Mynwese se inkomste styg met 1,4% - April 25, 2025

In sy laaste toespraak as president van die Kamer van Mynwese het Zebra Kasete die algemene jaarvergadering toegespreek. Hy sê die inkrimping in die mynbousektor is grootliks gedryf deur ‘n afname in diamantproduksie, wat ‘n beduidende deel van die bedryf uitmaak. Reële toegevoegde waarde uit diamantmynbou het met 3,7 persent gedaal, ‘n ommekeer van die […]

Read More

Namibiese groeivoorspellings afwaarts aangepas - April 25, 2025

Die ekonomie van Afrika suid van die Sahara toon veerkragtigheid, sê die Wêreldbank, met verwagte groei van 3,5 persent vanjaar en 4,3 persent teen 2027, aangedryf deur toenemende beleggings en verbruik, en dalende inflasie. Armoede-vermindering is egter stadig en werkskepping bly swak, veral in konflik-geaffekteerde en hulpbronafhanklike lande. Die bank vra vir dringende hervormings, beter […]

Read More

Canyon-stapseisoen uitgestel oor watervlakke - April 25, 2025

Namibia Wildlife Resorts het die komende stapseisoen in die Visrivier-canyon, wat van Mei tot September strek, tot verdere kennisgewing uitgestel na aanleiding van die hoë watervlakke in die Vis. Dit kom na die Neckartaldam oorgeloop het en die sluise van die Nautedam twee keer getrek is. Die NWR sê die huidige toestande toon beduidende veiligheids- […]

Read More

Primêre nywerhede dra meeste by tot 2024-groei - April 25, 2025

Die Namibiese Finansiële Stabiliteitsverslag van 2025 is deur die Bank van Namibië in die hoofstad bekendgestel Die verslag ontleed die prestasie van die Namibiese banke in die ekonomie. Die globale ekonomiese vooruitsigte van verskeie lande het afgeneem en sal na verwagting in die Namibiese binnelandse ekonomie deursyfer. Florette Nakusera, direkteur van finansiële stabiliteit en makroprudensiële […]

Read More

Bakstene van afval bekend gestel - April 25, 2025

Die Wetenskaplike en Nywerheids-navorsingsraad, in vennootskap met Use-It Waste Beneficiation en Key Bricks, het ‘n koste-doeltreffende boublok bekend gestel wat uit 70-persent herwonne bou-afval en glas vervaardig is. Die herwinbare ineenskakel-bakstene wat in KwaZulu-Natal tentoongestel is, benodig geen sement nie en vereenvoudig bouwerk. Dit het ten doel om behuisingskoste te verminder, onwettige storting te bekamp, […]

Read More

“Vladimir, STOP!” – Trump - April 25, 2025

Amerikaanse president Donald Trump en Noorweë se premier, Jonas Gahr Støre, het Donderdag in die Withuis ontmoet, waar Trump gesê het dat die volgende paar dae baie belangrik gaan wees vir ‘n skietstilstand-ooreenkoms in Oekraïne. Trump het vroeër gesê hy is nie gelukkig oor ‘n groot Russiese lugaanval op Kiëf waarin 12 mense dood is […]

Read More

DRK en M23 belowe om vrede te bewerkstellig - April 25, 2025

Die Demokratiese Republiek van die Kongo en die Rwanda-gesteunde M23-rebelle het in verklarings belowe om te werk om vrede te bewerkstellig. Dit kom ná meer as ‘n week se samesprekings in Katar en die twee kante het afsonderlik dieselfde verklaring uitgereik. Albei partye bevestig hul toewyding tot ‘n onmiddellike staking van vyandelikhede, ‘n kategoriese verwerping […]

Read More

Beveg korrupsie, maar waar’s die Fluitjieblaser-wet? - April 24, 2025

Namibiërs wag nog steeds in afwagting dat die Wet op die Beskerming van Fluitjieblasers volledig in werking gestel moet word. Dit is nodig om korrupsie te help ontbloot. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar staatsrede die belangrikheid daarvan om korrupsie te beveg uitgelig, om die land se natuurlike hulpbronne te beskerm.

Read More

Thales vra vir vryspraak in Zuma-wapentransaksiesaak - April 24, 2025

Die Franse wapenmaatskappy, Thales, het aansoek gedoen om vrygespreek te word in die langdurige korrupsiesaak waarin voormalige president, Jacob Zuma, betrokke is. Thales se prokureur, Cameron Dunstan-Smith, het 16 uitstelle van die verhoor en die dood van sleutelgetuies as redes aangevoer. Dunstan-Smith sê dit belemmer die maatskappy se reg op ‘n billike verhoor. Die Nasionale […]

Read More

Zelensky, Cyril kom ooreen oor meer samewerking - April 24, 2025

President Cyril Ramaphosa en sy Oekraïense eweknie, Volodymyr Zelensky, het ooreengekom om samewerking tussen die twee lande te versterk en saam te werk aan sleutelgebiede, insluitend handel, energie en onderwys. Die twee leiers het tydens samesprekings by die Uniegebou in Pretoria maniere bespreek om bilaterale betrekkinge uit te brei en hoe om gesamentlike projekte in […]

Read More