Mynwese-kamer hou jaarvergadering - April 22, 2025
Die Kamer van Mynwese se 46ste jaarvergadering vind môremiddag in Windhoek plaas. Die president, Zebra Kasete, sal die mynbedryf se prestasie in 2024 hersien, asook die bedryf se belangrikste prestasies en hoogtepunte. Nuwe ampsdraers vir 2025 tot 2027 sal ook aangekondig word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Veston Malango, die Kamer se uitvoerende hoof.
Man wat vlug verpas verskyn vandag - April 22, 2025
‘n 32-jarige Suid-Afrikaanse man sal na verwagting vandag in die landdroshof verskyn na hy vir kwaadwillige beskadiging van eiendom op die Hosea Kutako internasionale lughawe in hegtenis geneem is. Die man sou Saterdagmiddag ‘n FlySafair-vlug na Kaapstad haal, maar was te laat. Hy is by Paragon se passasiersdiens-toonbank gesê hy kan nie meer aan boord […]
Mashatile wil nie bespiegel oor skietery nie - April 22, 2025
Die polisie en die Presidensiële Beskermingseenheid het ‘n ondersoek van stapel gestuur nadat daar op adjunkpresident Paul Mashatile se amptelike voertuig geskiet is. Mashatile het teruggekeer van ’n vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee toe daar ‘n paar weke gelede op sy konvooi in Boksburg, naby die N12, geskiet is. Mashatile het die […]
DRK skors Kabila se party - April 22, 2025
Die Demokratiese Republiek van die Kongo het voormalige president Joseph Kabila se politieke party, die People’s Party for Reconstruction and Democracy, geskors en beveel dat daar op sy bates beslag gelê word weens beskuldigings dat hy Rwandees-gesteunde rebelle in die ooste ondersteun. Die 53-jarige, wat van 2001-2019 president was en eers uitgetree het ná dodelike betogings […]
Vermeende ‘diamant’ smokkelaar verskyn vandag - April 22, 2025
‘n 64-jarige Namibiese man is by die Ariamsvlei grenspos in hegtenis geneem vir besit van vermoedelik ongeslypte diamante. Volgens die polisie se naweek-misdaadverslag het die man 26 klippies en ‘n diamanttoetser in sy reissak gehad. Hy was ‘n passasier op ‘n vragmotor en het volgens sy paspoort op 11 April na Suid-Afrika gereis deur die […]
Fishrot-lot verwag uitspraak oor aanhouding vandag - April 22, 2025
Uitspraak word vanoggend verwag in die aansoek deur sewe van die Fishrot-verdagtes, gelei deur James Hatuikulipi, voor regter Boas Usiku. Hulle vra dat die besluit deur die beampte in beheer van die Windhoek Korrektiewe Fasiliteit om hulle na die sogenaamde Echo-eenheid vanaf die C-afdeling te verskuif om te keer. Hulle sal dan deel vorm van […]
Ramaphosa het lof vir Franciskus - April 22, 2025
President Cyril Ramaphosa sê as kerkhoof en wêreldwye figuurlike leier, het pous Franciskus ‘n beskouing van insluiting, gelykheid en sorg vir gemarginaliseerde individue en groepe bevorder. Die eerste Latyns-Amerikaanse leier van die Rooms-Katolieke Kerk, is gisteroggend op 88-jarige ouderdom oorlede. Hy is onlangs uit die hospitaal ontslaan ná weke se behandeling vir longontsteking. Ramaphosa se […]
Trump staan bankvas agter Hegseth - April 22, 2025
Amerikaanse president Donald Trump het die verdedigingminister, Pete Hegseth, ondersteun ná berigte dat meer militêre aanvalbesonderhede gedeel is in nog ‘n groepgesprek op Signal. Die groep het Hegseth se vrou, broer en persoonlike prokureur ingesluit, waar Hegseth inligting oor lugaanvalle teen Jemen gedeel het. Trump het gesê die bron klink soos ontevrede werknemers. Hegseth self […]
Weerkenner sê oor komende winter - April 22, 2025
Namate die temperatuur begin daal, word Namibiërs gewaarsku om voor te berei op ‘n winter wat kouer as gewoonlik sal wees. Weervoorspellings dui daarop dat hierdie winter meer gereelde kouestelsels en ‘n groter kans op reënval kan bring in vergelyking met vorige jare. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die bekende weerkenner Johan van den […]
Markte tuimel (weer) na Trump Powell ‘major loser’ noem - April 22, 2025
Amerikaanse aandele en die land se geldeenheid het weer gedaal na president Donald Trump sy aanvalle op die Amerikaanse sentrale bankhoof verskerp het en hom ‘n ‘major loser’ genoem het omdat hy nie rentekoerse verlaag het nie. Powell is versigtig met rentekoerse oor onsekerheid na Trump se tariewe. Die S&P 500 het vanoggend sowat 2,4 […]