Pepfar-personeel het werk verloor, al sê gesondheidministerie anders - October 14, 2025
Gemengde boodskappe word versprei oor die land se MIV/Vigs programme wat gelei word deur die Amerikaanse Pepfar-program. Volgens aktiviste werk die program nie meer nie en het baie hulle werk verloor na president Donald Trump USAid stopgesit het. Die gesondheidministerie het al telkemale aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy befonds self die MIV/Vigs programme. Die […]
JJ Smit is Wanderers Krieketklub Sportman van die Jaar - October 14, 2025
Die ster-veelsydige speler JJ Smit het Wanderers Krieketklub se Sportman van die Jaar-toekenning gewen. Hy het ‘n groot rol gespeel in Wanderers se sukses, en hulle het al die beskikbare titels gewen. Smit het 687 lopies in 12 wedstryde aangeteken, waaronder drie honderdtalle en drie vyftigs, teen ‘n gemiddeld 85,88 en ‘n hoogste telling van […]
IPC se Mouton beweer korrupsie by NBC in NV - October 14, 2025
Beweerde korrupsie by die nasionale uitsaaier is in die Nasionale Vergadering na vore gebring. Volgens die IPC-parlementslid John-Louw Mouton is die NBC agterstalig met belastingbetalings terwyl bestuurders by die uitsaaier die wêreld vol rondrits. Mouton het die inligtingministerie kennis gegee van vrae wat op 16 Oktober beantwoord moet word, al is die NV agter met […]
Vrystellings van tenderprosesse laat gevaarklokke lui - October 14, 2025
Volgens die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing se nuutste verslag oor openbare verkryging is die wydverspreide gebruik van vrystellings om mededingende tenderprosesse te omseil, hoofsaaklik polities gedrewe. Die Swapo-party se manifes-implementeringsplan vereis wat effektief neerkom op die oorbenutting van vrystellings om die beoogde uitkomste te bereik wat in die ontwikkelingsraamwerk tot 2030 uiteengesit is. Die outeur […]
Namibië, Angola versterk samewerking in Angosat-2-projek - October 14, 2025
Die regerings van Namibië en Angola is besig om bilaterale samewerking op die gebied van ruimtetegnologie en satellietkommunikasie deur die Angosat-2-projek te versterk. Die projek is ‘n gesamentlike inisiatief tussen die Angolese Ruimtebestuurskantoor en Telecom Namibia. Die samewerking het ten doel om die potensiaal van satellietkonnektiwiteit te ondersoek om internet- en stemdienste in afgeleë gebiede […]
Rejoelina ontbind Madagaskar se NV uit buitelandse skuilplek - October 14, 2025
President Andry Rajoelina het die spanning in Madagaskar verhoog deur die Nasionale Vergadering te ontbind om ‘n stemmery te blok om hom uit sy amp te dwing. Duisende mense het saamgedrom vir nuwe versetoptogte wat sy bedanking eis. Staatsamptenare en vakbondlede het by die skare in die hoofstad aangesluit. Rajoelina het vanuit sy skuilplek in […]
Namcor-beskuldigde Dunaiski moet studielening terugbetaal - October 14, 2025
Namcor Handel en Verspreiding het regstappe gedoen teen sy voormalige kommersiële bestuurder en Namcor-Enercon-bedrogbeskuldigde, Olivia Dunaiski, om onbetaalde studieleningsfondse te verhaal. Die partye het ‘n skikkingsooreenkoms bereik waarin Dunaiski erken dat sy Namcor 152 460,27 Namibiese dollar skuld, en het ingestem om die bedrag in maandelikse paaiemente van 10 000 dollar terug te betaal. Die […]
Getuie X vertel van beweerde korrupsie en geheime polisie-sakebande - October 14, 2025
Getuie X het aan die Madlanga-kommissie in Pretoria beweerde korrupsie en geheime bande tussen senior polisiebeamptes en sakefigure onthul. Getuie X het aanlyn getuig en omvattende WhatsApp-boodskappe verskaf wat op noue bande dui tussen die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala en die KwaZulu-Natalse Valke-hoof, generaal Lesetja Senona, sowel as sy seun, Thato Senona. Die tussenganger, advokaat […]
Hervestigingsprojek kan Banhine-park in Mosambiek laat herleef - October 14, 2025
Die Banhine Nasionale Park in Mosambiek wat deur oorlog en stropers vernietig is, gaan tot sy volle glorie herstel word. Byna 400 diere soos sebras, wildebeeste en wildsbokke is uit die Maputo Nasionale Park in Banhine hervestig as deel van ʼn groot rehabilitasieprogram. Die park is deel van die Groter Limpopo-oorgrenspark wat Mosambiek, Suid-Afrika en […]
Bafana-spelers moet net bly glo, sê afrigter - October 14, 2025
Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, sê sy spelers is geestelik voorberei vir vanaand se moet-wen Wêreldbeker-Groep C-kwalifiseerder teen Rwanda in Mpumalanga. Suid-Afrika het Vrydag sonder doele gelykop gespeel teen Zimbabwe en moet Rwanda nou klop en hoop Nigerië verslaan Benin om outomaties te kwalifiseer vir volgende jaar se toernooi in Noord-Amerika. Broos sê […]