Ingrid Maasdorp-familie vat skool hof toe, soek antwoorde - October 14, 2025
Die familie van Ingrid Maasdorp wat ook bekend staan as Haley, in Okahandja het ‘n saak by die hoërhof ingedien teen die skool. Maasdorp is op 20 Maart vermoor nadat sy by die KW von Marees Gekombineerde Skool afgelaai was. Familie het sedertdien hulle misnoeë uitgespreek omdat die skool blykbaar gesluit was daardie dag maar […]
Drie vermeende polisiemoordenaars agter tralies - October 14, 2025
Drie vermeende polisiemoordenaars is gisteraand in Johannesburg in hegtenis geneem vir moord, poging tot moord en gewapende roof. Die Valke se woordvoerder, Katlego Mogale, sê verlede maand het adjudant-offisier Jabulani Mabuza se meisie voertuigprobleme ondervind op die Benrose-wes-oprit. Sy sê die klaer het toe vir Mabuza gebel om haar te help en net toe die […]
Brittanje se werkloosheidsyfer styg tot 4,8% - October 14, 2025
Brittanje se werkloosheidsyfer het tot die hoogste vlak in meer as vier jaar gestyg, wat bydra tot die ekonomiese druk voor die jaarlikse begroting. Die koers het 4,8-persent bereik in die drie maande tot einde Augustus, die hoogste vlak sedert die eerste helfte van 2021. Hierdie is in vergelyking met werkloosheid van 4,7-persent in die […]
Proteas jaag 277 lopies na Muthusamy weer toeslaan - October 14, 2025
Krieket: Suid-Afrika jaag ‘n wenteiken van 277 lopies in die eerste toets teen Pakistan in Lahore na nog ‘n meesterlike vertoning deur draaibouler Senuran Muthusamy. Hy het nog vyf paaltjies by sy ses van die tuisspan se eerste kolfbeurt gevoeg en gehelp om Pakistan vir slegs 167 uit te boul. Pakistan het ‘n voorsprong van […]
Staatsamptenare se aftrekkings: Verbeter eerder die stelsel - October 14, 2025
Openbare konsultasies oor voorgestelde hervormings aan die aftrekkingstelsel by staatsamptenare is tot 28 Februarie 2026 verleng. FinFit Investments het in ‘n studie bevind dat sowat 83 persent van amptenare sê dit moeilik sal wees om by te hou met betalings as die stelsel eindig. Ekonoom Dr. John Steytler sê die amptenare vertrou die sisteem, en […]
Ondersoek na Loteryraad uitgebrei – Cyril - October 14, 2025
President Cyril Ramaphosa het die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek na die Nasionale Loterykommissie uitgebrei. Die omvang van die oorspronklike proklamasie is uitgebrei om bedrog en korrupsie in te sluit wat verkryging by die kommissie betref. Die gewysigde proklamasie voeg ook 21 nuwe kategorieë van verkryging en kontraktering by die ondersoek. Die eenheid se aanvanklike ondersoek […]
Hulp kom stadig maar seker in Gaza aan - October 14, 2025
Die Verenigde Nasies se Kantoor vir die Koördinering van Humanitêre Sake sê bystand in Gaza maak stadige maar goeie vordering. Die situasie op die grond is benard met miljoene wat dringend hulp nodig het. Die woordvoerder van die kantoor Olga Cherevko het met CNN gepraat oor hul pogings.
Aussies bestee miljoene op sosiale media verbod veldtog - October 14, 2025
Australië het ‘n bemarkingsveldtog van miljoene dollar van stapel gestuur wat sy verbod op sosiale media vir tieners uitbeeld as vir die beswil van ons kinders voor die begindatum in Desember. Die veldtog van amper 115 miljoen Namibiese dollar, getiteld “For The Good Of”, sal vanaf Sondag uitgerol word. Die 45-sekonde video wys ‘n aantal […]
Dr. Sanet het deurgedruk… - October 14, 2025
Onderwysminister, Sanet Steenkamp, het ‘n sewe jaar lange akademiese reis voltooi om haar PhD in onderwys te verwerf. In ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het sy besin oor die uitdagings van doktorale studies terwyl sy die onderwyssektor deur moeilike periodes gelei het, insluitend die Covid-19-pandemie, waartydens sy uitvoerende direkteur was. Steenkamp het haar doktorsgraad […]
Savanna stel nie nou belang in Noorse uitvoere nie - October 14, 2025
Savanna Beef rig sy visier op Europese markte na die bywoning van die 2025 Anuga Food Fair in Keulen, Duitsland. In ‘n opdatering aan Kosmos 94.1 Nuus het uitvoerende hoof, Ian Collard, bevestig dat die maatskappy nie sal aansoek doen vir ‘n deel van Namibië se Noorse beesvleiskwota van 1 600 metrieke ton vir 2026 […]