Voedselprogram staak hulp aan 650 000 Ethiopiërs - April 23, 2025
Die Wêreldvoedselprogram het hierdie week wanvoeding bystand vir 650 000 ondervoede vroue en kinders in Ethiopië opgeskort weens ernstige finansieringstekorte, met miljoene meer wat die risiko loop om toegang tot hulp te verloor. Die program kry finansiering van 15-20 skenkers, insluitend die VSA, maar baie van hulle het vanjaar befondsing gesny. Meer as 10 miljoen […]
Mbappé is Saterdag terug - April 23, 2025
Real Madrid se hoofafrigter, Carlo Ancelotti, sê die doelskieter Kylian Mbappé is reg om terug te keer na sy besering wanneer hulle Barcelona Saterdag pak in die eindstryd van die Copa del Rey. Die Fransman het Sondag Madrid se La Liga-oorwinning oor Athletic Bilbao misgeloop en sal ook nie beskikbaar wees vir vandag se wedstryd […]
Oranje se vlakke styg, Ruacana vertoon goed - April 23, 2025
Sluise by die Vaal-, Bloemhof-, Gariep- en Vanderkloofdamme is steeds oop en 2 431 kubieke meter water word per sekonde vrygestel wat op pad is na die Oranjerivier. Die hidrologiese diens sê die watervlak by Blouputs in die benede Oranje is tans op 2,6 meter en op 3,5 meter by Sendelingsdrif. Dit is baie hoër […]
Ruvoer: Boere moet nou hulle store opvul - April 23, 2025
Met die reën van die afgelope maande wat Namibië ontvang het, het die uitkyk vir ruvoer pryse drasties verbeter. Laasjaar tydens die droogte was die prentjie heeltemal anders en pryse was voorspel om hoog te bly. Kosmos 94.1 Nuus het met Jaco Labuschagne van Voermeester gepraat wat sê plaaslike produksie sal verbeter maar, boere moet […]
SA weerdiens waarsku oor oorstromings, sneeu - April 23, 2025
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku ‘n laagdruk-stelsel kan swaar reën, donderstorms en koue weer oor die grootste dele van die land veroorsaak van vandag tot Saterdag. Woordvoerder Tokelo Chiloane sê swaar neerslae kan in die oostelike streke voorkom, en die Vrystaat en Noordwes kan oorstromings en hael verwag. Sy sê sneeu word voorspel oor die Drakensberge, […]
Simone Biles onseker oor LA Spele - April 23, 2025
Die Amerikaanse gimnas Simone Biles het nog nie besluit of sy aan die volgende Spele in Los Angeles gaan deelneem nie. Die mees bekroonde gimnas ooit is Maandag op die Laureus-wêreldsporttoekennings as sportvrou van die jaar aangewys. Biles sê verlede jaar se Spele in Parys, waar sy nog drie gouemedaljes gewen het om haar totaal […]
NamWater-pyplyn van Von Bach na Windhoek weer stukkend - April 23, 2025
Windhoek se watervoorsiening is terug op boorgate. Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig die lyn vanaf NamWater in Okahandja het weer gebreek, naby Elisenheim, nes soos in Mei 2023 voorgekom het. Inwoners wat water direk van die lyn ontvang ervaar tans ‘n onderbreking maar inwoners wat vanaf die stad water ontvang sal steeds verbind wees maar, […]
Orania kap terug teen EFF eise - April 23, 2025
EFF het opgeruk na die Kimberley-kantoor van die premier van Noord-Kaap Zamani Saul en ‘n versoekskrif oor Orania oorhandig. Die party eis dat Orania en witheid tot ‘n einde moet gebring word en dat die grond, sonder vergoeding, onteien moet word. Op sy sosiale media het Joost Strydom, Orania se uitvoerende sy reaksie so verwoord.
Styging van 4,7% in GBV per 1°C verwarming - April 23, 2025
Teen 2090 sal klimaatsverandering verbind kan word met een uit tien gevalle van geslagsgeweld tussen lewensmaats. Dit is volgens ʼn verslag deur die Verenigde Nasies se Kollig-inisiatief. Die studie het bevind elke styging van een graad Celsius in die wêreldtemperatuur word verbind met ʼn styging van 4,7-persent in geweld tussen lewensmaats. In Afrika suid van […]
Franciskus se persoonlike vriend onthou hom - April 23, 2025
‘n Persoonlike vriend van die ontslape pous Franciskus, John Studzinski, het met SkyNews gepraat oor hoe hy onthou sal word. Die pous word Saterdag begrawe en lê vir die volgende drie dae in staatsie vir die publiek.