Nujoma moet lewensvatbaarheid oorweeg voor hy beloftes maak - April 23, 2025

Die voormalige uitvoerende hoof van die Nasionale Behuisingsonderneming, Mike Kavekotora, waarsku dat die regering se plan om binne ‘n jaar 5 000 huise in Khomas te bou, die risiko loop om vorige mislukkings te herhaal as dit swak beplan word. Hy het ‘n gebrek aan duidelike implementeringsbesonderhede gekritiseer en president Netumbo Nandi-Ndaitwah versoek om ‘n […]

Read More

Sensus vir inkomstes en uitgawes begin eers volgende week - April 23, 2025

Die Namibiese Statistiekagentskap se 2025/26-hoofopname van huishoudelike inkomste en uitgawes wat op 20 Maart sou begin, gaan nou eers volgende week afskop. Dit sal armoede-aanwysers, gesondheid en onderwys insluit, asook Namibiërs se totale en gemiddelde inkomste bepaal. Die Namibiese Statistiekagentskap sal die opname hierdie week loods. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Iipumbu Sakaria, die […]

Read More

Pous lê vandag af in staatsie - April 23, 2025

Pous Franciskus se liggaam sal vandag in staatsie lê in die Sint Petrus-basilika, wat openbare besigtiging op die Sint Petrus-plein moontlik maak. Volgens sy wense sal Franciskus Saterdag begrawe word in die Basilika van Santa Maria Maggiore in Rome, eerder as op die tradisionele begraafplek onder die plein. Die 88-jarige-pous is Maandag dood na ’n […]

Read More

Ompaaie in Etosha met opgradering van Okaukuejo-King Nehale roete - April 23, 2025

Die opgradering van die gruispad vanaf Okaukuejo tot die King Nehale-hek in die Etosha Nasionale Park na ‘n lae volume teerpad het begin. Dit sluit ompaaie deur Halali via Namutoni in. Die eerste fase sal die eerste 20km vanaf Okaukuejo beslaan, vanaf vandag tot 30 November. Verkeer tussen Okaukuejo en Halali sal na die Gemsbokvlakte-pad […]

Read More

BOSA wil weet oor Covid-19 betalings aan taxi’s… wat voortduur - April 23, 2025

Die leier van BOSA, Mmusi Maimane, bevraagteken die deursigtigheid rakende die voortgesette betalings van die Covid-19-toelaag aan die taxibedryf. ‘n Bedrag van 408-miljoen Suid-Afrikaanse rand word in die 2025/26-begroting toegeken. Hierdie eenmalige bydrae het ten doel om die oorblywende 53 407 kwalifiserende operateurs wat nog ondersteuning moet ontvang, te help. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, […]

Read More

IMF pas groei in VSA, China, afwaarts aan - April 23, 2025

Die Internasionale Monetêre Fonds het sy groeivoorspellings vir Amerika, China en die meeste lande verminder, met verwysing na die impak van Amerikaanse tariewe wat op ‘n 100-jarige hoogtepunt is, en waarsku dat stygende handelspanning groei verder sal laat verlangsaam. Groei in die VSA sal nou na verwagting vanjaar net 1,8 persent wees, laer as die […]

Read More

Terreuraanval dood 26 toeriste in Kashmir - April 23, 2025

Minstens 26 mense is dood nadat vermeende militante op toeriste losgebrand het in die Jammu- en Kashmir-gebied in Indië. Dit is die ergste aanval op burgerlikes in die onstuimige Himalaja-streek vir jare. Die aanval het plaasgevind in Pahalgam, ‘n gewilde bestemming in die skilderagtige, bergagtige streek waar massatoerisme begin herstel het na Islamitiese militante aanvalle […]

Read More

Lenings kan jou help om toekoms te bou - April 22, 2025

Lenings word dikwels as negatief geag, maar dit kan kragtige instrumente wees om ‘n beter toekoms te bou. Om verantwoordelik te leen, gaan nie net daaroor om noodgevalle te dek nie, dit ook oor geleenthede wat ‘n toekoms kan bou. Natasha Winkler, die besturende direkteur by Old Mutual Finance, het meer.

Read More

Groot afname in padongelukke in SA oor Paasnaweek - April 22, 2025

Die Outomobiel-Assosiasie sê hy is bemoedig deur vroeë aanduidings van ’n beduidende verandering in padgebruikersgedrag gedurende die Paastyd. Voorlopige data dui op ’n noemenswaardige afname in ongelukke en sterftes, ondanks verkeersvolumes wat die hoogste vlak in vyf jaar bereik het. Die AA se woordvoerder, Eleanor Mavimbela, sê dit dui op ’n belowende stap vorentoe in […]

Read More

Hamas in Kaïro oor nuwe wapenstilstands-voorstelle - April 22, 2025

‘n Afvaardiging van Hamas het na Kaïro vertrek om nuwe voorstelle te bespreek wat gemik is op ’n wapenstilstand in Gaza, terwyl 26 mense vandag dood is in Israelse lugaanvalle. Die hernude poging volg nadat Hamas Israel se nuutste voorstel van verlede week verwerp het oor die vrylating van gyselaars wat steeds in Gaza aangehou […]

Read More