Nadal sê hy het gemoedsrus na hy alles vir tennis gegee het - April 22, 2025
Tennis: Die 22-malige Grand Slam-kampioen Rafael Nadal sê hy mis nie die sport sedert hy in November uitgetree het nie. Die 38-jarige Spanjaard is vereer met die Sportikoon-toekenning op die Laureus-wêreldsporttoekennings in Madrid. Nadal sê hy het sy loopbaan op ’n gelukkige noot afgesluit, maar sou voortgegaan het as dit moontlik was, omdat hy baie […]
MVA betreur styging in padongelukke sover in 2025 - April 22, 2025
Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het 810 padongelukke tussen 1 Januarie en 13 April vanjaar aangeteken. Dit het gelei tot 1 256 beserings en 130 sterftes. Dit is ‘n reuse-styging teenoor dieselfde tydperk verlede jaar, toe 37 ongelukke, 126 beserings en agt sterftes aangemeld is. Die hoof korporatiewe beampte by die fonds, John Haufiku, is aan die […]
DA beskuldig finansminister van oorskryding van mag oor BTW - April 22, 2025
Die DA het die minister van Finansies, Enoch Godongwana, daarvan beskuldig dat hy sy grondwetlike magte oorskry het toe hy sonder parlementêre goedkeuring die BTW-verhoging aangekondig het. Die Hooggeregshof in die Wes-Kaap hoor vandag ‘n dringende aansoek van die DA en EFF om hom te verbied om BTW volgende maand te verhoog. Die DA se […]
VSA universiteite, kolleges verdoem Trump se inmenging - April 22, 2025
Meer as ‘n honderd Amerikaanse universiteite en kolleges, insluitend Ivy League-instellings soos Princeton en Brown, het vandag ’n gesamentlike brief uitgereik waarin hulle president Donald Trump se politieke inmenging in die onderwysstelsel veroordeel. Dit volg nadat Harvard die Trump-administrasie gedagvaar het nadat Trump gedreig het om befondsing te sny en eksterne politieke toesig in te […]
Bumrah, Mandhana die bestes van 2024, sê Wisden - April 22, 2025
Krieket: Die gerekende Wisden-krieketjaarboek het die Indiese duo Jasprit Bumrah en Smriti Mandhana aangewys as die beste mans- en vrouespeler van 2024. Wisden sê dit gebeur selde dat ’n speler so oorweldigend uitstaan soos Bumrah verlede jaar. Die Windies-kolwer Nicholas Pooran is as die beste T20-speler in die wêreld aangewys. Gus Atkinson, Liam Dawson, Jamie […]
Nuwe kontinentale LGBT-inisiatief wil haatspraak teenwerk - April 22, 2025
Equal Namibia en vennote nooi die publiek na ‘n perskonferensie môre om 9 uur by die House of Democracy in die hoofstad. Dit is om ‘n nuwe samewerking te loods onder leiding van jeugbewegings van regoor Afrika en die diaspora. Die inisiatief het ten doel om toenemende anti-LGBT-retoriek op verskillende maniere teë te werk. Kosmos […]
Pretloop by Sanlam Kusmarathon help Kankervereniging - April 22, 2025
Die Sanlam Kusmarathon vind Saterdag in Swakopmund plaas, onder die tema “Druk deur die grense van deursettingsvermoë”. Deelnemers aan die 5km pretloop kan die Namibië Kankervereniging ondersteun deur te registreer vir slegs 20 Namibiese dollar per persoon. Kaartjies is by die Kankervereniging se Erongo-sentrum beskikbaar en registrasie bly oop tot die resies begin. Kosmos 94.1 […]
Paasnaweek-ongelukke styg 14%, sterftes bly op 8 - April 22, 2025
Die afgelope Paasnaweek is vanaf 17 tot 21 April ‘n totaal van 42 padongelukke, 96 beserings en 8 sterftes aangemeld. Die aantal ongelukke het met 14 persent toegeneem vergeleke met die vorige jaar. Daar was egter 24 persent minder beserings, terwyl die getal sterftes dieselfde gebly het. Kommissaris Petrus Swartz, die hoof van NamPol se […]
Politici moet oppas vir beloftes maak, sê kenner - April 22, 2025
Die leier van die Nasionale Demokratiese Party, Martin Lukato, wat ook een setel in die Nasionale Vergadering het, het ook sy teleurstelling uitgespreek in die versuim van die nuwe regering om gestand te doen aan sy belofte vir ‘n oumens pensioen van 3 000 Namibiese dollar. Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah sê politici moet uiters versigtig […]
Onderwysminister besoek Auas-laerskool oor moedertaal-herrie - April 22, 2025
Die onderwysminister Sanet Steenkamp was vanoggend by die Auas-laerskool in Dolam waar aktivis Shaun Gariseb ‘n protes gelei het. Die saak handel oor aantygings dat die skoolhoof Khoekhoegowab wil verwyder en die groep het ‘n petisie oorhandig. Steenkamp het die protesgangers toegespreek. TERUG: Steenkamp het ook gesê kinders wat Khoekhoegowab praat moet na die skool gebring […]