Proses rakende volksmoord vergoeding nog nie voltooi nie – NNN - April 25, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar staatsrede gesê dat sy die stryd wat haar voorgangers begin het om vergoeding van Duitsland te verseker vir die Nama-Ovaherero-volksmoord, sal voortsit. Die LPM-leier Bernadus Swartbooi het tydens die vraag-en-antwoord sessie gesê die 1,1 miljard euro wat Duitsland aanbied as vergoeding vir die volksmoord is onvoldoende. Hy wou weet […]

Read More

Inheemse mense ly onder klimaatsverandering, maar is steeds uitgesluit - April 25, 2025

‘n Nuwe VN-verslag waarsku inheemse mense wat minstens 80-persent van die wêreld se biodiversiteit beskerm, word steeds van wêreldoptrede teen klimaatsverandering uitgesluit. Ondanks hulle omvattende kennis van die omgewing, ontvang hulle minder as 1 persent van die klimaatbefondsing en hulle word dikwels van besluitneming uitgesluit. Data toon dat groen projekte soos mynbou en ontkoling inheemse […]

Read More

Kipyegon wil myl in onder 4min hardloop - April 25, 2025

Die Keniaanse driedubbele Olimpiese-kampioen Faith Kipyegon gaan op 26 Junie in Parys, Frankryk, probeer om die eerste vrou te word wat ’n myl in onder vier minute hardloop. Dit maak deel uit van Nike se Breaking4-projek, wat die handelsmerk se vorige Breaking2-projek met wêreldkampioen Eliud Kipchoge navolg. Die vise-president van Nike se sportnavorsingslaboratorium, Amy Jones […]

Read More

Stadspolisie ontplooi hommeltuie - April 25, 2025

Die hoof van die Windhoek Stadspolisie, Leevi Ileka, sê die departement gebruik tans een waarneming-hommeltuig, maar daar is planne om die vloot tot 10 uit te brei teen 2027. Die doel is om misdaad met die hommeltuie te bekamp, veral in rivierbeddings en residensiële inbrake. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met sersant Lahja Haitota van […]

Read More

Reuse-mosiehof-rol vanoggend, 145 aansoeke - April 25, 2025

Dit was ‘n bielie van ‘n mosiehof vandag voor regters Esi Schimming-Chase en Shafimana Ueitele. Daar was ‘n verstommende 145 aansoeke vir verstekvonnisse waarvan 24 op die reël 108-rol was. Banke het 67 aansoeke gebring. Hulle eis 35 eiedomme, waaronder plase, ter waarde van 65,4 miljoen Namibiese dollar terug sowel as 31 lenings met ‘n […]

Read More

Gratis varsity… wat word van privaat instellings? - April 25, 2025

Die aankondiging deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah dat tersiêre onderwys gratis sal wees, skyn die lig op privaatinstansies en hulle toekoms. In die verband het Kosmos 94.1 Nuus dr. David Namwandi, die stigter en hoof van die International University of Management genader vir sy mening. Solank die beleid voordele vir Namibiërs bied, sê hy hulle is […]

Read More

Imwala soek Shikongo, betrek by N$30m se bedrog, se bates - April 25, 2025

Die aanklaer-generaal Martha Imalwa vra vanoggend vir regter Nate Ndauendapo om die reël nisi te verleng in haar saak waar sy beslag wil lê op die bates van Elizabeth Shikongo en Lancaster Training Centre. ‘n Tydelike bevriesing is toegestaan maar, Shikongo het intussen kennis gegee dat sy die aansoek sal teenstaan. Dit hou verband met […]

Read More

Dis ‘n bron van kommer dat 7% alleen, medies kan bekostig - April 25, 2025

Behalwe vir staatsamptenare kan net 7 persent van Namibiërs mediese fondse bekostig, volgens ‘n Namfisa verslag. Bydraes het verlede jaar met 11,4 persent gestyg vanaf 2023, met die gemiddelde bydrae per begunstigde net meer as 6 900 Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, wat […]

Read More

Amushelelo sê Ingrid-protes moet voortgaan soos beplan - April 25, 2025

Die NEFF-aktivis Michael Amushelelo het Okahandja se burgemeester Beatrice Kotungondo gekritiseer omdat sy nie ‘n beplande protes oor die vyfjarige Ingrid Maasdorp se verkragting en moord goedgekeur het nie. Dit was omdat die dorp se toerisme-ekspo terselftertyd plaasvind. Amushelelo het verwys na artikel 21 van die Grondwet en sê Namibiërs het die reg om oral […]

Read More

N$550 000 se koper by Omdel gesteel - April 25, 2025

Die Namibiese polisie in Erongo sê 550 000 Namibiese dollar se koper is Maandagoggend by die Omdel-oorhoofse lyn op Hentiesbaai gesteel. Volgens die mag het die verdagtes kragpale afgesaag en 8 627 meter kopergeleiers gesteel. Die koper is nie teruggevind nie en geen arrestasies is gemaak nie. ‘n Ondersoek is aan die gang en lede […]

Read More