat vanaand die verdedigende kampioene, Glasgow Warriors, in die Verenigde Rugbykampioenskap in Skotland takel. Le Roux, wat in Maart ʼn operasie ondergaan het, is op die bank terwyl Van Staden op nommer agt begin nadat hy verlede naweek se […]
Sprinkane saai verwoesting in dele van Zambezi-streek - April 25, 2025
Sprinkane het na die goeie reën verwoesting begin saai in landerye in sommige noordelike areas. Die Zambezi-streek is veral hard getref en die landbouministerie het sowat 1 965 hektaar se landerye bespuit. Kosmos 94.1 Nuus het met Zambezi-goewerneur Lawrence Sampofu gesels, wat sê dinge lyk nie goed nie en ‘n groot probleem uitwys.
ANC maak plan met interne etiek, dissipline - April 25, 2025
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party is besig om streng interne meganismes in te stel om etiese leierskap, doeltreffende regering en deursigtige besluitneming te verseker. Hy het die slotrede gelewer by die party se Noord-Kaapse provinsiale konferensie waar Zamani Saul onbestrede vir ʼn derde termyn as provinsiale voorsitter verkies is. Mbalula sê […]
Beste oorsese reisbestemmings in Mei - April 25, 2025
Toronto, Kanada, is boaan Time Out se 15 beste reisbestemmings vir die Mei-vakansie. Die grootste aantrekkingskrag in Toronto is High Park, waar meer as 2 000 kersiebome in ʼn kleurespel van wit en pienk blom. Hokkaido, Japan, is tweede en bekend vir sy Matsumae-park, met 250 verskillende soorte kersiebloeisels. Derde is Athene in Griekeland om […]
SuperSport sal sokker Klubwêreldbekertoernooi uitsaai - April 25, 2025
Sokker: SuperSport het aangekondig dat hy die uitsaairegte vir die Klubwêreldbekertoernooi bekom het vir Afrika suid van die Sahara. Die uitsaaier sal al 63 wedstryde regstreeks uitsaai. Die toernooi sal vanaf 14 Junie tot 13 Julie in Amerika plaasvind en sal die wêreld se 32 beste klubs insluit. Mamelodi Sundowns van Suid-Afrika is een van […]
Afrika Energiekamer ondersteun Namibië se olie-ambisies - April 25, 2025
Die uitvoerende voorsitter van die Afrika Energiekamer, NJ Ayuk, het by die Namibië Internasionale Energiekonferensie sterk steun uitgespreek vir Namibië se olie-ambisies. Hy het die land se plaaslike inhoudbeleid geprys en sê alle beskikbare koolwaterstowwe moet benut word om Namibiërs te bevoordeel. Ayuk beklemtoon die ontwikkeling van plaaslike vaardighede om afhanklikheid van buitelandse kundigheid te […]