Chevron oorweeg eksplorasieput in Walvis-kom - April 24, 2025

Die Amerikaanse olie-reus Chevron het aangekondig dat hy dit oorweeg om ‘n eksplorasieput aflandig van die Namibiese kus te boor. Dit kan in 2026 of 2027 gebeur. Chevron Namibia Exploration sê hy is besig om sy vooruitsigte-portefeulje in Namibië uit te brei, na die land ‘n globale eksplorasie-kern geword het. Die eksplorasieput sal in Pel […]

Read More

Staatsrede: Dis hoekom pensioene nie verhoog is nie - April 24, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar eerste staatsrede die beloofde verhoging in ouderdomspensioene, wat nie gebeur het nie, opgehaal. Sy het redes verskaf waarom pensioene nie vanjaar verhoog kon word nie. Die pensioenverhoging was ‘n belofte wat in die Swapo-manifes en haar verkiesingsveldtogte gemaak is.

Read More

Nuwe diens-regulasies pas nie by landbou, sê TLU-SA - April 24, 2025

Die landbou-organisasie TLU SA is bekommerd oor die regering se nuut-ingestelde diensbillikheids-regulasies wat rasgegronde aanstellingsteikens bekendstel. Die regulasies, wat van hierdie maand af geld, is daarop gerig om werkplek-verskeidenheid te verbeter deur die aantal swartmense, vroue en mense met gestremdhede in verskeie poste te verhoog. Bennie van Zyl van TLU sê egter dat die teikens […]

Read More

Afrika-kardinale sterk kandidate vir pousskap - April 24, 2025

Afrika-kardinale kom na pous Franciskus se dood na vore as sterk aanspraakmakers op die pousskap. Volgens Reutersis van die voorste kandidate Peter Turkson van Ghana, wat maatskaplike geregtigheid en klimaatskwessies voorstaan, en Fridolin Besungu van die Kongo wat vrede in konfliksones bevorder. Afrika het ‘n toenemende invloed op die Katolieke Kerk met meer as 176-miljoen […]

Read More

Nou of nooit vir Sundowns teen Al Ahly - April 24, 2025

Sokker: Mamelodi Sundowns kom môre in Kaïro teen die Egiptiese span Al Ahly te staan in die tweede wedstryd van hul CAF Kampioeneliga-halfeindstryd. Die eerste wedstryd in Pretoria het sonder doele gelykop geëindig. Sundowns se hoofafrigter, Miguel Cardoso, sê hulle behoort in staat te wees om te wen ondanks die moeilike omstandighede. Die tuisspan se […]

Read More

Finansiële stabiliteitsverslag ‘herstel openbare vertroue’ - April 24, 2025

Die Bank van Namibië en Namfisa het die jaarlikse finansiële stabiliteitsverslag vrygestel onder die tema “Beveiliging van finansiële stabiliteit in ‘n veranderende globale landskap”. Die sleutelverslag kontroleer die gesondheid van die finansiële stelsel deur onder andere risiko’s te ontleed, banke te stres-toets en die stelsel se gereedheid vir plaaslike en wêreldwye ekonomiese skokke te beoordeel. […]

Read More

BTW-verhoging omgekeer weens DA: Zille - April 24, 2025

Die DA sê finansminister Enoch Godongwana se besluit om die BTW-verhoging van ‘n 0,5-persentasiepunt te skrap, is ʼn draaipunt in die stryd om Suid-Afrikaners teen ongeregverdigde finansiële laste te beskerm. Die party sê hy het ʼn voorstel van Godongwana se prokureurs ontvang om buite die hof te skik oor sy interdik-aansoek teen die verhoging. Die […]

Read More

Een sterf in botsing met olifant op Kazungula-pad - April 24, 2025

Een persoon is dood en vyf beseer na ‘n voertuig Woensdagaand ongeveer 40 kilometer van die Victoria-waterval teen ‘n jong olifantkoei op Kazungula-pad gebots het. Volgens berigte het die bestuurder van die voertuig in die rigting van Victoria-waterval gery en probeer om ‘n stilstaande voertuig met gevaarligte aan verby te steek, onbewus van die gevaar […]

Read More

General Motors sal vanaf 2029 enjins vir F1 verskaf - April 24, 2025

Motorsport: Die wêreldbeheerliggaam, F-I-A, het die Amerikaanse motormaatskappy General Motors formeel goedgekeur as ‘n enjinverskaffer vir Formule Een vanaf 2029. Dit beteken dat Cadillac, wat volgende jaar die eerste keer deelneem, Ferrari-enjins sal gebruik tot General Motors se enjins amptelik bekragtig is. Die sport sal dus vanaf 2029 ses verskillende enjinverskaffers hê. Die ander is […]

Read More

Venaani wil weet oor begroting vir oud-presidente - April 24, 2025

Die PDM-leier McHenry Venaani het premier Elijah Ngurare in die Nasionale Vergadering gevra om die toekenning van kantore aan voormalige presidente te hersien, en het die koste en volhoubaarheid van die huidige model bevraagteken. Hy het voorgestel dat bestaande kantore gebruik word, en gevra vir ‘n hersiening van die Wet op Voormalige Presidente se Pensioen […]

Read More