Vingegaard fokus nou net op Tour de France - April 24, 2025

Fietsry: Die tweemalige kampioen, Jonas Vingegaard, sê sy aandag is nou op die Tour de France gevestig nadat hy herstel het van harsingskudding wat hy verlede maand opgedoen het. Die Deen het geval tydens die Parys-na-Nice-wedren en sal na verwagting nie weer deelneem voor die Critérium du Dauphiné, wat van 8 tot 15 Junie plaasvind […]

Read More

President kondig gratis tersiêre onderwys aan - April 24, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar eerste staatsrede aangekondig dat tersiêre onderwys vanaf 2026, 100 persent deur die regering gesubsidieer sal word. Geen registrasie- of klasgelde sal gehef word by staatsbefondsde hoër onderwys instellings nie. Sy het ook herhaal dat die bevolking te klein is om soveel armoede te beleef. Haar administrasie het agt prioriteitsareas […]

Read More

Moenie noodsaaklike privaat sekuriteit ontwapen nie: Action Society - April 24, 2025

Action Society dring aan op die onmiddellike herroeping van die voorgestelde wysigings aan regulasies vir privaat sekerheid, en waarsku dat dit openbare veiligheid ernstig in gevaar kan stel. Hulle voer aan dat die konsepregulasies noodsaaklike sekerheidsdienste sal verswak, veral in hoë-misdaadgebiede waar die polisie dikwels onderbeman en onderbefonds is. Die organisasie se woordvoerder, Juanita du […]

Read More

Zelensky vra hulp om Oekraïense kinders huis toe te bring - April 24, 2025

Die Oekraïense president, Volodimir Zelensky, het Suid-Afrika gevra om te help met die terugkeer van meer as 400 Oekraïense kinders wat tydens die oorlog na Rusland geneem is. Hy het tydens sy besoek aan Pretoria deur ‘n tolk gesê baie van die kinders is teen hul wil geneem en word in haglike omstandighede aangehou. Hy […]

Read More

Alcaraz onttrek aan Madridse Ope weens besering - April 24, 2025

Tennis: Die eerste-gekeurde Carlos Alcaraz het aan die Madridse Ope onttrek weens ’n besering wat hy verlede naweek in die eindstryd van die Barcelona Ope opgedoen het. Die Spanjaard sou môre sy eerste wedstryd in sy tuistoernooi speel. Die tweemalige kampioen sê hy en sy span het besluit om nie kanse te vat nie, en […]

Read More

USAid-fondse droog op, maar organisasies maak plan - April 24, 2025

Amerikaanse president Donald Trump se uitvoerende bevel op 20 Januarie om internasionale USAid-befondsing op te skort, het sommige plaaslike organisasies, veral dié in die LGBT-gemeenskap, hoog en droog gelaat. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Patrick Reissner, mede-stigter van Equal Namibia, wat verduidelik hoe hulle die finansiële terugslag hanteer.

Read More

Vroue-Futsalspan lei 1-8 nederlaag teen Marokko - April 24, 2025

Namibië se nasionale vroue Futsal-sokkerspan, die Brave 5 Gladiators, is met 8-1 geklop deur die sterk Marokko, gasheernasie van die Futsal Vroue Afrika-nasiesbeker 2025. Dit is die eerste keer dat Namibië aan die toernooi deelneem. Die Gladiators is in Groep A saam met Marokko en Kameroen. Groep B bestaan uit Angola, Egipte en Guinee, en […]

Read More

So wil regering jeugwerkloosheid bekamp - April 24, 2025

Jeug-werkloosheid het ‘n nypende kwessie in die land geword. Volgens die Namibië Statistiek-agentskap is die totale werkloosheidsyfer 36,9 persent, met werkloosheid onder die jeug op ‘n verbysterende 44,4 persent. Hoewel vele sektore die syfers betwis as te laag, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah dit so in haar staatsrede aangehaal. Sy het die regering se oplossing vir […]

Read More

Nama-leiers eis nuwe volksmoord onderhandelinge - April 24, 2025

Namibië se eerste amptelike volksmoord herdenkingsdag is op 28 Mei, wat ook tot ‘n openbare vakansiedag verklaar is. Die Nama Tradisionele Leiersvereniging herdenk die volksmoord egter op 22 Mei, terwyl die Ovaherero 12 April en 2 Oktober verkies. Albei groepe is gekant teen die datum wat die regering vasgestel het, asook reparasie-onderhandelinge met die Duitse […]

Read More

Swapo monopoliseer NV-komitees, sê IPC - April 24, 2025

Die Independent Patriots for Change maak alarm oor wat hy as ‘n grondwetlike krisis in die parlement bestempel. Hy beskuldig Swapo daarvan dat hy toesig monopoliseer deur agt uit nege Nasionale Vergadering-komiteevoorsitterskappe te beklee wat slegs die Openbare Rekeninge-komitee onder opposisiebeheer laat. Kosmos 94.1 Nuus het met die IPC-hoofsweep, Rodney Cloete, gepraat.

Read More