Hoeveel raffinaderye gaan ons hê? - April 24, 2025

Daar is onduidelikheid oor die regering se planne vir die oliebedryf. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het weer beklemtoon dat ‘n raffinadery deel moet vorm van die bedryf met die doelwit om energie-kommoditeite uit te voer. Daar is reeds planne om ‘n modulêre raffinadery met ‘n kapasiteit van 300 000 vate daagliks in Walvisbaai op te rig. […]

Read More

Veteraan aktivis Tjaronda gesels oor SONA verwagtinge - April 24, 2025

Alle oë sal vandag op president Netumbo Nandi-Ndaitwah wees wanneer sy haar eerste staatsrede in die parlement lewer. Die fokus sal veral wees op die regering se planne om nypende landskwessies aan te spreek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die maatskaplike aktivis Sandy Tjaronda, wat sy mening gee oor wat aandag moet geniet.

Read More

Von Bach-Whk pyplyn vanoggend herstel - April 24, 2025

NamWater het die herstel van sy pyplyn van Von Bachdam se suiweringsaanleg na die hoofstad vyf-uur vanoggend voltooi. Die lyn word nou gevul en water sal stelselmatig terugkeer na sy direkte verbruikers sowel as Stad Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het vroeër berig die pyp, wat op die hoofoordragstelsel tussen Von Bach Booster 2 en die […]

Read More

Walvis-burgemeester opgeneem na motorongeluk - April 24, 2025

Walvisbaai se burgemeester, Trevino Forbes, is Woensdagaand na die Welwitschia Hospitaal geneem na ‘n motorongeluk. Forbes was saam met sy vrou onderweg na die Metro supermark op die dorp toe ‘n motor glo hulle voertuig aan die bestuurder se kant getref het. Sy vrou is ongedeerd na die botsing op die hoek van Hage Geingob- […]

Read More

DA sleep Sol Plaatjie-munisipaliteit Menseregtekommissie toe - April 24, 2025

Die DA in die Noord-Kaap sê dit het die Sol Plaatje-munisipaliteit by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie verkla. Dit volg nadat die munisipaliteit versuim het om ’n gebreekte rioolpyp te herstel, wat veroorsaak dat riool in ’n oop stormwaterkanaal in Floors, Kimberley, inloop. George Joseph van die DA sê die pyp, langs die kanaal in Recreationweg, is […]

Read More

Duisende Katolieke kom bymekaar vir pous Franciskus - April 24, 2025

Duisende Katolieke gelowiges, insluitend kardinale en nonne, het reeds verby pous Franciskus se kis beweeg waar hy in die Vatikaan in staatsie lê, ten spyte van ‘n oënskynlik eindelose tou mense. SkyNews se Europese korrespondent, Adam Parsons, was deel van ‘n persgroep wat afsonderlik ingelaat is. Hy beskryf die ervaring.

Read More

Skudding van 6,2 aflandig in Turkye gemeet - April 24, 2025

‘n Aardbewing wat 6,2 gemeet het, het Woensdag onder die See van Marmara naby Istanboel voorgekom. Dit het wydverspreide paniek en talle beserings in die Turkse stad veroorsaak, maar daar was geen onmiddellike verslae van ernstige skade nie. Meer as 150 mense is in die hospitaal opgeneem met beserings wat opgedoen is toe hulle van […]

Read More

Transmissie-stelselkode sluit nou kuberveiligheid in - April 23, 2025

Die hersiene transmissie-stelselkode, wat oorspronklik in 2018 bekendgestel is, is opgedateer om tegnologiese vooruitgang en veranderinge in die kragvoorsieningsbedryf te weerspieël. Dit sluit onder meer in die gewysigde enkelkoper-markmodel en ‘n toegewyde kubersekuriteit-afdeling om stelselbeskerming te verbeter. Petrus Johannes, die uitvoerende beampte van tegniese regulering by die Elektrisiteitsbeheerraad, het by ‘n perskonferensie gepraat.

Read More

Forum sê Mashatile-sluipmoordpoging klink na ‘n storie - April 23, 2025

Die Activists and Citizens Forum sê die storie rakende ‘n sluipmoord-poging op adjunkpresident Paul Mashatile, klink soos ‘n storie wat binne ANC-faksies opgedis is. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê hulle glo as dit waar was, sou die land omgekeer word om die verdagtes in die sogenaamde sluipmoordpoging op te spoor:

Read More

Volodimir Zelensky kuier môre by Cyril - April 23, 2025

President Cyril Ramaphosa gaan sy Oekraïnse ampsgenoot, Volodimir Zelensky, môre by die Uniegebou in Pretoria ontvang tydens die eerste ampsbesoek deur ‘n Oekraïnse president aan Suid-Afrika. Die Presidensie sê die besoek sal aan die twee lande die geleentheid bied om bilaterale betrekkinge te bespreek en bilaterale samewerking op die gebied van handel, landbou en onderwys […]

Read More