SA moet hervorm na IMF-voorspelling - April 23, 2025
‘n Ekonoom aan die Noordwes-Universiteit se Sakeskool, professor Raymond Parsons, sê klem moet opnuut geplaas word op die bespoediging van noodsaaklike strukturele hervormings. Die Internasionale Monetêre Fonds het sy vooruitskouing vir Suid-Afrika se bruto binnelandse produk vir 2025 afwaarts aangepas van 1,5 persent tot slegs 1 persent. Die IMF voorspel ook dat die land se […]
Tariewe is gulde geleentheid vir Brittanje - April 23, 2025
Die voormalige adjunk-eerste minister en oud-buitelandse sake minister van Brittanje, Dominic Raab sê Amerikaanse tariewe bied in werklikheid ‘n uiters groot geleentheid vir die Verenigde Koninkryk om sy handelsbasis uit te brei, veral na die Indo-Stille Oseaan. Raab het met SkyNews gepraat.
Dis Wêreld-boekedag… lees vir ‘n slag - April 23, 2025
Dis vandag Wêreld-boekedag waarop boeke, skrywers, illustreerders en bowenal, lesers, wêreldwyd gevier word. Vanjaar se tema is: Read Your Way: Diverse Books for Every Mind. Unesco sê die tema beklemtoon hoe belangrik insluiting en verskeidenheid in lees is. Hy moedig lesers aan om verskillende stemme, standpunte en kulture deur letterkunde te ondersoek en deernis en […]
Dubbeldoor geleentheid om Ehra by te staan - April 23, 2025
Die Elephant Human Relations Aid, bekend as Ehra, neem deel aan die Big Give Green Match Fund wat tot 29 April duur. Elke skenking wat gemaak word, sal deur die fonds verdubbel word. Ehra samel fondse in vir ‘n mobiele waterpunt beskermingseenheid om herstelwerk uit te voer aan infrastruktuur wat deur olifante beskadig word. Kosmos […]
Bestuurskenner sê oor NNN se eerste staatsrede - April 23, 2025
President Netumbo Nandi-Ndaitwah sal môre haar eerste staatsrede lewer. Die jaarlikse toespraak in die parlement is ‘n opdatering van Namibië se ekonomiese, politieke en sosiale status, beklemtoon prestasies en gee ‘n uiteensetting van toekomstige regeringsplanne. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die bestuurskenner dr. Marius Kudumo, wat kwessies wat aangespreek behoort te word uitlig. Hy […]
Von Bach-Windhoek pyplyn: Herstel sal 24 uur duur - April 23, 2025
NamWater sê die herstel van sy pyplyn van Von Bachdam se suiweringsaanleg na die hoofstad sal moontlik 24 uur neem om te herstel. Maar, dit is na gelang van toestande op die grond wat nog bepaal moet word. Kosmos 94.1 Nuus het vroeër berig die pyp, wat op die hoofoordragstelsel tussen Von Bach Booster 2 […]
Olie- en gasbedryf: Korrupsie sal nie geduld word nie - April 23, 2025
Die Namibiese Internasionale Energiekonferensie het vandag in die hoofstad begin en eerste minister Elijah Ngurare, het namens president Netumbo Nandi-Ndaitwah afgevaardigdes toegespreek. Hy beklemtoon die bou van vaardighede, die ondersteuning van plaaslike besighede en die bevordering van ‘n omgewing waar Namibiese talent kan floreer. Goeie, etiese en deursigtige bestuur is van kardinale belang.
Oshikoto-skole sukkel met water, krag, leertoerusting - April 23, 2025
Die onderwysministerie se uitdagings met dienste by skole duur voort. Die plaaslike nuusagentskap, Nampa, berig dat daar 26 skole in die Oshikoto-streek is wat geen water het nie en staatmaak op aflewerings deur NamWater en die streeksdirektoraat – wat nie altyd op tyd lewering doen nie. Daar is ook 13 skole wat geen elektrisiteit het […]
Jong LP’s moet ingelig wees, sterk debat voer - April 23, 2025
Duminga Ndala, leier van die LPM-jeugbevel, het ‘n beroep op jong LP’s gedoen om betekenisvolle, ingeligte debatte aan te pak wat die jeug se sosio-ekonomiese stryd aanspreek. Sy sê politieke retoriek is nie voldoende nie, en dring aan op ontwikkelingsprojekte en regeringsinisiatiewe wat die lewens van jongmense direk sal verbeter. Ndala het met die nasionale […]
Sommige geskorste landdroste sit al 7 jaar tuis, met volle betaling - April 23, 2025
Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is bekommerd dat ses landdroste wat tans geskors is sedert September 2018 steeds hul salarisse van gesamentlik 31 miljoen Suid-Afrikaanse rand ontvang. Volgens berigte is een van die landdroste reeds in September 2018 geskors, en nog een sedert Julie 2020. Claude Naiker van die VSA sê die klagtes teen […]