Stad Windhoek se verkryging, begrotings meesal duister - April 22, 2025
Die Tender Bulletin berig die Stad Windhoek doen die grootste deel van sy verkryging onder die radar deur gebruik te maak van beperkte bodde, direkte verkryging en versoeke vir kwotasie-tenders. Die stad het ook sedert 2018 geen besonderhede oor sy jaarlikse begrotings bekend gemaak nie. Slegs sowat 20 persent van die Stad se verkryging word […]
Mei-brandstofprys dalk Vrydag aangekondig - April 22, 2025
Die komitee wat die Mei-brandstofprys sal bepaal, ontmoet Donderdagmiddag met ‘n moontlike aankondiging wat Vrydag sal gemaak word. Die olieprys lyk goed en die Amerikaanse dollar het effe verswak so daar kan dalk goeie nuus wees. Die lynministerie se petroleum-ekonoom Abednego Ekandjo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
DA vra Transnet om privaatsektor te betrek - April 22, 2025
Die DA in die Wes-Kaap versoek Transnet om sy bedrywighede oop te stel vir kundigheid en sinvolle beleggings uit die privaatsektor. Die party verwelkom die samewerking tussen die sektor en die Wes-Kaap se Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme oor die befondsing en installering van twee kragopwekkers by die Kaapstadse hawe. Noko Masipa van die […]
Beter geleerdheid lei tot meer klimaat-kommer: studie - April 22, 2025
ʼn Nuwe studie toon dat hoër onderwysvlakke mense se kommer oor klimaatsverandering verhoog. Volgens die studie deur die Universiteit van Utah is die persentasie mense wat erken dat aardverwarming plaasvind, hoër in state wat rekordhoë temperature ondervind. In state soos Maine en Michigan wat temperatuurstygings en korter winters beleef, is klimaatsverandering meer opmerklik. Navorsers sê […]
Woodman-Wickliffe los uittrede vir Vroue-wêreldbekertoernooi - April 22, 2025
Rugby: Die Nieu-Seelandse vrouevleuel Portia Woodman-Wickliffe het haar uittrede opsy geskuif in die hoop om haar land te help om vanjaar die Wêreldbeker vir vroue die derde agtereenvolgende keer te wen. Die 33-jarige het in Augustus verlede jaar uitgetree nadat sy saam met die Swart Varings-sewesspan hul tweede Olimpiese gouemedalje gewen het. Sy het sedertdien […]
Landbouministerie sit koppe bymekaar vir nuwe plan - April 22, 2025
Die landbouministerie hou vandag sy strategiese beplanningswerksessie aan die kus. Die verkrygingsplanne en die prestasie van die ministerie sal onder andere beoordeel word en ‘n plan, wat tot 2031 sal duur, sal saamgestel word. Adjunkminister Ruth Masake het die afgevaardigdes toegespreek.
Kleinfontein, Orania ‘misbruik dalk grondwet’ - April 22, 2025
Die MK-party glo die gemeenskap van Kleinfontein naby Pretoria probeer nog ʼn Afrikaner-enklawe soos Orania skep. Die party onder leiding van hoofsweep Mzwanele Manyi het die Afrikaner-nedersetting Maandag as deel van ʼn feitesending besoek. Die Hooggeregshof in Pretoria het Kleinfontein verlede jaar volgens die Stad Tshwane se munisipale soneringsregulasies onwettig verklaar. Manyi het aan Newzroom […]
Pous word Saterdag begrawe in kis van hout, sink - April 22, 2025
Die Vatikaan het aangekondig dat pous Franciskus Saterdag begrawe sal word, terwyl wêreldleiers soos die Amerikaanse en die Oekraïnse president, Donald Trump en Volodimir Zelensky, dit gaan bywoon om die Katolieke leier te vereer. Die diens, wat na verwagting groot skares sal lok, sal plaasvind op die plein voor die Sint Petrus-basilika in die Vatikaanstad. […]
Alcaraz, Djokovic takel mekaar dalk vroeg by Madridse Ope - April 22, 2025
Tennis: Carlos Alcaraz van Spanje en die Serwiër Novak Djokovic is in dieselfde helfte van die loting vir die Madridse Ope. Alcaraz, wat onlangs die Monte-Carlo-meesterstoernooi gewen het, se eerste wedstryde sal teen die Japanse speler Yoshihito Nishioka wees, of teen Zizou Bergs van België. Die driemalige kampioen, Djokovic, sal in die eerste wedstryd teen […]
Taal-herrie: Ouers ruk op na Auas-laerskool - April 22, 2025
Aktivis Shaun Gariseb het vanoggend ‘n protes by die Auas-laerskool in Dolam in die hoofstad gelei. Hy eis die afdanking van die skoolhoof Toini Nauyoma met aantygings dat daar pogings is om Khoekhoegowab te verwyder. Maar, daar is ook blykbaar wangedrag en onregverdige praktyke met aanstellings by die skool. Hy sê hulle eis antwoorde by […]