Sowat 30 Afrikaner-vlugtelinge deur VSA goedgekeur - April 25, 2025
Amerikaanse amptenare het onderhoude gevoer met wit Suid-Afrikaners wat vlugtelingstatus soek. Gesprekke het grondgeskille, misdaad en vermeende rassisme ingesluit. Dit kom terwyl die land vlugtelinge uit ander lande deporteer. Die onderhoude is in Pretoria gevoer en Reuters berig meer as 30 aansoekers is reeds goedgekeur. President Donald Trump het op 7 Februarie ‘n uitvoerende bevel […]
Motsepe sien uit na die Afrikabekertoernooi in Desember - April 25, 2025
Die president van Afrika se beheerliggaam, Patrice Motsepe, glo vanjaar se Afrikabekertoernooi in Marokko gaan die suksesvolste in die geskiedenis van die kompetisie wees. Die toernooi sal van 21 Desember tot 18 Januarie gespeel word. Motsepe sê Marokko is ook gereed om 2030 se Wêreldbekertoernooi saam met ander lande aan te bied:
Meer as 20 000 malariagevalle teen einde Maart - April 25, 2025
Die twee Kavango-streke het sedert die begin van die jaar 16 malariaverwante sterftes aangeteken. Voorkomende maatreëls soos binnenshuise bespuiting en die verspreiding van muskietnette moet nog alle huishoudings in die twee streke bereik. Rundu het 2 092 bevestigde gevalle met Kavango Wes wat meer as 1 400 gevalle het. The Villager berig 465 mense is in […]
Oliewet moet verander word om onder NNN te val - April 25, 2025
Die leier van die Landless People’s Movement, Bernadus Swartbooi, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah tydens die vraag-en-antwoord sessie na die staatsrede uitgevra oor die wetlike aspek van olie- en gas-besluite wat nou onder haar kantoor resorteer. Sy sê dat die wet gewysig sal word.
DA kan nie alleen krediet vat die BTW-afskaffing nie - April 25, 2025
Die Patriotic Alliance het die DA gekritiseer omdat hy krediet vat vir die skrap van die 0,5-persentasiepunt BTW-verhoging. Volgens die party het die DA gepoog om die BTW-verhoging uit te buit deur aan te dring op privatisering en ander politieke eise, soos die verwydering van die Nasionale Gesondheidsversekering en die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette. Kenny […]
Drill baby, drill… VSA versnel permitte - April 25, 2025
Die Amerikaanse Department van Binnelandse Sake beplan ‘n versnelling van permitgoedkeurings vir fossielbrandstof- en mynbouprojekte. Amerika leun swaar op fossielbrandstowwe vir energie met olie, steenkool en aardgas wat in sowat 80-persent van sy energiebehoeftes voorsien. Dié afhanklikheid is ‘n groot bron van kweekhuis gasvrystellings. Die departement sê hersienings word van ‘n jaar tot 14 dae […]
Amushelelo kom weer voor, sê hy het Shikongo-plasing verwyder - April 25, 2025
Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo se dringende aansoek teen NEFF-aktivis Michael Amushelelo is vanoggend voor regter Boas Usiku. Hy vra die hof om Amushelelo te dwing om ‘n plasing wat hy op 31 Maart vanjaar op Facebook gemaak het oor Shikongo se noodlottige motorongeluk in Desember 2022, te verwyder. Ingevolge ‘n vorige saak het […]
Saara spreek NV-personeel toe - April 25, 2025
Die speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het haar eerste toespraak aan die personeel van die Nasionale Vergadering gelewer. Tydens haar toespraak het sy oor verskeie operasionele strukture binne die parlement gepraat. Een van die dinge wat sy aangespreek het, was die begroting wat aan die Nasionale Vergadering toegeken is.
BTW is die minste van GNU se bekommernisse - April 25, 2025
‘n Ekonoom aan die Stellenbosse Bestuurskool, André Roux, sê om BTW onveranderd te hou is goeie nuus, maar hy waarsku die regering moet nog ‘n groot begrotingsgaping regstel. Hy voeg by met die laer ekonomiese groei wat verwag word, sal belastinginkomste selfs verder krimp. Roux glo die beste oplossing is om verkwistende staatsbesteding te besnoei […]
Putin loop deur onder wêreldleiers - April 25, 2025
Wêreldleiers veroordeel Rusland se jongste lugaanvalle op Oekraïne waarin 12 mense in Kiëf dood is. Frankryk se president, Emmanuel Macron, sê Russiese president Vladimir Putin moet ophou lieg dat hy vrede in Oekraïne wil hê. Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê die lugaanvalle is ʼn teken dat Moskou die aggressor is. Denemarke se minister […]