Beroting is ‘business as usual’ - April 23, 2025
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het ‘n analise van die huidige begroting gedoen. Volgens ekonoom Robin Sherbourne is die feit dat die begroting ter tafel gelê is slegs dae nadat die nuwe president ingesweer is en ‘n nuwe finansminister aangestel is, beteken daar was min tyd om radikale veranderinge aan te bring. Die begroting was […]
Verhoging in BTW is wettig afhangende van parlementêre aanpassing - April 23, 2025
Die Parlement voer aan die verhoging van 0,5-persent in BTW wat volgende week van krag word, is wettig hangend parlementêre wysiging. Die DA en die EFF betwis die verhoging in die Wes-Kaapse Hooggeregshof, en beweer dat dit die Parlement se magte ten opsigte van belasting uitskakel. Uitspraak is voorbehou. Die Parlement se regsverteenwoordiger, Priscilla Pillay, […]
Tariewe op China sal daal - April 23, 2025
President Donald Trump sê die Amerikaanse tariewe op invoere uit China sal aansienlik daal. Trump het invoertariewe van 145-persent op produkte uit China ingestel waarop China gereageer het met tariewe van 125-persent op Amerikaanse goedere. Amerika se minister van Finansies, Scott Bessent, sê die voortslepende tariefoorlog teen China is nie volhoubaar nie. Trump sê ʼn […]
Djokovic sukkel met motivering sonder Rafa, Roger - April 23, 2025
Die kampioen van 24-Grand Slam-toernooie, Novak Djokovic, sê sy begeerte en passie bly steeds sterk, hoewel sy motivering nie meer dieselfde is sonder sy legendariese teenstanders, Rafael Nadal van Spanje en Roger Federer van Switserland, nie. Die 38-jarige Serwiër het nog nie vanjaar ’n enkele toernooi gewen nie, maar sê hy wil steeds meeding vir […]
Nuwe staande komitee-hoofde aangewys - April 23, 2025
Die nuwe voorsitters en adjunkvoorsitter van die parlementêre staande komitees is verkies. Voormalige finansminister Ipumbu Shiimi is voorsitter van die Ekonomie en Nywerheid, Openbare Administrasie en Beplanning-komitee en Hilma Iita is adjunkvoorsitter. James Uerikua is die voorsitter van die Internasionale Betrekkinge, Verdediging en Veiligheid-komitee met Utaara Mootu as adjunkvoorsitter. Die voorsitter van die komitee vir […]
VF+ sê oor Kleinfontein se Afrikaner-gemeenskap - April 23, 2025
Die Vryheidsfront Plus sê die MK-party se besoek aan Kleinfontein naby Pretoria plaas weer die kollig op kultuurgemeenskappe en hul reg op bestaan in Suid-Afrika. Die Hooggeregshof in Pretoria het die wit, Afrikaanse dorpie verlede jaar onwettig verklaar op grond van die Stad Tshwane se munisipale soneringsregulasies. Jaco Mulder van die VF Plus sê kultuurgemeenskappe […]
Powell is gewoond aan politieke druk – Lagarde - April 23, 2025
Die president van die Europese Sentrale Bank, Christine Lagarde, sê sy hoop nie president Donald Trump van Amerika gaan die voorsitter van die Federale Reserwe, Jerome Powell, afdank nie. Trump het Powell in sy eerste termyn aangestel. Hy plaas druk op Powell om rentekoerse te verlaag en waarsku die Amerikaanse ekonomie kan andersins verlangsaam. Lagarde […]
Bondgenote vergader in Londen oor Oekraïnse oorlog - April 23, 2025
Oekraïne se bondgenote sal vandag in Londen vergader, met Amerika wat meer as drie jaar ná die Russiese inval aandring op ‘n wapenstilstand. Daar was ‘n vlaag diplomatieke onderhandelings sedert Donald Trump se terugkeer na die Withuis in Januarie, terwyl Europese leiers skarrel om te besluit hoe hulle Oekraïne kan ondersteun indien Trump Washington se […]
Safland se sentrums vorder in Lüderitz, Goreangab - April 23, 2025
Die Safland Property Group is besig met ‘n winkelsentrum in Lüderitz. One Africa het met die groep se uitvoerende hoof, Kallie van der Merwe, gesels. Hy het meer planne uiteengesit vir die kusdorp maar, het ook oor hulle ontwikkeling by Goreangab gesels. Die sentrum sal na verwagting volgende jaar Mei oopmaak.
Damme vertoon baie beter as in 2024 - April 23, 2025
Die land se damme vertoon uiters goed teenoor verlede jaar. NamWater se dambulletin dui dat Swakoppoort op 100,6 persent staan teenoor 36,8 verlede jaar. Von Bach is op 80,4 teenoor 11,5 in 2024. Omatako was laas jaar leeg en is nou op 78,6. Otjiverodam is 33 persent vol en die slikdam is 65,7 persent. Met […]