Tanzaniese polisie arresteer opposisielede op pad hof toe vir hulle leier - April 24, 2025

Die polisie in Tanzanië het vanoggend twee senior opposisiefigure aangehou toe hulle op pad was na die hof vir ‘n verskyning van die partyleier Tundu Lissu, wat van hoogverraad aangekla is, het hul party gesê. John Heche, adjunkvoorsitter van die CHADEMA-party en John Mnyika, sekretaris-generaal, is aangehou en Brenda Rupia, partywoordvoerder, sê die land gaan voort […]

Read More

Hoe meer ys smelt, hoe groter die impak van die aarde se omwenteling - April 24, 2025

Klimaatsverandering beïnvloed die aarde se omwenteling om sy eie as, en word veroorsaak deur smeltende gletsers, pool-ys wat afneem en veranderende watervlakke. Dit is die bevinding van navorsers by ETH Zurich, ʼn universiteit in Switserland. Die studie gebruik geskiedkundige data en toekoms-projeksies om te bepaal hoe klimaatverwante massaverskuiwing die aarde se as laat kantel en […]

Read More

Woede oor Okahandja wat Ingrid-optog wil keer - April 24, 2025

Die Okahandja-munisipaliteit keer vir ‘n betoging wat vir 29 April beplan was. Inwoners soek geregtigheid vir die vyf-jarige Ingrid Maasdorp wat op 20 Maart vermis geraak het en verkrag en vermoor gevind is. Inwoners en aktiviste is woedend en die dorp se burgemeester Beatrice Kotungondo het uitgereik na die nasionale uitsaaier om hulle standpunt te […]

Read More

Zelensky kom in SA aan - April 24, 2025

Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, het op ʼn staatsbesoek in Suid-Afrika aangekom. Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het hom verwelkom. Dis die eerste staatsbesoek aan Suid-Afrika deur ʼn Oekraïnse president. Zelensky sê hy gaan belangrike vergaderings hou met president Cyril Ramaphosa en verteenwoordigers van politieke, burgerlike en studentegemeenskappe van Afrikalande. Hy […]

Read More

Geen streek op Aarde kan klimaatsverandering vryspring nie - April 24, 2025

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê geen streek gaan die toenemende katastrofes weens klimaatsverandering vryspring nie en voeg by die krisis vererger armoede, konflik en onbestendigheid. Guterres en president Luiz Inácio Lula da Silva van Brasilië was gister medevoorsitters van die Klimaat-leiersberaad wat deur 17 leiers van groot ekonomieë en kwesbare lande bygewoon […]

Read More

Cannes voeg nog rolprente by - April 24, 2025

Die 78ste Cannes-filmfees het nog flieks by vanjaar se amptelike lys gevoeg. Dit sluit in Die, My Love met Jennifer Lawrence en Robert Pattinson, The Chronology of Water van Kristen Stewart, en Honey Don’t! van Ethan Coen. Hollywood lewer ʼn groot bydrae en het bevestig dat Tom Cruise se Mission: Impossible — The Final Reckoning […]

Read More

Nog water op pad na die Oranje, Vaaldam se sluise verder getrek - April 24, 2025

Nog water is op pad na die Oranjerivier met ‘n derde sluis wat by die Vaaldam oopgetrek is. Die buurland se waterowerhede sê die dam is tans amper 109 persent vol en nog ‘n sluis sal waarskynlik vandag oopgetrek moet word. Woordvoerder Wisane Mavase… Intussen sê die plaaslike hidrologiese diens dat 2,56 meter by Blouputs […]

Read More

Etosha se pad-opknapping duur tot November - April 24, 2025

Die omgewingministerie het begin met die eerste fase om die gruispad van Okaukuejo na King Nehale-hek in Etosha na ‘n lae volume teerpad op te gradeer. Padgebruikers en toeriste word versoek om die padtekens te volg. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ndeshipanda Hamunyela, die ministerie se woordvoerder, wat meer inligting gee.

Read More

Suid-Afrika se tarief-onderhandelings begin met VSA - April 24, 2025

Suid-Afrika en Amerika gaan dié week bilaterale besprekings begin na gespanne verhoudings en Amerika se handelstariewe. Business Day berig dat die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, na verwagting die Suid-Afrikaanse afvaardiging sal lei terwyl die regering daarna mik om bande te herstel en ‘n nuwe handelsooreenkoms met sy tweede-grootste vennoot te ondersoek. […]

Read More

Nuwe rekord word in Londense Marathon verwag - April 24, 2025

’n Nuwe wêreldrekord is Sondag in die vooruitsig in die Londense Marathon. Die huidige rekord is vroeër die maand in die Paryse Marathon opgestel toe 56 950 atlete die wedloop klaargemaak het, terwyl meer as 55 000 atlete in verlede jaar se New Yorkse Marathon gehardloop het. Sondag se roete begin by Greenwichpark en eindig […]

Read More