Indië, Dubai begin veldtog om Afrika-handel te versterk - April 23, 2025
Indië en Dubai se logistieke maatskappy, DP World, het die Bharat Africa Setu-veldtog bekendgestel om handel tussen Indië en Afrika teen 2030 te verdubbel. Die platform, ondersteun deur Indië se ministeries van Handel en Buitelandse Sake, verbind Indiese uitvoerders met 53 Afrikalande deur DP World se hawens- en logistieke netwerk. Die onderneming is daarop gemik […]
Stad Windhoek keer terug na boorgate na pyplyn breek - April 23, 2025
NamWater se pyplyn van Von Bachdam se suiweringsaanleg na die hoofstad sal moontlik 24 uur neem om te herstel. Die pyp het weer naby Elisenheim gebreek, wat die grootmaat watertoevoer na die stad onderbreek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lydia Amutenya, Stad Windhoek se woordvoerder, wat sê boorgate sal weer ingespan word.
Gereelde brande by SA staatsgeboue wek kommer - April 23, 2025
Die Vereniging van Staatsamptenare sê die reeks brande wat die afgelope paar jaar verskeie regeringsgeboue verwoes het, hou ‘n bedreiging in vir die veiligheid van staatsamptenare en ondermyn die integriteit van nasionale instellings. Dit sluit die Parlementgebou, Tembisa-hospitaal en die Maatskaplike Ontwikkeling-gebou in Durban in. Claude Naiker van die vakbond sê herstelwerk en opknappings aan […]
Abbas moedig Hamas aan om gyselaars vry te laat - April 23, 2025
Die Palestynse president Mahmud Abbas het Hamas aangemoedig om alle gyselaars vry te laat, en gesê hulle gevangeskap gee Israel verskonings om die gebied aan te val. Minstens 18 mense is vandag in die Gaza-strook in Israeli-aanvalle dood, terwyl Duitsland, Frankryk en Brittanje Israel aangemoedig het om die blokkade op humanitêre hulp te beëindig. Israel […]
Aussie naelloopsensasie op pad na Wêreldkampioenskap - April 23, 2025
Atletiek: Die Australiese naelloop-sensasie, Gout Gout, gaan in September sy internasionale senior buiging maak op die Wêreld-atletiekkampioenskap in Tokio, Japan. Die 17-jarige Gout van Queensland, wat met die Jamaikaanse ster Usain Bolt vergelyk word is in Australië se span ingesluit vir die byeenkoms. Hy sal aan die 200-meter-naelloop deelneem nadat hy die afstand vroeër die […]
Namibië deel van nuwe Drag and Vogue Beyond Borders-projek - April 23, 2025
Namibië, Kenia, Suid-Afrika en Duitsland het Drag and Vogue Beyond Borders in die hoofstad bekendgestel. Die projek is opgedeel in vyf internasionale fases wat insluit Pride-parades in Washington DC en Berlyn, ‘n Pride-konferensie in Berlyn sowel as ‘n vieringsdag in Nairobi, met ‘n finale Pride-parade in Namibië. Die eerste fase sal in Junie by World […]
Namibië Onder-20 rugbyspan klop Kenia 32-22 - April 23, 2025
Namibië se Onder-20 rugbyspan het Kenia met 32-22 verslaan by die Rugby Afrika Barthes-bekertoernooi in Harare, Zimbabwe. Die eerste helfte is gekenmerk deur slordige spel en die halftyd telling was 3-0 vir Namibië. Kenia, die verdedigende kampioene, het teruggeveg in die tweede helfte met vier drieë. Die jong Biltongboere het egter ook vier drieë gedruk […]
Wat doen gesondheidministerie aan malaria, wil Kambala weet - April 23, 2025
Die AR-parlementslid George Kambala het in die Nasionale Vergadering gesê Namibiërs het nog nie nuwe gesondheidminister Esperance Luvindao gesien nie. Hy het haar uitgevra oor die styging in malaria-gevalle en of die ministerie maatreëls ingestel het om infeksies te elimineer. Luvindao het so geantwoord:
As SA se ekonomie verswak, sal Namibië s’n volg - April 23, 2025
Reaksie word ontvang op berigte dat die Internasionale Monetêre Fonds die buurland se ekonomiese groeiverwagting vir 2025 na 1 persent hersien, wat beduidend laer is as die Nasionale Tesourie se vooruitskatting van 1,5 persent in Januarie. Die finansminister, Enoch Godongwana, het verlede maand nog ‘n groeikoers van 1,7 persent vir vanjaar voorspel. Die IMF skryf […]
Toergids dien klagte in oor Etosha-amptenare se gedrag - April 23, 2025
‘n Onsmaaklike insident by die Galton-hek in Etosha het die veteraan toergids Yvonne von Holtz genoop om ‘n formele klagte by die omgewingsministerie in te dien oor amptenare se beweerde teistering, intimidasie en prosedurele wangedrag. Von Holtz kla oor ‘n uitgebreide, ure-lange deursoeking van haar voertuig, met twee bejaarde Duitse toeriste by die hek. Kosmos […]