Andrew: Virgina Giuffre se familie sê dis haar oorwinning - October 31, 2025
Terwyl Andrew alle aantygings oor sy verhouding met Jeffrey Epstein ontken, het sy broer koning Charles begin om sy koninklike titels te ontneem en hom uit die koninklike landgoed in Windsor te sit. Virginia Giuffre wat jare lank sê Andrew het haar seksueel misbruik, se familie het in reaksie hierop verklaar dat ‘n gewone meisie, […]
Pole moet weer Russiese vliegtuig uit lugruim begelei - October 31, 2025
Poolse MiG-29-vegvliegtuie het nog ‘n Russiese verkenningsvliegtuig oor die Baltiese See onderskep in die tweede voorval hierdie week. Die vliegtuig was sonder ‘n vlugplan in die internasionale lugruim met sy radio-sender afgeskakel. Dit is onderskep, geïdentifiseer en uit die gebied begelei. Lande aan Navo se oostelike grens is sedert verlede maand op ‘n hoë gereedheidsgrondslag […]
Forbes sê padhersteltender was nie korrup nie - October 31, 2025
Na jare se klagtes het werk aan Walvisbaai se verslete paaie in 2024 begin, deur direkte verkryging. Volgens die burgemeester, Trevino Forbes, was daar spekulasie dat daar korrupsie in die proses was. Forbes het onlangs in ‘n potgooi van die IPC die kwessie aangespreek.
Creecy besoek Kaapse houerterminaal vir sagtevrugte uitvoerseisoen - October 31, 2025
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê die houerterminaal in Kaapstad is ‘n noodsaaklike komponent in die uitvoer van produkte na wêreldmarkte. Creecy het tydens ‘n toesigbesoek om Transnet se gereedheid vir die sagtevrugte-uitvoerseisoen te beoordeel, beklemtoon dat die hawe ‘n sleutelspilpunt vir die Wes-Kaap is wat noodsaaklike ekonomiese groei en werkskepping bevorder. Sy voeg […]
VSA: Net 7 500 vlugtelinge per jaar, en Suid-Afrikaners welkom - October 31, 2025
President Donald Trump se administrasie het ʼn perk van 7 500 aangekondig op die getal vlugtelinge wat jaarliks in Amerika toegelaat gaan word. Wit Afrikaners uit Suid-Afrika en ander slagoffers van onwettige of onregverdige diskriminasie in hul onderskeie lande sal voorkeur kry. Dis ʼn dramatiese besnoeiing van die vorige perk van 125 000 wat oudpresident […]
Nederland neig weg van regse politiek - October 31, 2025
Die Nederlandse verkiesing is ‘n naelbytstryd met slegs ‘n paar duisend stemme tussen die verregse party van die vuurvreter Geert Wilders en ‘n pro-Europese sentristiese party. Met 99,7-persent van die stemme getel, is Wilders se anti-Islamitiese Vryheidsparty net effens voor die D66, onder leiding van die 38-jarige Rob Jetten. Al die groot partye het reeds […]
GRN se balansstaat lyk nie goed nie - October 31, 2025
Namibië leen meer as twee keer so vinnig as wat hy groei, en voeg elke jaar tussen 8 miljard en 10 miljard Namibiese dollar in nuwe skuld by, terwyl die invloei van direkte buitelandse beleggings aanhou daal. In ‘n ontleding sê Simonis Storm ekonoom, Almandro Jansen, die land versamel nou meer skuld per kwartaal as […]
ANC verwelkom hof se bevinding oor Luthuli se moord - October 31, 2025
Die ANC sê die uitspraak van die hof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, wat bevestig Hoofman Albert Luthuli is deur die apartheidspolisie vermoor, herstel waarheid, waardigheid en geregtigheid aan sy nalatenskap en Suid-Afrika se geskiedenis. Die hof het die apartheidsera-ondersoek verwerp wat valslik beweer het Luthuli is dood nadat hy in 1967 deur ‘n trein getref is. […]
Rusland soek witvoetjie by VSA - October 31, 2025
Rusland probeer om die toenemende kernspanning met die Verenigde State te temper, nadat twee toetse met nuwe Russiese kernwapenstelsels die Amerikaanse president Donald Trump sy eie kerntoetse laat aankondig het. Die Kremlin sê dat die toetsing van die kernaangedrewe kernwapens, die Burevestnik Kruisermissiel en die Poseidon Onderwater-hommeltuig, was nie direkte atoomwapentoetse nie. Albei lande handhaaf […]
JD Vance blameer Demokrate vir voortgesette sluiting - October 31, 2025
Die Amerikaanse regering se sluiting duur voort en vandag eindig die voordele van SNAP, die voedselkoepon-program vir 42 miljoen armoedige Amerikaners. Berigte lui voedselbanke berei voor vir ‘n toestroming van mense. Intussen weier die Demokrate om toe te gee as gevolg van mediese dekking wat die Republikeine wil verwyder. Visepresident JD Vance lê die blaam […]