Uerikua vra onteiening, geregtigheid  - April 24, 2025

Die voormalige goewerneur van die Otjozondjupa-streek en Swapo LP, James Uerikua sê ‘n nuwe grondstrategie is nodig om te verseker dat Namibiërs ook toegang daartoe het. Hy sê buitensporige pryse vorm deel van die probleem. Volgens die ouditeur-generaal Junias Kandjeke is 36,7 miljoen hektaar grond steeds in wit besit, wat die oud-goewerneur as ongeregtigheid bestempel. […]

Read More

Kganyago vra beter prosesse vir G20  - April 24, 2025

Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê die G20 moet sleutelkwessies wêreldwyd voorkeur gee en besluitneming vereenvoudig om weer relevant te wees. Hy het in Washington gepraat op die Brookings Global Economy and Development-program, en die G20 se potensiaal beklemtoon om komende uitdagings aan te pak en volhoubare groei te bevorder. Kganyago het […]

Read More

Israel dood 25 in Gaza, aanvalle duur voort  - April 24, 2025

Israel het in verskeie gebiede in Gaza aanvalle uitgevoer waarin 25 mense dood is. Dit sluit 11 in by ʼn skool in al-Tuffah waar ontheemde mense geskuil het. Israelse amptenare sê Hamas-vegters en hul bondgenote kruip agter burgerlike infrastruktuur weg, maar die Palestynse militante groep ontken dit. Israel het sy lug- en grondveldtog hernu sedert […]

Read More

Arsenal speel gelykop met Palace, los Liverpool net een punt van die Premierliga-kroon  - April 24, 2025

Arsenal het Woensdagaand in die Emirates-stadion teen Crystal Palace met 2-elk gelykop gespeel en daarmee Liverpool vir die tweede keer in vyf seisoene net een punt kort van die Premierliga-kroon gelaat. Die Reds moet nou Sondag op Anfield ‘n nederlaag teen Tottenham Hotspur vermy om hul 20ste ligatitel te beklink. Dit ewenaar Manchester United se […]

Read More

Amushelelo-vakbond ruk op 1 Mei op  - April 24, 2025

Die Namibia Retail & Allied Workers-vakbond sal op 1 Mei ‘n protes hou om die arbeidsministeriete versoek om die afskaffing van arbeidshuurmaatskappye te eis. Aktivis Michael Amushelelo, wat deel vorm van die vakbond se bestuur, sê dit is heeltemal onaanvaarbaar dat die praktyke van die koloniale tyd steeds in ‘n onafhanklike land voortduur. Hy sê […]

Read More

Enoch kanselleer BTW-verhoging  - April 24, 2025

Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het besluit om die BTW-verhoging van 0,5-persentasiepunte terug te trek. Hy sê in ʼn verklaring die besluit volg ná uitgebreide beraadslaging met politieke partye en versigtige oorweging van die parlementêre komitees se aanbevelings. Godongwana sê deur nie BTW te verhoog nie, sal daar op die medium termyn ʼn inkomste-tekort […]

Read More

Trump en Zelensky is weer haaks  - April 24, 2025

President Donald Trump het sy Oekraïnse ampsgenoot, Volodymyr Zelensky, beskuldig dat hy vredesonderhandelinge met Rusland belemmer. Dit volg nadat Zelensky aan die Wall Street Journal gesê het sy land gaan nie die Krim afstaan as deel van die onderhandelings nie. Een van Amerika se voorstelle is dat Rusland se onwettige anneksasie van die Krim erken […]

Read More

McIlroy gesels vir eerste keer na sy loopbaan-Grand Slam  - April 24, 2025

Rory McIlroy het op 13 April die Meesters by Augusta National in Georgia gewen en sy loopbaan-Grand Slam behaal. Die Noord-Ierse speler het toe sy vyfde Major opgeraap en slegs die sesde gholfspeler te word wat met ʼn loopbaan-Grand Slam kan spog. Hy het vir die eerste keer daaroor gepraat. 

Read More

Aanlynpetisie vir Ingrid Maasdorp  - April 24, 2025

Die verkragting en moord van die vyf-jarige Ingrid Maasdorp van Okahandja, wat op 20 Maart as vermis aangegee is, bly onopgelos en lok steeds reaksie uit. Kashivi Kashingungu, ‘n Namibiër wat woonagtig is in Finland, het ‘n aanlynpetisie van stapel gestuur. Justice for Ingrid Maasdorp het reeds 9 000 handtekeninge en Kosmos 94.1 Nuus het […]

Read More

Hoe lyk Mei se brandstofprys? - April 24, 2025

Die komitee wat die brandstofpryse in Mei sal bepaal ontmoet vandag en ‘n aankondiging kan moontlik Vrydag gemaak word. Hoewel die olieprys en die waarde van die Amerikaanse dollar gesak het, heers daar wêreldwyd ekonomiese onsekerheid. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die Cirrus ekonoom Oliver Diggle, wat ‘n uiteensetting gee en ‘n voorspelling maak.

Read More