Lande suid van die Sahara sal goed presteer maar, armoede en werkskepping… - April 24, 2025

Afrika suid van die Sahara se ekonomie toon tekens van veerkragtigheid, met groei wat na verwagting 3,5 persent in 2025 sal bereik en teen 2027 tot 4,3 persent sal styg, volgens die Wêreldbank se jongste Africa’s Pulse-verslag. Hierdie herstel word aangedryf deur stygende private verbruik en belegging, tesame met dalende inflasie. Ten spyte van hierdie […]

Read More

Saftu verwerp voorstelde wysigings aan arbeidswette - April 24, 2025

Die vakverbond Saftu vra werkers om die voorgestelde wysigings aan arbeidswette te verwerp, aangesien dit werkgewers bevoordeel en werkersregte verswak. Die organisasie sê die nuwe konsepkode sal onregverdige afdankings toelaat, veral in klein ondernemings, regverdige verhoorprosesse verwyder, en dit makliker maak om werkers op proeftyd of dié wat as onaanpasbaar beskou word, af te dank. […]

Read More

Rusland se aanvalle in die Oekraïne duur voort - April 24, 2025

Minstens nege mense is dood en meer as 60 beseer in Russiese missiel- en hommeltuigaanvalle op die Oekraïnse hoofstad, Kyiv, vroeg vanoggend. Die gewondes sluit ses kinders in. Kharkiv, Oekraïne se tweede grootste stad, is in aanvalle oornag deur sewe missiele en 12 hommeltuie getref. Die aanvalle volg nadat Amerika se president, Donald Trump, die […]

Read More

Dis weer /Ae//Gams-fees die naweek - April 24, 2025

Stad Windhoek bied hierdie naweek die 17de /Ae//Gams Kuns- en Kultuurfees aan. Die tweedaagse geleentheid sal musiek, tradisionele en kontemporêre dans, mode en kookkuns aanbied, wat plaaslike talent en kulturele diversiteit ten toon stel. Kosmos 94.1 Nuus het met die korporatiewe kommunikasiebeampte by die stad, Lydia Shifa, gesels.

Read More

Ingrid se ouma woedend oor uitstel van optog vir geregtigheid - April 24, 2025

Die uitstel van die optog vir geregtigheid vir Ingrid Maasdorp deur die Okahandja-munisipaliteit is steeds in die nuus. Die burgemeester, Beatrice Kotungondo, het inwoners gevra om die beplande betoging oor Ingrid Maasdorp se moord tot ná die Toerisme- en Handelskou uit te stel. Sy sê die skou lok beleggers en besighede en moet nie ontwrig […]

Read More

Shafudah bevestig Jeugontwikkelingsfonds - April 24, 2025

Die finansminister, Ericah Shafudah, sê die regering is verbind tot die stigting van ‘n Nasionale Jeug Ontwikkelingsfonds wat daarop gemik is om te indiensneming te skep vir die land se jeug. Sy sê die fonds is in reaksie tot stygende jeugwerkloosheid, wat op 44,5 persent staan. Sy het geen tydlyn daarvoor verskaf nie en The […]

Read More

Bitcoin steek Alphabet verby in markkapitalisasie - April 24, 2025

Bitcoin, wat nou teen 92 339 Amerikaanse dollar verhandel, het Alphabet, of te wel Google verbygesteek om wêreldwyd die sesde plek te beklee in terme van markkapitalisasie. Volgens bate-ranglysstatistieke het die markkapitalisasie van Bitcoin op 23 April tot 1,87 triljoen dollar gestyg, wat Alphabet se 1,85 triljoen dollar se waardasie oortref het. Net Apple, Microsoft, […]

Read More

Eerste bewyse van gladiators van ouds ontdek - April 24, 2025

In Rome se Colosseum en ander amfiteaters in stede wat oor die uitgestrekte Romeinse Ryk versprei is, was gladiatorspele nie bloot mens-teen-mens-aangeleenthede nie. Gladiators is ook teen diere gekamp. Alhoewel daar uitbeeldings hiervan in antieke mosaïeke en tekste is, is werklike forensiese bewyse tot nou toe ontwykend. Wetenskaplikes het pas vasgestel dat bytmerke op die […]

Read More

Walvis se klimaatprojekte vertoon uiters goed - April 24, 2025

Begunstigdes van die tweede fase van die Walvisbaai Jeugklimaataksiefonds, ‘n inisiatief van die Bloomberg Sentrum vir Openbare Innovasie, het reeds 1,8 miljoen Namibiese dollar in befondsing ontvang. Die program het ten doel om jongmense te inspireer om klimaatoplossings in hul gemeenskappe te skep en te implementeer. Projekte sluit in ‘n sonkrag-aangedrewe hidroponiese en akwaponiese stelsel, […]

Read More

Finansies wil buite die hof met DA skik BTW-saak - April 24, 2025

Die DA het bevestig dat die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se prokureurs die party genader het om buite die hof te skik. Dit hou verband met die DA se aansoek in die Hooggeregshof om ʼn interdik te kry teen die BTW-verhoging. Godongwana het intussen in ʼn verklaring gesê hy het besluit om die BTW-verhoging […]

Read More