Britse transvroue sal beskerming kry na hofbevel - April 22, 2025
Bridget Phillipson, die Britse minister van vroue en gelykheid, sê verlede week se beslissing deur die hooggeregshof oor die definisie van ‘vrou’, gee aan die Arbeidersregering duidelikheid, maar, dat transvroue nie negatief daardeur geraak sal word nie. Sy verduidelik.
Harvard sleep Trump-administrasie hof toe - April 22, 2025
Harvard Universiteit het ʼn hofsaak teen president Donald Trump se administrasie aanhangig gemaak. Dit volg nadat die administrasie onlangs fondse van sowat 41,4 miljard Namibiese dollar in veeljarige toelaes aan die instelling bevries het omdat dit die regering se eise dat alle diversiteit-, gelykheid- en inklusiwiteits-programme gestaak word, ignoreer. Harvard se president, Alan Garber, sê […]
Naute se sluise weer getrek, dam moet op 104% kom - April 22, 2025
NamWater het die sluise van die Nautedam oopgetrek teen ‘n vloeitempo van 200 kubieke meter per sekonde wat geleidelik na 300 kubieke opgestoot sal word. Dit sal voortduur tot die dam op 104 persent gebring word. Die besluit is gemaak as gevolg van hidrologiese projeksies wat geen reënval in die volgende twee weke aandui nie […]
Onderwys reageer op koshuisvoedseltender - April 22, 2025
Die hoërhof het ‘n beslissing deur die hersieningspaneel dat die Verkrygingsraad die bodproses vir die koshuisvoedseltender weer moet begin, omgekeer. Dit kom na die onderwysministerie ‘n hersieningsaansoek gebring het nadat die paneel die verkrygingsproses gekanselleer het. Die hof het bevind dat die paneel se beslissing onwettig is en het die geldigheid van die ministerie se […]
ANC sê Franciskus was inspirasie - April 22, 2025
Die ANC sê pous Franciskus het ʼn lewe van diens, nederigheid en onwrikbare morele leierskap gelei. Die 88-jarige pous, wat die eerste Latyns-Amerikaanse leier van die Rooms-Katolieke Kerk was, is Maandagoggend aan beroerte en hartversaking dood. Die ANC-woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê pous Franciskus se vermoë om oor godsdienstige, politieke en kulturele verdeeldheid te lei, was […]
Sinners verkoop die meeste op openingsnaweek - April 22, 2025
Die gruwelrolprent, Sinners met Michael B. Jordan in die hoofrol, het in sy vrystellingsnaweek die meeste geld by die loket gemaak. Die fliek waarin Jordan die rolle van ʼn identiese tweeling, Smoke en Stack, vertolk, speel in die 1930’s af. Hulle keer terug na hul tuisdorp in die Suide om ʼn kuierplek oop te maak, […]
NamPol soek nog na drie na roof van N$168 300 - April 22, 2025
Vier verdagtes is gearresteer na hulle na bewering Saterdagaand ‘n gewapende roof by Big Boss Casino in Mondesa in Swakopmund uitgevoer het. Sewe mans gewapen met pangas, messe en ‘n vuurwapen het die casino ingestorm en die kliënte beveel om op die grond te lê. Die mans het hulle slimfone gevat, die kasregister leeggemaak en […]
DA is skynheilig oor BTW – ActionSA - April 22, 2025
ActionSA beskuldig die DA van skynheiligheid oor die omstrede beoogde BTW-verhoging, ondanks die DA se openbare teenkanting daarteen. Alan Beesley van Action SA sê die DA se woordvoerder oor Finansies, Ashor Sarupen, was betrokke by die opstel van die oorspronklike begrotingsrede waarin die verhoging ingesluit is. Beesley beweer die DA se optrede was vir politieke […]
Guterres bring hulde aan Franciskus - April 22, 2025
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê pous Franciskus was ʼn voortreflike stem vir vrede, menswaardigheid en maatskaplike geregtigheid. Die 88-jarige pous, wat die eerste Latyns-Amerikaanse leier van die Rooms-Katolieke Kerk was, is gisteroggend aan ‘n beroerte en hartversaking dood. Guterres het by die wêreld aangesluit om oor pous Franciskus se dood te rou […]
Wêreld Aardedag fokus op hernubare energie - April 22, 2025
Dis vandag Wêreld Aardedag en die tema is: Ons Krag, Ons Planeet. Die wêreld word aangemoedig om rondom hernubare energie te verenig om teen 2030 skoon elektrisiteit te verdriedubbel. Aardedag word wêreldwyd in meer as 192 lande erken en gevier. Aardedag-president, Kathleen Rogers, sê terwyl omgewingsuitdagings en -geleenthede vinnig verander, gaan Aardedag voort om individue, […]