Goudprys sal waarskynlik aanhou styg, sê ekonoom - April 23, 2025

Goud bly presteer en daar is voorspellings deur Goldman Sachs dat die edelmetaal 4 000 Amerikaanse dollar per fyn ons kan haal. Op die oomblik verhandel goud bo 3 300 Amerikaanse dollar. Dit word aangedryf deur onsekerheid as gevolg van Amerikaanse tariewe sowel as president Donald Trump se aanvalle op die Federale Reserwebank. Kosmos 94.1 […]

Read More

Twee dae se gradeplegtigheid-verkeer wag vir hoofstad - April 23, 2025

Unam se gradeplegtigheid by Mercure môre en Vrydag by die Mercure Hotel in die hoofstad is dalk ‘n gejuig vir die studente maar, ‘n reuse-hoofpyn vir motoriste. Die universiteit moedig studente aan om van saamry geleenthede of taxi’s gebruik te maak om die druk te verlig. Simon Namesho, Unam-woordvoerder, het meer.

Read More

SA inflasie daal vir eerste keer in 5 maande - April 23, 2025

Suid-Afrika se verbruikersinflasie het in Maart tot 2,7-persent gedaal, wat die eerste daling in vyf maande is. Statistieke Suid-Afrika sê die jaar-tot-jaar verandering in die verbruikersprysindeks het gedaal vanaf drie-persent in Februarie tot die laagste vlak sedert Junie 2020. Patrick Kelly van Statistieke SA sê die hoofbydraers tot die afname was laer voedselpryse en ‘n […]

Read More

Klimaatsverandering verplaas spesies, wys pryswenner-bioloog - April 23, 2025

‘n Amerikaanse bioloog, Camille Parmesan, het die BBVA-stigting se Frontiers of Knowledge-toekenning vir Klimaatsverandering ontvang nadat sy gewys het hoe klimaatsverandering spesies verplaas. Haar baanbreker-navorsing het getoon hoe stygende temperature wêreldwyd ʼn afdruk op bioverskeidenheid laat. Die komitee vir Klimaatsverandering en Omgewingswetenskap sê Parmesan se werk hou groot gevolge in vir openbare gesondheid omdat tropiese […]

Read More

Bulle-loskopstut Nieuwoudt sluit by Cheetahs aan - April 23, 2025

Rugby: Die Cheetahs het Tielman Nieuwoudt in hul span verwelkom. Die sterk loskopstut, ‘n produk van Grey College in Bloemfontein, het sedert 2022 die Blou Bulle en die Bulle verteenwoordig en sal amptelik by die Cheetahs aansluit voor hierdie jaar se Curriebekerreeks wat in Julie begin. Nog goeie nuus vir die Cheetahs se getroue ondersteuners […]

Read More

Knopvelsiekte ook by Kamanjab bevestig - April 23, 2025

Knopvelsiekte is nou ook in die Kamanjab-distrik bevestig deur die Kamanjab Veeartsenydienste kantoor. Alle boere word aangemoedig om hul beeste teen die siekte in te ent, en na 21 dae by die kantoor aansoek te doen vir ‘n inentingsertifikaat. Die leë entstofbottels en die plaas se inentingsrekords moet as bewyse voorgelê word voordat die sertifikaat uitgereik […]

Read More

Cosatu steun Sadou-optog teen besnoeiings - April 23, 2025

Cosatu sê hy gaan vandag saam met die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie ʼn optog teen besnoeiings hou na verskeie staatsdepartemente in Tshwane. Cosatu-woordvoerder, Zanele Sabela, sê dis deel van Sadou se voortslepende teenkanting teen sogenaamde neo-liberale begrotingsbesnoeiings wat die onderwyssektor en ander staatsdepartemente negatief raak. Sy sê hulle het die regering aanhoudend gevra om sy obsessie […]

Read More

Nie net VSA, China gaan ook stadiger groei: IMF - April 23, 2025

Die Internasionale Monetêre Fonds is van mening China se ekonomie sal vanjaar met slegs vier-persent groei, heelwat laer as Beijing se amptelike teiken van vyf-persent. Dit is weens ‘n toenemende handelsoorlog met Amerika. Die aanhoudende krisis in die eiendomsektor, plaaslike regeringskuld en trae verbruikersbesteding dra verder by tot die afwaartse druk op groei. Die syfer, […]

Read More

Netbal SA-president moet aangekla word voor organisasies optree - April 23, 2025

Netbal: Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee, die sport-departement, en Netbal SA sê hulle sal slegs optree as Netbal SA en Afrika Netbal se president, Cecilia Molokwane amptelik aangekla word deur Wêreldnetbal. Die internasionale liggaam het haar geskors oor beweerde wanadministrasie. Die adjunkminister van Sport, Peace Mabe, het aan die Parlement gesê dit sal onregverdig […]

Read More

Net 7% van Namibiërs kan mediese dekking bekostig - April 23, 2025

Namfisa se jongste verslag dui aan dat net 7 persent, of, net minder as 220 000 Namibiërs kan mediese fondse bekostig. Dit sluit nie staatsamptenare in nie. Bydraes deur lede van mediese fondse het in die vierde kwartaal van 2024 met 0,3 persent gedaal na 1,5 miljard Namibiese dollar terwyl bydraes op ‘n jaargrondslag met 11,4 […]

Read More